Ou Pos Roete 13/07

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Dec 7, 2017
Messages
469
Reaction score
335
Location
Wellington, Western Cape
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Dagsê,

Na ‘n onlangse skool reunie het ek en ‘n paar van my klasmaats van 10 jaar gelede na ‘n paar vuile cokes besluit dat ons ‘n slag saam ‘n draai moet ry. Ons besluit toe dat dit die ou pos roete moet wees. Voor die naweek het ek dit nog net een keer gery, maar dis beslis een van my gunsteling roetes om te ry. Tegnies, maar heel doenbaar en jy moet maar ‘n paar wakker pies eet die oggend voor jy wegtrek.

Right, so die plan was om mekaar Saterdag oggend 07h00 in Wellington te kry, maar die manne wat uit die Kaap moes ry het bietjie langer gevat agv digte mis, of dalk was dit die brannewyn van die vorige aand wat gemaak het dat hulle nie lekker kon stjien nie. Sooo toe kry ons mekaar maar halfpad teen Bainskloof uit.

5c67efbe57b0774e3ff8aacc23acc8bc.jpg


Ons kom toe 08h30 eers daar weg en vertrek Ceres toe. Daar het elkeen gou tenke volgemaak, ekstra petrol ingegooi en ‘n lekker garage pie afgesluk. Padstal toe om die ander twee manne daar te kry. Hulle het uit die Koue Bokkeveld weggetrek en Katbakkies oorgeglip. In Ceres was dit ‘n lekker koel oggend van so 4.5 grade. Heated grips is op full blast gestel en die oor is gedraai om net uit die koue te kom.

By die padstal het ons die res gekry, ‘n koffie gedrink om darem net so ietwat te ontdooi en verder gery.

c8c97cef76706d0bf2639af03ab5e753.jpg


Moet my nou nie vra by watter afdraai ons afgedraai het nie, maar dis daar net voor Tented Camp s’n links in. Daar waar die fokkol skouer hoogte groei. Dit het toe begin warmer raak en ons moes eers stop om so een laag se warm goed uit te trek.

b471119db2ef26f0e24f92b7b9bc37d7.jpg


Vandaar ry ons toe tot by ons eerste obstacle, die Doring rivier. Laas toe ek hom oor is was hy droog, maar nou het hy water en ronde rivier klippe onder die water, so dit kos toe maar mooi korrel om regop aan die anderkant uit te kom.

461963eb0c8db2aef8a7369f26e45a83.jpg

75a948a36e3b82042bde107518d5021e.jpg


Almal is darem sonder teespoed daar deur en kon toe die pad verder aandurf.

11333aa24bffc0db599aa41417823409.jpg


Tussen die Doring rivier en Tra-Tra rivier was daar bietjie sand, ‘n paar klippe en nog ‘n rivier waarvan ek nie die naam weet nie. Ons was bekommerd dat  die Tra-Tra bietjie vol gaan wees, maar ons kon deurstap sonder dat die water by ons boots ingeloop het. Deur die rivier ry was maklik, maar die sand stuk daarna was bietjie meer van ‘n uitdaging.

10a86eafc6e05b432f6a88a07f5fbcc9.jpg

e71c187aead9ab1886969272f2d12cfc.jpg

c301682bed9e0a9dd78da40ae00b0eeb.jpg


Toe kry almal warm, die laaste warm lae is uitgetrek, air vents is oop gezip en middag ete is geëet.

19f2cbce05ac846adf68c8b1ea63fc3e.jpg


Toe ons verder wil ry sien ons dat ‘n 990 ‘n baie hoë fiets is, die een man het sommer so met die opklim slag omgeval, want hy kon nie sy been oor kry nie

31fcc4ad9ee2b25f856ad30005151f1b.jpg

57d6987bf254dcfe47c50c88024fa113.jpg


Na die ligte middag ete was almal se honger eintlik net aangeskakel en daar is besluit dat ons maar by Cederberg Oasis moet uitkom waar ‘n lekker hoop spare ribs vir ons sou wag. Ons het stop-stop gery en langs die pad maar ‘n foto of twee geneem.

e33e9c3f7bd9fe0e4cc3e36e247ac965.jpg


7f8e5dab1b32fc6652f7fb1089897358.jpg


f4589a438ac0eb5e2a2c67fb536e868a.jpg


Ons is toe via Wupperthal en Eselbank Oasis toe en toe onsself gaan inbook. Mens kan duidelik sien dat honger die groot drywer was, want na die Tra-Tra rivier is daar nie eintlik veel foto’s geneem nie. Daar gekom, doppie geskink, ribs bestel, ribs geëet en toe vuur aangesteek. Lekker gekuier, ou stories vertel en baie gelag.

816ba787f146927ac1d979dfae2b5f10.jpg


Die volgende oggend het ons ‘n lekker Oasis breakfast geëet en toe in die pad geval Ceres se kant toe.

30ffccb56a5d97e7d99f945a4b7f1f51.jpg


By Op-Die-Berg kon die wat bietjie swaar was op petrol weer volmaak en daar het ‘n paar bande pap geraak wat toe weer net opgepomp is sodat hulle die huis kon haal.

In Ceres het almal gegroet en gekyk hoe ver daar gery is. Van Ceres tot terug in Ceres was 370km. Dit was beslis een van die heel beste winersnaweke waarvoor mens kon vra. Daar was nie ‘n wind, wolk of enige iets ongewens nie. Perfekte ry weer.

En dis maar dit. Ek sal die Pos roete elke naweek ry as ek kon. Oom Gerrit by Oasis het my vertel dat daar nog ‘n verlengstuk van die roete ook is. So dit sal met ons volgende uitstappie gesoek word.

Tot volgende keer.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Top