Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus  (Read 776 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lem

Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« on: October 29, 2019, 01:36:37 pm »
Dagse almal

Ek ondervind deesdae met die selfoon leefstyle dat mense vergeet hoe om werklik lekker met mekaar te kuier. Ons is almal so "connected" en dink ons weet te alle tye wat in mekaar se lewens aangaan. Vriendskappe raak al hoe makliker, al hoe goedkoper. Die watsapp skermpie is 'n handige boodskapmiddel, maar dit is ook 'n veilige plek. Dit is moeilik om emosie raak te lees of te luister in wat getik en gevoicenote word. Elkeen kry sy spreukbeurt, niemand chip in nie. As iemand nie wil praat nie, antwoord hul eenvoudig nie.

Dit alles maak die storie vir my soms bietjie kwantitatief en nie noodwendig kwalitatief.

Mense doen nie meer moeite met mekaar nie. Ons like net iets op facebook en die lewe gaan aan. Dit is te maklik.

As ek darem dink aan die stories van hoe my pa se generasie jaarliks vir verafgelee familie gaan kuier het, veral tydens die 70s se petrolkrisis. Hoe hulle vir ure in die winter in voor vulstasies in die platteland in die kar moes slaap. Hoekom doen ons generasie nie meer daardie moeite om bymekaar uit te kom nie?

Ja daar is geldige redes. Ons het verantwoordelikhede ten opsigte van die gesin. Ons is permanent in kompetisie vir ons werk wat die ouer garde nie gehad het nie. Voor ons kan helmet opsit en sommer net verdwyn moet ons weet ons gesinne is veilig en versorg. Gatskuur kom ook teen 'n finansiele koste. Daar is eenvoudig nie altyd geld vir speel nie.

Tesame met al hierdie faktore is ons ook geneig om dinge heeltemaal te oorbeplan. Ek self is hieraan skuldig, hoewel ek die beplanning van trips byna meer geniet as die reis self.

Kyk maar...dinge wat spontaan en op kort kennisgewing gereel word is dikwels die lekkerste. Dit werk so met 'n braai en dit werk so met 'n bike trip ook. 

As die bike trip datums te ver in die toekoms is gebeur raak die satan lustig. Kinders raak siek die aand voor jy ry. Mens kry verkoue die dag voor jy ry. Soms soek mens ook maar net verskoning om te bly waar jy is, want vrydagaande is jy moeg en jy wil gaan vroeg slaap.

Vir byna 3 jaar size ek en @Dutchman81 mekaar al op om saam te gaan bike ry. Daar het egter net altyd iets voorgeval. Daar is een groot probleem...the great 900km divide. Ek is in die Kaap en hy in Fort Beafort.

Verskeie kere het ek 'n klip in die bos gegooi dat De Rust, Knysna & Beaufort-Wes die presiese halfpad merke is. Ek kannie presies onthou wie hierdie keer die klip gegooi het nie, maar hy het iets getref.

Binne 5 minute het ons 'n plan gehad. Sit 'n vrydag verlof in, slaap oor op 'n halfpad merk, ry die saterdag saam bike tot op 'n ander halfpad merk en groet weer Sondag huiswaarts. Binne n kwessie van 'n dag het ons op 'n datum besluit, nie te ver in die toekoms in nie en die nodige verlofvorms was goedgekeur. Rocco het my ook laat weet dat sy swaer Jaco, beter bekend vir die Ooskaap Honde as @JR85 ook die trip sou meemaak.

Nou moes ons net op 'n beginpunt en basiese roete besluit. Dutchman oorweeg Jumpers Place op Willowmore en begin plegtig om dit te probeer reel, maar kom nie reg met die kontakbesonderhede nie. Hoewel Willowmore vir my 100km verder is as vir hulle besluit ons tog daarop omrede ek gaag die grondpad tussen Willowmore en Klaarstroom wou ry. Die uur ekstra op die pad sou my nou nie skade doen nie en ek bespreek toe via Lekkeslaap vir Villa De Lockyeur....groot fout, maar ek brei later uit.

As tweede pitstop bespreek ek Knysna Pocket Breaks, 'n pragtige skoon woonstel in die ou deel van Knysna.

Alles was uitgesort, nou moes 18 Oktober net aanbreek  :ricky:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Lem

Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #1 on: October 29, 2019, 01:44:26 pm »
Vrydagoggend breek aan en ek het eers net so voor 07h00 my dogtertjie dagmoeder toe geneem.

By die huis gekom, laaste e-posse gecheck en toe start ek die 1200.

Gewoonlik baklei ek met myself op die eerste 100km oor hoe selfsugtig ek nou is om my gesin by die huis te los terwyl ek op my motorfiets is. Om een of ander rede was ek hierdie keer heeltemaal rustig in my gemoed. My kollegas en konkurente weet waar ek is, my gesin is versorg en hulle naweekplanne is ook uitgesort.

Ons al drie manne se vrouens was saam met ons op 'n watsapp groepie en ons kon almal met mekaar deel waar ons trek.

Ek kon net daarop konsentreer om ritme slaan deur die mis op Du Toitskloofpas. Ek het vinnig gestop om die donskombersie oor Paarl & Wellington af te neem en daardie ritme het my deurgevat tot by Four Cousins Tasteroom op Robertson. Dit was die eerste keer wat ek hier gestop het en beslis nie die laaste keer nie. Die French Toast wat ek bestel het was die grootste en lekkerste kaloriebom wat ek nog ooit gehad het.
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 
The following users thanked this post: Monkey#13

Offline Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,858
  • Thanked: 42 times
Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #2 on: October 29, 2019, 01:52:37 pm »
Lekker Lem!! GOOI!!
“Don’t go where the path my lead…  Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Online VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,057
  • Thanked: 109 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #3 on: October 29, 2019, 02:04:26 pm »
Gister het Ri se lekker trip klaar gemaak en vandag begin die volgende een....... lekker :thumleft:

Maak dit n lange
2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C
My eertse foutjie KTM RC8
2003 Yamaha 350 Banshee SE   2006 Yamaha 200 Blaster SE   TW200 Project Bike

As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet
 

Offline Lem

Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #4 on: October 29, 2019, 02:06:11 pm »
Na Robertson het die wereld begin warm word en ek moes aanstoot. Ek het maar so by die padwerke by Montagu afgeklim en bene gerek en my volgende stop was op Ladismith om die 1200 se hipflask vol te maak.

Na Ladismith het ek deurgestoot tot op Oudtshoorn waar die 3 padwerk robots my baie kans gegee het om die warm bottel water uit my topboks te haal.

My gat was lam...ek is nie meer so ryfiks soos vier jaar gelede nie. Vir 'n bike soos die 1200 is 500 plus kilometer dae egter 'n grap.

Die stuk aarde tussen De Rust en Willowmore is 'n stil pad waarvoor ek eintlik baie lief is, maar hierdie keer was hy net 'n blur. Ek wou aan die anderkant kom.

Na 545km stop ek voor Villa De Lockyer.

My stuitjie was lam, maar die gemoed was goed. Ek groet my groot vriend Rocco na die 5de Januarie 2018. Dis moeilik om te dink dat in die tyd wat ons mekaar nie gesien het nie het hy en sy vrou 'n dogtertjie ryker geraak en dat sy nou al groter is as wat myne was toe ons hulle laas gesien het. Ek skud ook blad met sy swaer Jaco Van Rensburg...'n man van min woorde, maar 'n man wie se kalm karakter 'n groot aanwins op so 'n trip is.

Na 'n aanvanklike stil kennismaking stap ons gou af hotel toe vir 'n sundowner. In hierdie geval was die sundowner geborg deur Eskom wie omstreeks 17h00 die dorp se krag afgesit het. Op 'n bike trip drink ek graag rum. Ek het ook spoedig geleer dat Jaco se poison of choice ook Rum is. Met sulke vlakke van common ground kan 'n trip mos net suksesvol wees.  :deal:

Ons besluit ook om by Lou's place in te val vir aandete. Hulle het gasstowe vir die steaks. Daar was baie om in te haal hoewel ons al drie eintlik stil introverte is.

Twee reuse donderbuie reen wat daardie aand geval het was egter die kersie op die koek vir 'n suksesvolle dag.

Na die steak spook dit rondom die bikes. My 1200 se misligte gaan aan en af soos hulle wil. Hulle is direk op die battery gekoppel en water het in die skakelaar ingekom. Gelukkig is ek op toer saam met twee manne wie sterk tegnies aangele is en sommer so in die donker haal hulle spoedig die smeltdraad van die misligte uit.

Ons huisie was ongelukkig maar vuil en die muskiete het gepla. Toe ek begin om my vel af te krap ontdek ek takkies en blare op my laken. Die bed was beslis nie skoon oorgetrek nie. Op die ou end het ek my matras uitgesleep na die sitkamer toe en onder die ceiling fan gaan le. Ons sou nie swakker af gewees het in 'n Jumpers wendy huis nie. Ek het eintlik nou al twee keer 'n bloutjie geloop met Willowmore. Die vorige keer was by die hotel, die nag voor Karoo2Coast toe ek om 02h00 die polisie gebel het om die partytjie by die shebeen te moes gaan stilmaak.

So ek en Willowmore en 'n goeie nag se slaap het nie 'n goeie rekord nie.







« Last Edit: October 29, 2019, 02:10:23 pm by Lem »
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Lem

Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #5 on: October 29, 2019, 02:18:40 pm »
Saterdagoggend breek aan en hoewel ek kon voel ek het 545km die vorige dag gery en slegs drie ure geslaap was daar niks wat die mood in die kamp sou bederf nie.

Weens die kwaai reen die vorige aand en nag wou ons nie kanse waag met die eerste grondpad nie, ons ken ook noggie mekaar se ritme op die fietse nie.

Daar en dan besluit ons om die teerpad na De Rust te ry en dan via Meiringspoort te gaan na Klaarstroom en vir ontbyt aan te stoot tot by Swartberg Hotel op prins Albert.

Ons het lekker vroeg weggekom na ons Willowmore se garage plegtig ondersteun het met bykans 80 liter brandstof tussen ons drie.

Op Meiringspoort het ek ook geleer dat dit die eerste oogopslag was vir my rymaats. Vir beide manne was elke pad van die dag hul eerste keer. Net Dutchman het al Swartbergpas vanuit sy motor gesien, danksy 'n trip van Januarie 2018 wat ons saam met hulle gedoen het.

Ek is nou al baie oor Swartbergpas en die skoonheid daarvan asook die padbouvernuf stel eenvoudig nooit teleur nie. Die padoppervlak is egter besig om vinnig agteruit te gaan.
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Lem

Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #6 on: October 29, 2019, 02:27:38 pm »
Na Swartbergpas draai ons in Schoemanspoort af na Oudemuragie en ons slaan goeie ritme.

Jaco is 'n roker, so by die eerste behoorlike bome hou ons 'n rukkie stil.

Van Oudemuragie af draai ons na Dysselsdorp toe met die doel om Kammanassie deur te gaan. Dit sou my eerste keer wees. By die afdraai na Ezeljacht stop Rocco langs my, bekommerd oor sy GSA se petrol gauge wat skielik net twee strepies oor het. Maar dit is tog onmoontlik? Ons het almal volgemaak vanoggend en ek ry die bike met die hipflask en daai hipflask het nog genoeg in om ons te kon Uniondale toe neem.

Plegtig maak ons egter daar en dan die call om eerder reguit aan te hou N9 toe. Ons kon van daar af besluit of ons dus sommer met Montagupas sou wou afgaan en dan petrol kry in George, maar Rocco wil tog die kans waag om Uniondale om te ry sodat ons Prince Alfreds Pas kon ry.

Dit was eintlik stupid, want teerpad om is dit heelwat verder  :imaposer:

Maar terselfdertyd het ons die manjifieke Paardepoort ontdek en daaroor is ek nie spyt nie.

Ek gaan nou maar in Desember my gesin deur Paardepoort neem en by Ezeljacht regs draai en kyk of ek die pad na Uniondale kan ry.
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Offshore

Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #7 on: October 29, 2019, 02:48:26 pm »
 :thumleft: Lekker RR , daai French Toast sal dat ek daar gaan draai.
 

Offline Black_Hawk

  • BackroadRiderZA
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,019
  • Thanked: 169 times
  • Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com
    • My Towns A to Z
Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #8 on: October 29, 2019, 02:53:58 pm »
Lekker Lem, is altyd lekker om saam met jou op jou ride reports te ry  :thumleft:
Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com

2010 F650GS (Sold), 2009 BMW F800GS, 2002 BMW F650GS (Sold), 1982 Honda XR 200R, 1982 Honda XL 600R
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,841
  • Thanked: 419 times
    • dustriders.co.za
Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #9 on: October 29, 2019, 03:15:50 pm »
Lyk na n Vreet Report!! ;) :lol8: :drif:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Lem

Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #10 on: October 29, 2019, 03:31:07 pm »
Op Uniondale trek die son water en ons het nog 100km vir die dag oor Knysna toe.

Die plan was om vir die manne die Karoo2Coast fietsryroete te wys. Ek is darem al twee keer daar deur op my bergfiets.

Ek wou ook indraai na Spitskop toe en Kom se Bos.

Hier het ons in die moegheid twee kardinale errors gemaak in kommunikasie...

35km van Knysna af sit Spitskop Uitkykpunt. 'n Afdraaipaajie wat ek 11jaar gelede laas gery het. In my geestesoog sit hy so 200m in van die pad af. Ek was verkeerd. Waaroor ek wel reg was was dat hy op 'n skelm plek indraai.

Toe ek hom sien kyk ek in my spieels en ek sien beide 1200GSA's se ligte sommer naby aan my, so ek draai toe in.

Die paadjie op na die uitkykpunt was toe nie 200m nie, nader aan 2km en dit is steil. Ek moes momentum behou en kon nie oor my skouer loer nie. Ek kom alleen daar bo en niemand kom uit nie.

Nou worry ek, want ek weet nie of hulle daar onder vir my wag nie en ek weet nie of een van hulle oil tankers dalk omgetiep het nie.

Na 'n kort rukkie ry ek terug af en niemand is daar onder nie. Ek jaag af tot by die Kom se Bos afdraai en daar is ook geen teken van die manne nie, ook geen Mitas E07 spore wat se dat hulle afgedraai het nie.

So hou ek maar die 1200 se oor gedraai tot in Knysna met die hoop dat die manne by die woonstel staan. Hulle was ook nie daar nie.

Soos die rasegte Oos-Kapenaars wat hulle is was hulle al die tyd by die Volkswagen garage. Ek moes dit eintlik geraai het. Saam met Isuzu bakkies en Marina Sout is dit mos hulle points of reference  :lol8:

Ons was moeg gery en lekker vuil, maar die pragtige skoon woonstel, reg agter twee pubs was 'n goeie verwelkoming op 'n suksesvolle dag.

Ons het besluit om die trip af te sluit met aandete by Olde's Pub. Die kos was uitstekend. Die vis & chips was die beste wat ek in my lewe nog gehad het.

Om een of ander rede het bike trips mos die geneigdheid om uit fotos uit te hardloop. Ek voel eintlik nogals sleg daaroor, maar ons almal weet dit gebeur vanself.

Ons al drie was daai aand om 20h00 in die bed. Moeg, gelukkig en weer lus om weer die Sondag huiswaarts te draai na ons gesinne toe.
« Last Edit: October 29, 2019, 04:28:33 pm by Lem »
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Lem

Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #11 on: October 29, 2019, 04:10:14 pm »
Sondagoggend net na 05h00 hoor ek 'n geritsel in die huis. Ons het nie koffie, melk of suiker in daai huis mee gehad nie. Dit was ons que om te groet en te ry. Die Springbokke sou ses ure later teen Japan uitdraf in die wereldbeker kwarteind.

Buite val 'n sagte reentjie, ons trek aan vir die trip huiswaarts en kim die trappe af na die parkeergarage toe. Om 05h45 dreun die drie 1200 Boxers onder in die parkeergarage.

Ons groet mekaar op 'n sopnat en yskoue Knysna. Ek draai Weswaarts en my rymaats draai Oos.

Ek druk deur tot op George by die BP vir innerlike versterking. Die N2 was lekker stil en op Heidelberg moes ek weer stop vir 1200 se hipflask.

Die eerste padwerkstop by Bakoondshoogte tussen Swellendam & Ashton noop my om eerder 'n laaste agterpaadjie vir die trip te kies en ek ry deur Drew agter Bonnievale verby. Hier stop ek op 'n laagwaterbruggie oor die Breederivier.

By Viljoensdrif waar die pad inkom in die Robertsonpad in stop ek weer vir oulaas om die enkelbaan staalbrug af te neem, maar ek word aangeval deur 'n muggieplaag soos in Moses se tyd en ek besluit daar en dan dat ek nou deurdruk huistoe. Die twee padwerkstoppe tussen Robertson en Worcester bied verligting vir die bene en die keel.

Van hier af het ek die BMW se oor gedraai gehou tot voor my deur.

1496km in 3 dae

Betyds vir die rugby en 'n rustige, alleen agtermiddag voor ek weer my gesin sou sien waar hulle van Villiersdorp af moes reis.

Ek was moeg, vaak en vuil, maar uiters dankbaar, tevrede en geseend deur die Vader dat ek hierdie trip kon meemaak.  :hello2:

'n Paar laaste gedagtes wat op die reis in my helmet opgekom het...

  • As twee vriende nie vir mekaar die ekstra myl sal stap nie...dan sit jy hoogstens met 'n goeie pen-pel. En as jy een van daardie ekstra myl vriendskappe het, koester dit en bou daarop voort. Jy het nie baie sulkes nodig nie, as jy twee of drie het is jy 'n ware ryk man.

    Na hierdie trip voel ek meer gereed om 'n breek te vat van die langpad bike trips af. Ek voel tevrede met waar ek al was in die laaste 11 jaar en die lekker tye wat ek hetsy alleen of saam met vriende op bike trips kon gehad het. Ek dink my liefde vir die motorfietse is gereed om 'n ander rigting in te slaan ...dalk iets baie ligters wat ek op 'n waentjie agterna kan sleep vir meer tegniese speelplekke bv enduro of dalk 'n projekfiets waaraan ek kan leer krap en spanners swaai.

    Met groen koring op die land raak ek ook meer bewus van veiligheid op sulke trips. Daar is net te veel trekkers met waentjies wat halflyf by 'n plaashek tot in die pad intrek voor hulle na jou kant toe kyk. Of daai karre wat plaasvolk oplaai en aflaai op naweke wat altyd so met gedraaide voorwiele teen die pad se skouer stilhou. Jy weet nie of hy net so stop omdat die handbriek nie werk nie en of hy gaan U-turn gooi nie. 

    Ek en my twee rymaats het ons gesinne gemis op die trip. Hulle maak groot opofferings om ons te kon laat gaan het. As hulle saam in 'n voertuig kon agterna ry sou die trip selfs baie beter gewees het. Dit het meer gegaan oor die bestemming en die samesyn as die vervoermiddel.

    Ons almal het verskillende vlakke van ry vaardighede, maar die sukses van trip hang af van of elkeen se "comfort zones" ooreenstem. Ek weet dat ek as stadsjapie nie naastenby soveel riding skills het as die ander twee manne wie op die bikes en die grondpaaie grootgeword het nie, maar ons persoonlikhede het goed saamgewerk. Ons wou rustig toer en die omgewing waardeur ons reis ordentlik inneem.
Dit was lekker en ons gaan beslis weer so maak.

Trouens...die raamwerk vir 'n 2020 trip is egter reeds getrek.  :deal:

Watch this space  :thumleft:

Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Online VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,057
  • Thanked: 109 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #12 on: October 29, 2019, 04:23:45 pm »
Nee wat ou maat. Ek gaan nou maar weer van voor begin en elke woord spel. Dan is ek teen die naweek weer by die huis :ricky:  :lol8:

Kort , maar nietemin lekker gelees, dankie :thumleft:

Nou wie ry more?
2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C
My eertse foutjie KTM RC8
2003 Yamaha 350 Banshee SE   2006 Yamaha 200 Blaster SE   TW200 Project Bike

As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet
 
The following users thanked this post: Lem

Offline Lem

Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #13 on: October 29, 2019, 04:36:24 pm »
Nee wat ou maat. Ek gaan nou maar weer van voor begin en elke woord spel. Dan is ek teen die naweek weer by die huis :ricky:  :lol8:

Kort , maar nietemin lekker gelees, dankie :thumleft:

Nou wie ry more?

Ek weet nie of die Visarende nog op die pad is nie, maar hulle sal darem seker iets skryf  :deal:

En kom ons hoop 2slagDaan is besig met sy ride report van hulle epiese tog deur die mees polities onstabiele dele van SA :deal:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Dutchman81

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,113
  • Thanked: 6 times
Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #14 on: October 29, 2019, 07:30:07 pm »
N beter storie kon ek nie geskryf het, dankie my maat, wat n amazing ervaaring van trippie was dit nie, ek het soveel dinge beleef van die die hitte van die karoo, die dankbaarheid van die mense wanneer dit reen, die pragtige berg passe en die mooi van die knysna bos
Wat n seen om dit als te kon doen op so n unieke manier, dit was n lekker om die trippie met julle manne te kon deel tot volgende keer...

Sent from my I3312 using Tapatalk

2008 Klr650
2008 R1200GS Adv
''In the end , its not going to matter how many breaths you took , but how many moments took your breath away.''
 

Offline Dutchman81

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,113
  • Thanked: 6 times
Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #15 on: October 29, 2019, 07:38:21 pm »
.

Sent from my I3312 using Tapatalk

2008 Klr650
2008 R1200GS Adv
''In the end , its not going to matter how many breaths you took , but how many moments took your breath away.''
 

Offline hayleyscomet

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,905
  • Thanked: 4 times
  • Always Keen to Ride
Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #16 on: October 30, 2019, 03:25:59 pm »

Ahhhhh Awesome RR Louis

Mooi fotos en lekker kos.

Volgende keer kom ek saam.

 :biggrin: :3some:
 

Online big oil

  • R&P No posting
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: USA
  • Posts: 2,928
  • Thanked: 247 times
Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #17 on: October 30, 2019, 04:31:43 pm »
 :thumleft:
I’m da Yooper, eh and I like to party...
 

Offline Lem

Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #18 on: October 30, 2019, 04:34:08 pm »
:thumleft:

Thanks Big Oil

Are you getting some of the Afrikaans? I have written some reports in English before and got some criticism  :imaposer:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Online big oil

  • R&P No posting
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: USA
  • Posts: 2,928
  • Thanked: 247 times
Re: Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus
« Reply #19 on: October 30, 2019, 04:41:19 pm »
:thumleft:

Thanks Big Oil

Are you getting some of the Afrikaans? I have written some reports in English before and got some criticism  :imaposer:

Man, I almost was speaking fluent Afrikaans.   :peepwall:

Got in a car accident, hit my head, now I can't remember any of it.

Back to square one.
I’m da Yooper, eh and I like to party...