Kry my halfpad - Klein Karoo tot die kus

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Dagse almal

Ek ondervind deesdae met die selfoon leefstyle dat mense vergeet hoe om werklik lekker met mekaar te kuier. Ons is almal so "connected" en dink ons weet te alle tye wat in mekaar se lewens aangaan. Vriendskappe raak al hoe makliker, al hoe goedkoper. Die watsapp skermpie is 'n handige boodskapmiddel, maar dit is ook 'n veilige plek. Dit is moeilik om emosie raak te lees of te luister in wat getik en gevoicenote word. Elkeen kry sy spreukbeurt, niemand chip in nie. As iemand nie wil praat nie, antwoord hul eenvoudig nie.

Dit alles maak die storie vir my soms bietjie kwantitatief en nie noodwendig kwalitatief.

Mense doen nie meer moeite met mekaar nie. Ons like net iets op facebook en die lewe gaan aan. Dit is te maklik.

As ek darem dink aan die stories van hoe my pa se generasie jaarliks vir verafgelee familie gaan kuier het, veral tydens die 70s se petrolkrisis. Hoe hulle vir ure in die winter in voor vulstasies in die platteland in die kar moes slaap. Hoekom doen ons generasie nie meer daardie moeite om bymekaar uit te kom nie?

Ja daar is geldige redes. Ons het verantwoordelikhede ten opsigte van die gesin. Ons is permanent in kompetisie vir ons werk wat die ouer garde nie gehad het nie. Voor ons kan helmet opsit en sommer net verdwyn moet ons weet ons gesinne is veilig en versorg. Gatskuur kom ook teen 'n finansiele koste. Daar is eenvoudig nie altyd geld vir speel nie.

Tesame met al hierdie faktore is ons ook geneig om dinge heeltemaal te oorbeplan. Ek self is hieraan skuldig, hoewel ek die beplanning van trips byna meer geniet as die reis self.

Kyk maar...dinge wat spontaan en op kort kennisgewing gereel word is dikwels die lekkerste. Dit werk so met 'n braai en dit werk so met 'n bike trip ook. 

As die bike trip datums te ver in die toekoms is gebeur raak die satan lustig. Kinders raak siek die aand voor jy ry. Mens kry verkoue die dag voor jy ry. Soms soek mens ook maar net verskoning om te bly waar jy is, want vrydagaande is jy moeg en jy wil gaan vroeg slaap.

Vir byna 3 jaar size ek en [member=12311]Dutchman81[/member] mekaar al op om saam te gaan bike ry. Daar het egter net altyd iets voorgeval. Daar is een groot probleem...the great 900km divide. Ek is in die Kaap en hy in Fort Beafort.

Verskeie kere het ek 'n klip in die bos gegooi dat De Rust, Knysna & Beaufort-Wes die presiese halfpad merke is. Ek kannie presies onthou wie hierdie keer die klip gegooi het nie, maar hy het iets getref.

Binne 5 minute het ons 'n plan gehad. Sit 'n vrydag verlof in, slaap oor op 'n halfpad merk, ry die saterdag saam bike tot op 'n ander halfpad merk en groet weer Sondag huiswaarts. Binne n kwessie van 'n dag het ons op 'n datum besluit, nie te ver in die toekoms in nie en die nodige verlofvorms was goedgekeur. Rocco het my ook laat weet dat sy swaer Jaco, beter bekend vir die Ooskaap Honde as [member=20030]JR85[/member] ook die trip sou meemaak.

Nou moes ons net op 'n beginpunt en basiese roete besluit. Dutchman oorweeg Jumpers Place op Willowmore en begin plegtig om dit te probeer reel, maar kom nie reg met die kontakbesonderhede nie. Hoewel Willowmore vir my 100km verder is as vir hulle besluit ons tog daarop omrede ek gaag die grondpad tussen Willowmore en Klaarstroom wou ry. Die uur ekstra op die pad sou my nou nie skade doen nie en ek bespreek toe via Lekkeslaap vir Villa De Lockyeur....groot fout, maar ek brei later uit.

As tweede pitstop bespreek ek Knysna Pocket Breaks, 'n pragtige skoon woonstel in die ou deel van Knysna.

Alles was uitgesort, nou moes 18 Oktober net aanbreek  :ricky:
 
Top