Ok ek het nog nie video gesien nie maar gaan definitief kyk. En dink anyway dit is n awesome plan en ek dink nog steeds mense moet meer sulke videos maak, al is daar n klomp fotos in die video ingewerk. Iemand moet dit dan net bemark aan sê maar die sauk. Kyk watter groot aftrek het voetspore. Maak dokumentere oor bike spore. Daar gaan so baie mense op trips elke week. Dit sal baie beter weees as verdomde 7 de laan, want mens sal so baie dele van die wereld uit verskillede mense se oë sien. Dit moet natuurlik n pg gradering ook hê vir die meer dors manne en vroue
. Dit is nou iets wat elke dag sal kyk
Ek stem saam, ek sit en kyk ook maar die meeste na toere van ander mense, op youtube. Geniet dit om te sien waartoe die bikes, groot en klein, in staat is. Leer ook baie deur ander se video's. Ons het soveel mooi in ons land. Ek is so bevoorreg om oo n plek te bly, waar min wil bly, maar van hier is daar soveel mooi roetes. Cederberge met klomp opsies van roetes, Gifberg, Brand se berg, Sprinbokvlakte, Die Hel bergpas, Kookerboomwoud, Tangwa, Katbakkies. Alles grond en dan is dit Lambertsbaai, Doringbaai, Elandsbaai, Strandfontein en Gert du Toit se baai, Brand se baai en nog soveel meer. Hierdie is alles plekke om na te ry en wat ons net dagtrippies van maak. Dit is hoekom ek bevoorreg is en glo daar is baie wat so bevoorreg is. Wil dit als nog op kamera vasvang, ook nou maar begin met die video, het altyd net fotos geneem.
Sent from my MAR-LX1M using Tapatalk