Ek voel vir die anti KTM brigade. Hulle sal nooit weet hoe lekker hierdie bike ry nie en dis jammer
Erger nog is die anti 790 brigade op hulle 990s 
Ek sal graag jou mening wil kry van 790 vs 990 Noneking.
As jy dit reeds elders gedoen het op WD, ek vra verskoning, ek dit gemis 
Ek weet dis ń baie touchy subject, maar vir my is die 790 beter in byna elke opsig. Die suspensie,remme en electronics staan vir my uit. Die 790 voel en hanteer soos ń fiets wat helfte soveel as ń 990 weeg. 990 was my eerste KTM en ek het dit baie geniet, maar hierdie fiets is next level!
Ek verstaan heeltemal dat die 990 ń cult following het. Dit was en is steeds ń great bike. Ek vergelyk dit maar met hoe ek voel oor my HP2 Enduro. Dis rofweg uit dieselfde era en vir my mooier en meer ikonies as ń nuwe 1250 GS Ralley, maar dit is nie noodwendig ń beter fiets nie.
Ek lag vir sommige argumente van die 990 brigade. Daar word gesê die 790 is TE goed en laat onervare ryers bo hulle skill level ry. Of ń tipiese KTM argument - die 990 is makliker om aan te werk in die boendoes omdat dit minder electronics het. Of my all time favourite - 990 is ontwerp om die Dakar te kompeteer en nou kan geen ander fiets ooit daarmee vergelyk word nie.
Maar niks klink darem soos n 990 met lekker pype op nie!
Jammer vir die hijack @Manic