Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: African Meander  (Read 1817 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Masai

African Meander
« on: January 19, 2020, 03:40:45 pm »
Was so half 7 die oggend 11 Desember 2019. Dit tyd het aangebreek. Die reis Botswana toe.
Deur Namibia. En terug. Seker 4500 km se heerlike meander.
Ek dink ook die tyd het gekom dat ek die Heer toelaat om weer Sy woorde van genade en
hoop en goedheid oor my lewe kom skryf. Want Hy analiseer nooit Sy mense. Vir my ook
nie. En Hy etikitteer hulle nie. Vir my ook nie. Hy verstaan my. Hy weet ek pas nie altyd
in mense se kassies. Eintlik seker maar in min kassies.

Dit was erg mistig vroeg oggend. Alles om ons was nat. Die eerste paar kilometer van die bykans 3 weke trip wat voorgele het was stadig. Net sodat jou lyf en jou hande en jou kop die gevoel van die fiets vind. En daar n band tussen jou en fiets kan ontstaan. Ons het uitgesien na die trip. Beate se 650 was kort op my hakke.
Wie is ons? Twee doodgewone mense wat hou van motorfiets ry. Beate het 'n gewone 650 GS met sowat 48 000 km op die klok. Sy het al n paar keer vanaf Pretoria na De Rust gery met haar fiets. Sy kan haar dus self goed help. Ek : My naam is Piet. Ek ry 'n 1200 GS.
Die trip het begin. Ek het uitgesien na die vae reuk van gras. En bome. En hier en daar nat sand. Olifant
spore langs die pad. Vlakvarke wat vir jou staan en kyk. Klonkies wat waai. Donkie kar wat stop.
Ons het die Warmbad afrit geneem. Ons eerste stop sou Vaalwater wees.

Hier waar ek ry kon ek my verbeel dat ek die vrugbaarheid van water en grond kon ruik na die afgelope ren in die Limpopo.
Mense vra partykeer: is jy nie bang. Bang vir motorfiets ry? Netnou gaan jy dood op die
motorfiets trip.
Wat antwoord 'n mens? Ek praat dan weg van die onderwerp. As dit gebeur dan gebeur dit. Ek weet dan. So seker
soos wat ek hier staan.... ek het my rol gespeel. Die Skeidsregter het Sy fluitjie geblaas.
Ek is geboul. My penne staan krom. Ek sal die kolf onder my arm sit en aanstryk kleedkamer toe. Ek sal na die telbord kyk. En glimlag oor 'n magiese kolfbeurt. Elke lopie onthou. Ek sal lekkerkry.

Ons het die pad Vaalwater toe geneem. Brandstof getap en die pad Marken toe gevat.

Marken soos ek hom 20 jaar terug ken is anders vandag. Maar dit is Afrika. Altyd
veranderlik. Marken het gekom en gegaan. Baltimore en Marnitz. Twee plekkies uit my
jeug. Tom Burke. En Groblersbrug. En daar was dit chaos. Ongelooflik baie trokke. Alle
paaie is versper.
Aan die ZAR kant kon ons verby almal ry en voor gaan stop. Die
grenspos was vinnig. Geen moeilikhede. Maar toe kom die probleem. Die brug is net vir
enkel voertuie gebou. En hy was geblok. Deur vragmotors. Geen oorgang. Uiteindelik tog
beweeg. Oor die brug en die motorfietse kon verby die lang tou voertuie beweeg. Deur
nou gate en skeure in die verkeer en heel voor gaan stop.

Die grens pos kantore was nie regtig so besig. Dink al die bestuurders sit in trokke en probeer
beweeg. Dit kos P 228 vir derde party ens per motorfiets. Kwa Nokeng was die eerste
stop. Tentjies gemaak staan en bier gaan soek. Was baie baie lekker. Hout is duur. P35
per bondel. Het het die kok omgepraat en sy het vir ons pap en sous gemaak en die
Pretoria wors wat saam gery het gebraai. Koste P50. Vir beide 'n bargain. So lekker
geet.
Kamp plek kos P125 per persoon. Die Limpopo is droog. Jy kan droog voets deur
stap. Drie voertuie met waentjies en karavaan het gestop. Hulle groot afpak het begin.
Een van die mans het nader gestap en kom groet. . Hulle is van Nelspruit en hy is ook 'n
motorfiets ryer. Dit was n lang dag. Eerste dag is mos altyd intens. Totdat jy die ritme vind. Bietjie boek gelees en weg geraak.

Volgende oggend opgestaan en agter gekom die verkeerde gas botteltjie vir die klein
burner is gepak. Koffie was dus net 'n gedagte.
Het die ekstra vleis in hulle vrieskas gehad en gaan haal. En gesien dat die rivier in die
nag begin loop het. Ek vermoed die water was seker 1.5 meter diep. Soos 'n dief in die
nag het hy gekom. Ons avontuur het begin.

Hierdie reis is maar soos elkeen van sy voorgangers. 'n Bevryding om jou Wanderlust te
gaan uitleef
Ek het iewers langs die pad om geen rede aan Maartin Luther gedink. Aan sy lewe en sy
werke en wat hy gedoen het. Dat hy op 'n ander manier vry wou word. Vry van die
teologie van vrees. Vrees wat teer op skuldgevoelens en boetedoening wat die boustene
was van die ou kerk. En op 31 Oktober 1517 het sy gewete met die hamerslae en
spykers op die deur van die slotkerk van Wittenberg tot uiting gekom. En hy sy 95
stellings as 'n ultimatum geopen het. En hy sy vryheid ge-eis het. Vry om 'n lewe sonder
skuldgevoel in God se liefdes dampkring te gaan leef.

En ek verstaan iets van vryheid. Om jou eie mens te gaan wees. Om jou eie lewe te
gaan leef. Vry van bande wat jou ketting. Vry en nie beheer te word deur klaskaptein.
Vry om nie fotostaat te gaan wees van 'n ander. Vry om jou eie denke te volg. Vry om te
ry waar jy wil en te geniet soos jy wil.

Ons het uitgesien na ons African Meander
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,087
  • Thanked: 460 times
Re: African Meander
« Reply #1 on: January 19, 2020, 04:46:21 pm »
Lekker verslag en lekker skryf styl!
Dankie, ek wag vir die volgende!
Daai p 228 per dag per fiets is darem kwaai?
Dakar 650
SR 500
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,491
  • Thanked: 480 times
    • dustriders.co.za
Re: African Meander
« Reply #2 on: January 19, 2020, 04:53:14 pm »
Lekker verslag en lekker skryf styl!
Dankie, ek wag vir die volgende!
Daai p 228 per dag per fiets is darem kwaai?
Dit kos P 228 vir derde party ens per motorfiets.

Dis derde party vir die tyd wat hulle in Bots is Oubene. :deal: :thumleft:

Sub sien uit na die res. :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Tom van Brits

Re: African Meander
« Reply #3 on: January 19, 2020, 05:04:25 pm »
 :sip:
 

Offline jukaki

  • Newbie
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1
Re: African Meander
« Reply #4 on: January 19, 2020, 05:51:42 pm »
Lekker - wag vir volgende episode.
Dankie vir die moeite om dit te deel


Sent from my iPad using Tapatalk
 

Offline skydiver

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,717
  • Thanked: 41 times
  • Free as a bird
Re: African Meander
« Reply #5 on: January 19, 2020, 07:14:12 pm »
Ek volg hierdie trip.
Daai Tripple Black is bitter mooi  :drif:
Yamaha PW80, Honda MT5, Honda XR200, Kawazaki KDX200, Yamaha TTR250, Yamaha XT660R, BMW F800, BMW F650GS
 

Offline Ri

  • Bikermouse
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,271
  • Thanked: 538 times
  • DR650 Admirer
Re: African Meander
« Reply #6 on: January 19, 2020, 07:17:04 pm »
Dankie vir die skryf. Ry saam :ricky:
Tales of the Purple Turtles: Ride Reports
PROJECT SAS WILDEHOND III Contributions: R Snyman Capitec Savings Account 1545860511 Balance (2017/12/07): R3,190.23 - R1,600 for steel purchase
 

Offline eberhard

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Moto Guzzi (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,129
  • Thanked: 480 times
  • Time takes a cigarette...
Re: African Meander
« Reply #7 on: January 19, 2020, 07:44:42 pm »
 :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Mooi man! Gooi nog foties.

(Ek het eenmaal ook so op daai brug gestaan met vragmotors voor my. Ek kon tussen die vragmotor en die reling verby kom - vragmotors as 'n rel het ek geving maak graag spasie vir 'n motorfiets, mits hulle jou sien. Hulle is my tjommies op die groot pad)
eberhard
Agostini 1000
R90S
R80/7
R75/5 Big Boy 150 Vuka 110
 

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #8 on: January 19, 2020, 07:58:27 pm »
Ons het by Sherwood brandstof getap. Botswana se goedkoper brandstof. Die 509 km Elephant Sands toe het voorgel . In die verlede was Nata die aangewese oornag plek. Al het ek al met 'n motorfiets geval in die kamp plek. Sy dik sand na die kamp plek is nie jou maat. . Verandering van spyse is altyd aan te bevele en Elephant Sands is net 'n entjie anderkant Nata. Die hitte was aansienlik hor as gister. Iewers het die hitte meter 37 grade geklok. Ek het die baadjie oop gezip en probeer koel bly.
In Francistown by Landmark gestop en n regte botteltjie gas gekoop. Nou was koffie en kos maak weer n moontlikheid . Pad gevat Nata toe. In Nata weer brandstof gegooi. Dit is nogals n reel: As jy brandstof kry dan gooi jy.
Die pad Elephant Sands toe was nie meer ver. 
Die grondpad na die Lodge was maar n ietwat sanderige affre. Die groot Duitse fiets is swaar.  Beate het baie goed gedoen met haar eerste kennismaking met sand en n gelaaide fiets. Haar 650 GS het net voortgeploeg. Sy het bly glimlag. Ek was trots op haar. Die plekke met dik sand was bloot vir haar 'n uitdaging om te oorkom

By ontvangs wou die motorfiets omval in die sand. Sy  sidestand voetstuk sak net weg. Besluit om n entjie verder te stop. En daar sit die fiets vas in die sand. Gespin en gewikkel om die 1200 los te kry uit die greep van die sandmonster. Die 650 het dit makliker gehad. 
Het tente op geslaan en gaan bier drink. Die swembad was lou. Klompie jongmense het ook geswem. Hulle was duitsers. Die bikini's was oulik. Die swembad was egter nie skoon nie. Die swembad kyk uit op n watergat. Vir olifante. Jongerige bul het sy dors kom les.

Ons het hout gekoop. En P40 betaal vir rysmiergevrete hout. Dit was na my mening steel van die hoogste gehalte. Die kamp plekke is in die son. Geen skadu. Net n stukkie veld by n braaier met geen braai grid. Ek kan met eerlikheid s : Been there, done that. Elephant Sands is getik. Nou maar weer Nata. Ek dink nie ek sal Elephant Sands kan aanbeveel. Hulle het ons as n lopende ATM masjien beskou.

In die kamp plek is n dooie boom. En hier het n geelbek neushoring vol sy vrou in n skeur kom toemessel. En sy het hier haar kleintjies begin groot maak. Die arme man is die heeldag besig om koringkrieke en sonbesies aan te dra. Sonder ophou. Ek het die nes vir n klompie jongmense gewys wat daar naby in hulle klein tentjies gekamp het. My vinger dalk net te aan die gleuf gebring. En skielik pluk die wyfie my vinger nader en die kleintjies skreeu vir die nuwe kos. Dit was nie seer. Maar die skrik faktor was meer. So gedink aan Moolman wat so sy vinger geoffer het aan n bosvark.
Die dag was om. Ek het die dag geniet. Dit was lekker om te lewe.
 

Offline eberhard

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Moto Guzzi (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,129
  • Thanked: 480 times
  • Time takes a cigarette...
Re: African Meander
« Reply #9 on: January 19, 2020, 08:03:05 pm »
Ek volg  :thumleft: Dankie vir die inligting.

Waars die bikini's?
eberhard
Agostini 1000
R90S
R80/7
R75/5 Big Boy 150 Vuka 110
 

Offline lone riderer

  • Member
  • **
  • Bike: BMW G650 X-challenge
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 476
  • Thanked: 24 times
  • travel.
Re: African Meander
« Reply #10 on: January 20, 2020, 07:44:33 am »
Sub


Dit kos P 228 vir derde party ens per motorfiets.

Ek was Desember Ramatlabama deur op my X-CH en moes net P150 pad belasting betaal. Het nie eers my registrasie papiere gevra nie..

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

« Last Edit: January 20, 2020, 07:49:28 am by lone riderer »
Ones destination is never a place, but a new way of seeing things. Henry Miller
 

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #11 on: January 20, 2020, 09:42:01 am »
Botswana was warm. Maar nie regtig warmer as Pretoria in Desember . Ons het vroegopgestaan. Amper saam met die vols. Alles gepak en gaan swem. Pad gevat Kasane
toe. Maar eers was daar die die stuk sandpad. Het ligvoets op die pegs gestaan. Hy het baie makliker gery in die oggendas die vorige middag toe die sand warm was. Die pad was mooi. Ons het kort kort
olifante op die pad gekry. Entjie op die pad Kasane toe'n rooi SUV sien staan. Kan my verbeel dit was 'n Mahindra. Die hele voorkant moeg gestamp. Entjie verder het 'n dooie olifant kalf gel. Seker 'n nag ongeluk
gewees. 

Iewers langs die pad gestop vir karton beskuitjies en mossels. Drie swart mans het die ou Afrika dambord weergawe gespeel wat ek nie regtig ken nie. 
In Kazangulu brandstof gegooi. Gaan inboek by die Chobe River lodge. Bier is goedkoper hier as by Elephant Sands of Kwa Nokeng. So ook hout P12 vir 'n hele klompie mooi
stukke hout wat jou kos goed sal gaar kry. Kwa Nokeng se hout was P35. Elephant Sands P40. 

Chobe River Lodge het n hele klompie inwonende vlakvarke. Weer aan Moolman gedinken met my hande agter my rug gestap as hulle in die nabyheid was.
Die swembad was lekker. Skoon en aanloklik. 

Ons het 'n booze Cruise geboek. Iets soos P280 per persoon. Daar was 'n klomp buitelanders ook op die boot. En dan 'n ouer Suid-Afrikaanse paar. Ek skat hulle by die 80. Hulle het heel voor gesit.
Die man is meer op en gedaan as sy vrou. ( Ek wonderaltyd daar oor. Mans hou nie so lank as vrouens nie. Hulle is ook gouer gaar as vrouens) .Hoekom?
Hy dra 'n gehoor apparaat. En die bloedsomloop na sy bene is nie meer. Hulle bly in Pretoria. En wys graag uit wat om hulle aangaan. Hier 'n olifant. En kyk die seekoei.
En skielik wonder ek.... Sou hulle nog 'n laaste keer Kasane wou kom besoek? Het hulle gevlieg? Hy het vertel van die leeus wat hulle gesien het. En was ingenome met homself.
 Hoed af vir julle twee.

Ons het ons laaste Pretoria vleis geet. Lekker volstruis steaks. Hier vir die eerste keer'n gewone boskraai gesien. Hy is eintlik 'n neushoring vol. Waarom hy 'n bos kraai
genoem word weet ek nie. Gaan luister gerus na 'n opname van die geluide wat hy maak. Het ook die baie skaars heuglenjanfeederik gesien.

Het 'n lang Pretoria whiskey gegooi. Dit is whiskey wat ons saam ry.

Die vol lysie sover : blou reier, fiskaal laksman, geelbekneushoringvoel, geelbek
ooievaar, tarentaal, gewone tortelduif, glans ibis, grootlangtoon, grootwitreier, heilige
ibis, heuglinsejanfrederik, Indiese spreeu ( wat de fok), klein wit reier, kolgans,
koringvol, krans duif ( ek sweer), Marabou, mikstertbyvanger, nonnetjieeend,
nonnieuil, oopbekooievaar, pylstertrooibekkie, ralreier, reuse reier, rooibek fisant,
slanghals, spook voel, swartoog tiptol, swart reier, swartvlerkspringkaanvoel ( goeie
sighting), visarend, volstruis, water dikkop, wit bors kraai, wit vlerk kiewiet.

Ons het vandag ook verby 'n propperse bos slaghuis gery. n Afgeslagde dier, bees, wat aan sy bene uit n boom hang. Jong swart vrou wat met n takkie die vlie probeer weghou.
Naby n ou tafel. Met die slagter wat n stuk vleis vir n klint afsny. En my Westerse brein wil s dat dit nie reg is. Dit kan mos nie so werk nie. Maar ek wonder. Ek wonder
of die dier nie dalk met meer respek dood gemaak is as wat ek sou vermoed. En dalk die een wat aan hom gaan eet nie meer gelukkig sal maak as my Westerse manier. My
Westerse manier van beeste in n voerkraal. Met spuite vol antibiotika kom die voerkraal bestuurder aangestap na n massa beeste. En elkeen kry sy klomp antibiotika. En groei hormone in liters word die bees ingepomp.
Want die bees mag net vir n kort oomblik in die voerkraal wees. Dan kom haal die groot lorrie hom. En word hy met skok stok aangejaag agter die judasbok aan.
En wag die pen wat sy brein gaan binnedring op hom. Sonder respek. Sonder enige gevoel. Dalk gaan die stukkie vleis van die bos slaghuis jou gelukkiger maak.
Dit was lekker om in Kasane te wees
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,491
  • Thanked: 480 times
    • dustriders.co.za
Re: African Meander
« Reply #12 on: January 20, 2020, 10:52:51 am »
En wag die pen wat sy brein gaan binnedring op hom.

Ek vat daai pen anyday voor my keel afgesny word terwyl ek nog lewe, want dis hoe dit in Afrika gedoen word!!! :deal: :o :(
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Online 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,845
  • Thanked: 97 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: African Meander
« Reply #13 on: January 20, 2020, 01:24:31 pm »
Ek ry saam  :ricky:

Dankie Oom Masai; vir die mooi skryfstyl en kieks  :thumleft:


->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #14 on: January 21, 2020, 01:01:57 pm »
Die Kwando rivier kom uit Angola. Ek dink waar hy in Botswana draai verander sy naam na Lynyanti. En dan 'n ent verder aan word hy skielik die Chobe. En dan by die Zimbabwe grens kom
die Zambezi uit Zambia in die prentjie. Dit is as my aardrykskunde my nie in die steek laat. Ek mag gekorrigeer word.
Ons is deur Ngoma Namibia binne. By Caprivi houseboute river lodge ingeboek. Hier is nie 'n swembad. Maar hier is 'n kroeg. En 'n honest bar. Wat jy drink boek jy.

Ons het 'n boot rit bespreek. En moet ek s van al die Okavango/Zambezi/Chobe/Kwando bootritte wat ek in my lewe gedoen het was die een met myle die beste.
Caprivi Houseboat river lodge se hoof besigheid dink ek is die safari met die boot. Jy doen 4 nagte oorslaap op 'n boot. Gaan oor visvang, vols en wild kyk. Hierdie is iets wat ek graag sal wil kom doen.

Die ander gaste op die booze cruise boot was 'n swart couple. Hy is in konstruksie en werk in Tsumeb. Sy werk by Wesbank in Windhoek. Het lekker met hulle gesels. Hy het 'n been verloor en
het 'n prostese. Ons het besluit om by hulle restaurant te eet. Die kos was nie die beste. Maar dit was kos.

Langsaan was 'n plek met die naam Hippo Bar. Dit is 'n local uithang plek. Afrika musiek en Afrika gejil. En skielik hou dit op. Seker so 22h00. Partytjie is oor en almal gaan huis toe.

Ons het besluit op 'n rusdag.
Iewers moet alles weer bietjie reg gepak word op die motorfiets. Op 'n motorfiets moet jy uiters netjies leef. Geen wanorde kan toegelaat word. Elke ding het sy spesifieke plek. Geen 2de kans.
Motorfiets toer gaan oor gewig. Die hardcore ouens wat sommer net met sy fietsry klere op die grond slaap kom reg met 8 kg gewig. Gemaklike ou toppie toer soos myne dan klim jou gewig na 30kg. Die 30 kg sluit tentjie, klein stretchertjie, slaapsak, grondseiltjie, kussing, mini kombuis, drank ( hier spaar ek nie op gewig) klein braai rooster, brandertjie, pot en pan, skoonmaak goed, 2 hemde, 2 paar sokkies en onderklere, handdoek, sandale, koffie, beker, eetgery, kleine kleine kompressor vir bande, gereedskap, iets om 'n wiel af te haal en band te ruil, hangmat, kleine medisyne kas, paar Blikkies oesters, sout beskuitjies, boek, klein verkyker, Sudoku boek, laaiers vir musiek, selfoon, tablet, videokamera ens. in .
'n Kleine musiek speaker. Klein stoeltjie. Hengel visstokkie. Waterbottel. Dit is 'n lang lys van goed. Maar elke ding nodig. Niks ry saam wat nie absoluut
noodsaaklik is. Behalwe die enkele gereedskap stukke. Wat hopelik nooit nodig is. Soos die toer vorder raak die bietjie kos goed wat jy saam ry minder en eindig jy seker met sowat 27kg.
Ek hou van sagte pannier sakke. En bo op die sakke enkele sakke met die kamp goed. Die 8 kg ouens ry met 'n krediet kaart wat gelaai is. Die ander manier is maar ry bietjie meer saam en
koop minder. Solank jy die toer net geniet en jy jou ding gaan doen. Die ouens met ligte gewig kan die slegte grondpaaie aandurf en gee nie om vir bietjie sand, klip en grond. As jy 'n ou toppie toer
doen en die gewig raak meer begin jy wegbly van sand en die paaie oor berge en dale. Doen nie die rof en onbeskofte paaie. Om te kyk hoeveel keer kan jy neerslet.
Beate het gemaklik ingeskakel en nie omgegee vir die swaarder deel van motorfiets toer. Ek het die trip oneindig baie geniet. My lewe was vir my lekker. Die deel van afgetree wees was 'n
lekker fase van my lewe. Ons almal wil tog 'n verskil maak. In die lewe. In ander mense se lewens. Ek het my deel gehad. Oor baie jare. Op baie fronte. Nou is dit my beurt. Nou gaan dit oor my
geniet.

Ons s dit seker nie almal hardop nie maar hoop maar tog ons begrafenis sal ook eendag 'n snot en trane affre wees. Net omdat jy 'n verskil in die lewe van ander mense gemaak het. Ek hoop
ek maak tog steeds 'n verskil in ander mense se lewens.

Die rusdag was lekker. Geen nrens heen ry. Fiets bietjie reg pak. Bietjie laat slaap. Die niks doen langs die Zambezi in Katima Mulilo ervaar. Op die kroeg dek sit. Musiek luister. Vrugtesap drink
met klonte ys in. Het met die motorfiets paar inkope gaan doen. Wou gin koop. Maar geen drank word in Katima op 'n Sondag verkoop. Wors gekoop en aartappel slaai by die plaaslike kos winkel. Vir vanaand
se kleine braai.
In Katima is daar net een verkeersreel en dit is dat daar geen rel is. As daar een ding is wat jy kan vermoed is dat daar iewers 'n kar reg voor jou gaan indraai. Bring dus jou humor saam, lag
maar net en kyk vir die volgende een.

Die eienaar van Caprivi Houseboat river Lodge se naam is Koert. Hy kom van Swakopmund af. Duitser. En het hier kom nes skop. Ek wonder of hy 'n langbroek besit. En 'n withemp. En das.
Het 'n heerlike uur oor die middag uur in die hangmat deur gebring. Met 'n boek. Nuutste van Lee Child. En Jack Reacher wat almal op hulle moere gee. Kleine hangmat is nogals 'n lekker
toevoeging by die klein hopie bagasie wat mens kan saamneem op die motorfiets . Ek het nuwe tou gekoop vir die hangmat vasmaak aan 'n boom. Dunner as my pinkie. En breek krag van 125
kg. Tog lyk die tou te dun vir my en wonder jy elke keer of hy gaan hou.

As mense iemand vreemds ontmoet is nogals een van die eerste vrae wat jy vra : Watse werk doen jy? Ek is ook skuldig daaraan. Watse werk doen jy? As iemand my dit gevra het het normaal
geantwoord dat ek in 'n fabriek werk. Dat ek 'n fabriekswerker is. Dan kon die vraag steller my behoorlik in die regte kassie plaas. Hy kon my dadelik analiseer. Klassifiseer. Die regte etiket op
my voorkop plak. Ek kan dadelik in die regte groep gedeel word. Deesdae voeg ek dan by dat ek egter my werk verloor het. En werkloos is. Snaaks, nog nie een het aangebied om my dop
te betaal. Of 'n R10 in my hand gestop. Die vrae het dan ook opgedroog. Geen vrae meer soos van watse musiek hou jy? Hou jy van kaal swem of is jy 'n swemklere man? Hou jy van whiskey
of is jy 'n rum liefhebber? Ek sou wou vertel dat ek van die lang lens op 'n kamera hou. Sodat ek mooi dinge kan afneem sonder om die mooi te versteur. Om mense af te neem sonder dat
hulle hulle kamera gesiggie opsit. Mense net soos hulle is. Ek sou wou h hulle moet vra wat is die moeilikste ding wat ek in my lewe gedoen het. En ek sou wou antwoord dat dit was om mykinders groot te maak.
Om hulle iets van die lewe te probeer leer. Maar nou het ons vas gesteek by watse werk doen jy. En nou weet jy presies wie ek is.

Met mopanie vuur gemaak. En die dun wors gebraai. Saam met aartappel slaai. En goeie
whiskey gedrink. Geet. Nonnetjie uil het iewers geraas. Dit was tyd om te gaan slaap
 

Online Plaasseun

Re: African Meander
« Reply #15 on: January 21, 2020, 02:06:44 pm »
Dankie vir die deel Masai :thumleft:

Waar kry jy daardie rooi sakke, iewers laat maak?
Le vaatjie hou toe jou kraan en ek sien jou dalk vir 'n volle aan.
 

Online ETS

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 1290 Adventure S
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,341
  • Thanked: 55 times
  • Die Punda van Prieska
Re: African Meander
« Reply #16 on: January 21, 2020, 02:57:44 pm »
Jis ou maat eks mal oor jou manier van toer en jou uitkyk oppi lewe! Ek sal nie so lekker kamp en stretcher nie, maar jo! jou skryfstyl maak my sommer kalm. Ek wag in spanning. Dankie sover
If i had to explain you would not understand anyway......
 

Offline Frannarossi

  • Vendor
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,615
  • Thanked: 3 times
  • karoorooster@gmail.com
Re: African Meander
« Reply #17 on: January 21, 2020, 04:16:54 pm »
Flippen mooi geskryf! Kan nie wag vir die res :thumleft:
If you don't live on the edge,you take up too much space!!!
 

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #18 on: January 21, 2020, 05:12:41 pm »
Dankie vir die deel Masai :thumleft:

Waar kry jy daardie rooi sakke, iewers laat maak?
[/quo
Ek het dit self gemaak. Waterdigte tipe ripstop materiaal. Stel geel en stel rooi gemaak.
 

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #19 on: January 21, 2020, 05:16:03 pm »
Sommer nog n paar foto's