Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: African Meander  (Read 1820 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #40 on: January 30, 2020, 07:27:17 am »
Paar foto's
 

Offline skydiver

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,717
  • Thanked: 41 times
  • Free as a bird
Re: African Meander
« Reply #41 on: January 30, 2020, 07:40:27 am »
Hierdie is nou 'n lekker-lees RR
Jy laat 'n mens anders kyk na alledaagse dinge.
Mooi fotos
Yamaha PW80, Honda MT5, Honda XR200, Kawazaki KDX200, Yamaha TTR250, Yamaha XT660R, BMW F800, BMW F650GS
 

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #42 on: January 30, 2020, 07:41:00 am »
Nog enkeles
 

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #43 on: January 30, 2020, 07:49:16 am »
Hierdie is nou 'n lekker-lees RR
Jy laat 'n mens anders kyk na alledaagse dinge.
Mooi fotos

 :thumleft:
Dankie
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,491
  • Thanked: 480 times
    • dustriders.co.za
Re: African Meander
« Reply #44 on: January 30, 2020, 12:51:21 pm »
Gooi nog asb Masai!! :thumleft: :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Online 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,846
  • Thanked: 97 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: African Meander
« Reply #45 on: January 30, 2020, 03:20:51 pm »


->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline Bokveld

Re: African Meander
« Reply #46 on: January 31, 2020, 02:08:51 pm »
Hierdie is nou 'n lekker-lees RR
Jy laat 'n mens anders kyk na alledaagse dinge.
Mooi fotos
Hierdie is nie n RR nie; dis iets van n dieper orde.
 

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #47 on: January 31, 2020, 05:55:19 pm »
25 Desember. Kersdag. Viering van 'n 2000 jaar oue dag. Die geboorte van die Christus kind. Ek wonder altyd oor mense wat geen geloof daarin het. Of hulle ook iets van vrede voel op die dag. Ook iets van 'n welbehae. Of hulle ook geskenkies ruil. Of hulle ook hulle oŽ opslaan na die blou hemel en wonder. Wonder oor dit wat anderkant die graf lÍ. Of iets of niks.

Party het die vaste geloof daar is iets. En as mens die Paulus woorde mag gebruik... Alles 'n dowwe spieŽl. Alles 'n dowwe beeld. Maar eendag. Eendag as jy kosblik ingee. Dan gaan jy weet. Dan is alles helder.
Andere het die vaste geloof daar is niks. Daar is net die groot swart. Net die groot groot niks. Geloof is net maar 'n pie in the sky. En as jy sterf is daar niks. Net die swart gat. En so het elk die reg om te glo wat jy wil.

Vanoggend gaan trapfiets ry. Beate het my vroeg kom haal. Ons het deur stil strate gery. Langs die see klompie drawwers wat vakansie vetjies afskud. Mense wat stap. Fietsryers. Gesinne. Groepe mense wat aan mekaar verbonde voel. Almal groet vriendelik. Of knik dan. Party wens jou 'n geseŽnde Kersfees toe. Iets van 'n toegeneentheid. Iets van 'n medemens raaksien.
Twee swart seuns. Die een swarter as die swartste swart. Diep Afrika swart. Die ander 'n ligte swart. Suidelike rasse. En beide in suiwer Afrikaans wens jou 'n geseŽnde Kersfees toe. Sonder dat jy dit verwag. Of gesoek het daarvoor. Uit hulle eie. Welwillendheid. Respek. Vrede.

Verby 'n amfiteater in 'n park gery. Hier was ongeveer 300 mense. Wat 'n opelug erediens bygewoon het. Ons het 'n ruk vertoef. En saam kersliedere gesing.

Orals het ek hierdie vrede gevoel. Vrede waarvan die engele gesing het. Vrede in my hart. En in my gemoed. Ek het gebid vir daardie vrede vir my kinders. En vir my mense. Vir die mense wat soos ek lyk. En ook vir mense wat ek nie ken. Vir mense wat nie soos ek lyk. En vir mense oor die hele wÍreld.

Vrede vir my land wat stukkend geword het. Vrede vir die leiers in my land wat onvrede gebruik om magtig te bly. En welwillendheid. Welwillendheid teenoor alle mense. Dat die leiers van my eie land welwillendheid in hulle woordeskat en in hulle denke en hulle dade sal openbaar en ook sal bedoel. Ook vrede en welwillendheid vir die stuk aarde NamibiŽ. En reŽn. Heerlike wonderlike lewendgewende reŽn. ReŽn wat 'n dors aarde les. ReŽn wat siele reinig. ReŽn uit die 4 windhoeke.

Kersdag in NamibiŽ se Swakopmund. Die jaar 2019.
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,491
  • Thanked: 480 times
    • dustriders.co.za
Re: African Meander
« Reply #48 on: January 31, 2020, 05:59:30 pm »
Mooi woorde Masai!! :thumleft: :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline ETS

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 1290 Adventure S
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,341
  • Thanked: 55 times
  • Die Punda van Prieska
Re: African Meander
« Reply #49 on: February 01, 2020, 08:01:34 am »
If i had to explain you would not understand anyway......
 

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #50 on: February 03, 2020, 05:33:51 pm »
Paar fotos
 

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #51 on: February 03, 2020, 05:54:48 pm »
Elke ding het 'n begin en 'n einde. Die rus en vakansie in Swakopmund was verby. Die terugtog huis toe het begin. Ons het wel besluit om dit 'n rustige affÍre te maak.

Die 1200 is gewas. Blinkskoon. Gereed. So net by 6h00 die rooi knoppie gedruk. Die 1200 se  123 perde uit die stalle gejaag om aan te tree vir die stadige terug tog huis toe wat voorlÍ. Mens kon sommer hoor die perde was lus vir die ding. Die 1200 het behaaglik gegrom. Die eerste paar treŽ versigtig. Net om rat, klep, olie en suiers bietjie hitte te laat ophou. En boude hulle sit kan kry. Swakopmund het nog geslaap. Iewers het 'n  hond geblaf. Dalk vir die maan. Agter my het ek Beate se 1 silinder 650 gehoor.

Het in 'n draai in geleun en stadig versnel. Die pad verlegging binne Swakopmund het jou draaie laat ry. Deur die ratte gewerk 6de toe. En skielik weer begin ontspan. Die bondel senuwees in maag het ontknoop en alles het reg gevoel. Die 1200 het die lug begin sny. Kolligte het sy werk gedoen. Ek kon hulle in die skemer die pad sien oopvlek.  Die groot BMW het gesnel na die laaste stukkie avontuur wat wag. Die eerste 20 km het vinnig verby geflits. Die engin het temperatuur bereik. Handgreep effens oop gedraai. Die fiets het egalig begin versnel. Te veel gevoelens in my kop om dit in enkele semantiek saam te vat. Ek het 'n hart's gebed gebid. Dankie gesÍ. Vir die lekker. Beate was kort op my hakke. Sy wou die 650 teuls gee. Dink sy het die motorfiets ry gemis die afgelope klompie dae van niks ry.

Die fiets het stabiel gevoel. Giroskopiese energie het ingeskop. Instinktief het my lyf een begin word met die fiets. Krag, teenkrag, middelpuntvliedende krag in simfonie.
HoŽ konsentrasie ry is wat 'n motorfiets vra. Altyd bedag wees. Altyd op die uitkyk. Jy het geen reg op die pad. Net 'n voorreg. Dink vir ander. Kar wat stil staan langs die pad. Hoekom? Vragmotor met dubbelbande voor jou.... Sit daar 'n klip vas tussen die bande? Die hond wat langs die pad loop. Die donkie wat weg kyk. Die taxi voor jou. HoŽ konsentrasie.
Soek die gemaklike spoed. Waar jy voel jy is in beheer en jy kan die omstandighede beheer.

As die pad nie meer besig is laat jy jou gedagtes rol. Vrye teuls om te gaan draai waar hulle wil. Ver plekke te dink. Maar een deel van die brein bly aktief waaksaam besig met die pad. Altyd op die uitkyk.

Ek het Swakopmund geniet. Die paar dae niks doen was lekker. Uitermatig. Dorp waarop jy verlief raak. Dit voel soos jou mense wat hier bly. Hulle lyk soos jy. Hulle dink soos jy. Jy deel DNA met hulle. Iewers in jou gryse verlede. Die klein gastehuis waar ek gebly het was aangenaam. Beate het by haar ouers gekuier. Dit was 'n blye weersiens.

Soos ek uit Swakopmund gery het kon ek die see ruik. Wat 'n wonderlike dorp wat jy met al jou sintuie kan ervaar.
Sintuie is dinge aan jou liggaam wat jy gebruik om jou lewe te beleef. Ons het 5 sintuie. Oog, oor, neus, tong, gevoel. Die basiese instrumente wat neurologies deur jou brein gebruik word. Reseptore waarmee jy jou leef wÍreld ervaar. Jou sintuie verskaf data aan jou denke, jou brein wat vir jou persepsie gee. Met motorfiets ry gebruik jy al 5. Daarmee beleef jy. Ervaar jy. Sien jy die veld. Ruik jy reŽn en die aarde. Hoor jy Afrika geluide. Proe jy die kontinent en sy mense . Voel jy die grond aan jou voete. Jy gebruik selfs 'n 6de sintuig. Jou vermoede en jou voor uitsien wat in sekere sitsuasies gaan gebeur.

Ek is verslaaf aan toer. Myself ook verslaaf aan motorfiets toer. Geen medisyne daarvoor. Geen terapie. Geen kopdokter. Net maar die geniet.
Ek wil graag die metafories gekonsentreerde woordjie fokken gebruik. Dit is nou fokken lekker.

Windhoek het gou sy opwagting gemaak
Het by Urban Camp in Klein Windhoek gaan kamp. Aanbeveling van Pierre Radley. Ek sal dit ook aanbeveel. Joe's Beergarten was net om die draai. Iets gaan eet en bier gedrink.
Het vandag 2 keer teŽspoed beleef. Ek maak my Keens skoene altyd met 'n strappie vas op 'n saalsak. Met die koms hier by die kamp gesien een is weg. Soos in nie meer daar nie. En met een skoen kan jy niks.
Met die afklim slag het my donkerbril geval. Kar het oor hom gery. En daarmee was hy ook moer toe. Het in Windhoek paar goedkoop plakkies en donker bril gaan soek.
Beate se vriendin vanaf Duitsland was in Windhoek. Sy het kom kuier. Hulle het die weersiens geniet. Hulle het opgewonde en vinnig met mekaar in Duits gepraat. Dan sukkel ek om te verstaan.
Die kamp plek was vol. Hier is ook iemand van Noordwes met 'n Conqouerer off-road Karavaan. Altwee van sy skokbrekers is morsaf. Man sÍ dit is die Sossusvlei pad. Ook 'n klomp huur bakkies met oorsee toeriste. Was 'n lekker rit vandag.
Die pad het einde toe gestaan. Ek het gewens ons kan nog 'n ander draai eers gaan ry
 

Offline skydiver

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,717
  • Thanked: 41 times
  • Free as a bird
Re: African Meander
« Reply #52 on: February 03, 2020, 07:48:17 pm »
Man, ek hou van jou manier van skryf.
Ek hoop na hierdie RR doen jy sommer gou weer 'n trip sodat ons nog so 'n lekker-lees RR kan kry.  :deal:
Yamaha PW80, Honda MT5, Honda XR200, Kawazaki KDX200, Yamaha TTR250, Yamaha XT660R, BMW F800, BMW F650GS
 

Online Frannarossi

  • Vendor
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,615
  • Thanked: 3 times
  • karoorooster@gmail.com
Re: African Meander
« Reply #53 on: February 04, 2020, 09:39:07 am »
Praat jy skydiver! Elke oggend as ek by die Kantoor instap kyk ek of daar nie weer 'n nuwe deel bygekom het nie! Beste RR wat ek nog gelees het die en maak my so lus vir Namibia weer!
If you don't live on the edge,you take up too much space!!!
 

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #54 on: February 04, 2020, 08:54:57 pm »
My trip dagboek ... ek het n dag oorgeslaan. Nie per abuis.
Maar in retrospek gedink om dit tog te pos. Dit is en bly bloot my mening.

Vanoggend die duine hier teen Swakopmund gaan uitklim. So mooi bo op 'n duin. En om jou net duine. Geen ander mens. Geen ander spore. Ek dink mens verstaan die Groot Eensaamheid eers regtig as jy alleen in die duine is. Geen teken van iets anders as net die sand. En die duine.

Maar tog is daar mense wat ook die Groot Eensaamheid beleef in 'n stad met 'n 1000 mense wat hulle omring.

Het Walvisbaai toe gery. Na Sandwich Harbour. Mens ry verby die sout werke by Walvisbaai. En dan al met die kus langs. Die eerste ongeveer 10km is die visserman paradys. Dik sand. Jy moet 4x4. En die manne het groot 4x4's. Baie gewild is Landcruiser. En die Ford met die groter engin in. En dan word hy "ge - Raptorize". Groot stickers. En 'n ander grill. En bande. Toyota Hilux bakkies is ook gewild. Baie Windhoek karre.
Dan die Vistokke. Visstokke wat jy in stainless steel houers voor die kar se modderskerm monteer. Dit lyk soos reuse antennas. Jy ry gemaklik die wÍreld vol met so tot 6 visstokke. Daar moes seker 80 4x4 bakkies gewees het. Vissermanne par excellance .

Dan kry jy die Naukluft nasionale park. Hier mag jy nie visvang. Die robbe mag egter. Seker omdat hulle nie kan lees. Hulle baljaar. Iewers het ek op 'n keer gelees hoeveel robbe is hier. En hoeveel vis hulle verorber .

Mens moet 'n permit hÍ om hier te mag ry. Ons het een gehad. En strand langs gery. Maar ongeveer 25 km verder onsself vas gery. Dalk het ek maar net iewers verkeerd gery. Het karre gesien wat inry binneland toe na die groot duine. Ek moes T4A saam geneem het. Hier is geen pad. Net maar 'n rigting.
Met die terug gaan slag het 'n groot Cruiser oor die dik sand aan gejaag gekom. Ligte geflikker en skuins voor die kar kom stop. Polisieman het uitgespring en kom kyk of daar visgevang is. Nie 'n enkele vis. Daarna die permit. Dit was in orde .  Die beampte was teleurgesteld. Hy het so gehoop op 'n vangs en bietjie aksie.

Afrika het 'n groot diversiteit. Van mense. Grootse mengsel van tale, en velkleur, en kulture en kos en musiek en klere en glimlagte en kleure en persepsies en politieke uitkyk. Al die kinders van Afrika.

En dan sien mens die Chinese. Wat erg besig is in Afrika. Maar hulle is nie van Afrika. Hulle is van 'n ver land. Hulle is begerig vir die skatte wat in Afrika gevind kan word. Skatte wat onder die grond is wat hulle op hulle eie ingevoerde trokke laai. En hulle eie gepatrieerde mense wat die trokke ry. Op paaie wat hulle sogenaamde gebou het as geskenk. Oppad na 'n hawe wat hulle gebou het en wat effektief moet wees vir die laai van die skatte. En laai dit met eie masjiene met hulle eie mense op hulle eie skepe. Neem die stukkies aarde weg na 'n ver land om hulle eie land tot voordeel te steek.
En Afrika: hulle mense staan met hulle oop harte en met hulle breŽ glimlag  en met skille oor hulle oŽ, so asof met blindheid geslaan is, doof geword het vir die tekens. Want eendag is die grond leeg gegrou en kaal gestroop en gee die aarde niks meer. Chinees pak dan sy bondels en loop. En  Afrika bly leeg agter. Trok vir Trok en skip vir skip word die kontinent gestroop.

Reuse blokke marmer wat op groot trokke weg gery word. Woude in die Kavango waar 100 jaar oue bome gekap word. 'n Hele woud van ou reuse wat op trokke gelaai word en weg gery word na 'n land ver van hier.
Vir 'n handvol geld aan die top amptenaar. Mens wil dit byna uitgil. Stop. Hou op. Jou siel verkoop vir 30 silwer munte. Judas Iskariot. Chinees het jou narkose gegee. Jy is verlam. En hy stroop jou ingewande. Elke oog en hart en nier word uit jou lyf uit geruk. Uitgesny . Jy is net 'n stuk vel. Judas, jy gaan sterf. Na elke snit werk Chinees jou toe met 'n nuwe stuk teer pad.
 

Offline GravelFox

Re: African Meander
« Reply #55 on: February 04, 2020, 09:09:33 pm »
So mooi gestel...bly jy het die uitgelate hoofstuk gedeel.


Sent from my iPhone using Tapatalk
GravelFox
ex, MT50, XT250, XT550, KLR600, Africa Twin, XRE500, GS1200, DRZ400, CRF250L,
Now: XTZ660, 1200 GSA LC
 

Offline HB 9

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1100GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,356
  • Thanked: 9 times
Re: African Meander
« Reply #56 on: February 05, 2020, 07:36:00 am »
Spreekwoord - "Ledigheid is die duiwel se oorkussing" is waar, maar meer waar is dat Gierigheid die land en kontinent se ondergang is...

Baie hartseer en waar Masai - en dit maak my sommer warm onder die kraag!
Tread lightly
 

Offline Skim

Re: African Meander
« Reply #57 on: February 05, 2020, 11:16:27 am »
JoH! JoH!!! wat kan mens sÍ van hierdie pragwerk -Baie dankie vir die deel

 :love9:
Skim

BMW R 1200 GS Adventure.
 

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #58 on: February 08, 2020, 04:20:05 pm »
Hier en daar kry jy mede reisiger wat ook motorfiets as sy vervoermiddel van keuse gekies het. Hulle lyk maar soos wat 'n gemiddelde mens lyk. Op party se gesigte kan mens wel sien dat 'n hele lewe daarop uit gekerf is.
Partykeer sien jy iemand in 'n kar. En hulle kyk vir jou waar jy op jou motorfiets ry. Of stop by 'n motorhawe vir brandstof. Op 'n afstand inspekteur hulle jou en jou ryding. Takseer jou. Dan en wan sien jy dit tog in die oŽ. Hulle het die oŽ en die honger van 'n ingehokte dier. Hulle wens hulle het die moed om so iets aan te pak.

Vanoggend uit Windhoek vertrek. Gobabis was die eerste stop. Piet Botes van Amenis. Hy het later van tyd sy plaas verkoop en in Gobabis gaan bly. Sowat 3 jaar gelede sy haelgeweer skoon gemaak. Rondte in die loop. En skiet hy homself per ongeluk dood. Hy was 'n vriend van meer as 20 jaar gelede. Wou vandag by sy weduwee, Kasie, gaan koffie drink. Sy verlang na hom. Die koning van Amenis.

Die pad gevat Zelda toe. Sowat 60 km voor Zelda het dit begin reŽn. Het die geel reŽnjas toppie aangetrek. Iewers het dit swaar begin reŽn. By Zeldas het dit goed gereen. En net daar besluit ek kamp g'n in die reŽn. Het die 1200 se neus grens toe gedruk. En besluit op Kalahari Rest camp

Vir die laaste keer brandstof getap net by die grens. Daar is geen brandstof vanaf die grens tot by Kang. Iewers besef ons sal vir 'n ruk sowat 80 km per uur moet ry. Ter wille daarvan dat ons nie gaan staan  sonder brandstof. Sowat 80 km voor Kang kort kort locals gekry wat 2 liter brandstof bottels in die lug hou. Hulle weet die pad sonder brandstof gaan by party sy tol eis. Daar was 'n klompie kampers by Kalahari Rest.

Vandag se motorfiets ry was lank. Klompie kilometers. Maar weereens uiters bevredigend.

Vanoggend by Urban Camp was dit baie bewolk. Het al by 5h00 wakker geword en besluit dit is tyd. Dit neem maar ruk vanaf opstaan na gereed wees om te ry. En dan is dit tyd.
Jy trek die swart leer handskoene styf oor jou vingers. Die laaste stukkie ritueel voor jy die sleutel draai wat krag aan die starter van die Duitser gaan gee. Jy druk die starter se knop. Krag vloei van battery as gestoorde energie bron na 'n rat. Die rat kom in beweging. Die pistons swaai een of twee keer om en dan kry die engin lewe deur middel van 'n  ligte sproei brandstof/lug mengsel. Klein beheersde ontploffingtjie vind plaas. Een na die ander. In harmonie met sy maat aan die ander kant van die boxer engin. Twee silinders soos twee karperde van ouds. Saam werk hulle in ritme om een kragbron te vorm. Krag wat vloei deur suierstang. En dan na rat. Vandaar na aandrywing sisteem. Bande wat in beweging kom. En kry die motorfiets bykans 'n lewe van sy eie. En jy is die een wat die handvatsels gaan beheer. Wat die krag moet gelei na orde en ritme. Rem pedaal. Koppelaar kabel. Brandstof toevoer. Rathefboom. Rem handvatsel. Jy is die dirigent. Alles saam maak dit n simfonie van beweging. En jy gebied dit na die rigting van avontuur.

As jy dit kan droom dan kan jy dit doen... Lui 'n spreekwoord.

Ek het lank terug agtergekom jy is nie regtig in beheer van jou lewe nie. Die lewe gaan jou leef. Hy gaan jou stuur. Hy gaan dinge vir jou moontlik maak. En ander dinge onmoontlik. Jy is in beheer. Maar nie regtig. Jy stuur jou eie kar na die eindpunt. Maar nie regtig. Jy neem besluite oor jou lewe. Maar nie regtig. Jy neem maar net die kanse wat verby kom. Jy gryp aan wat binne jou bereik is. En as dit nie is dan staan jy op en gaan soek dit. Want as jy dit kan droom kan jy dit doen

Iewers vra een van die kleinkinders " Is oupa 'n biker"  Eintlik het ek nie geweet wat om te antwoord. Ek weet nie wie kwalifiseer as 'n biker en wie nie. Is 'n biker iemand wat elke dag motorfiets ry? In reŽn en hael en sneeu. In modder en op teerpad. Werk toe, kerk toe, skoonma toe en fliek toe?
Is die weekend warrior ook 'n biker? Die ou wat dan en wan sy pak klere uittrek, sy Harley gear aantrek, kompleet met boots, leerbroek en moulose leer baadjie. Met sy klub insignia. Klubs soos Dirty Harry. Of Apache. Of Lone Rangers. Deel van een of ander Chapter. Met baie wapentjies en lap kentekens. Sy naam agter op die baadjie. Iets soos Lone Wolf. Of sommer net Jan. En sy rangorde. President. Of Sweeper. Of Capitan. En sy mamma of girl met 'n klein tango deurtrekker wat aan die bokant van die broek uitsteek.

Dalk die BMW man. Met sy 1200 ADV GS. Met al wat pannier is. En GPS. En tank bag. En die nuutste klere. Die R12000 baadjie. En die R6000 boots.
Of is 'n biker iemand wat goed pak en die wye vlaktes in toer. Vir 'n jaar lank op die pad is. Iewers eksoties heen.

Of is 'n biker iemand wat rallies bywoon. Waar jy woes en een van die manne moet wees. Waar agterwiele gespin en uitgebrand word. Jy jou motorfiets rev tot die rev limiter inskop soos 'n masjien geweer wat op outomaties vashaak. Wet Tshirt kompetisies gehou word. Waar jy van jou mamma en jou girl verwag om ook iewers te flash.

Dalk is almal bikers. Party is biker bikers. Ander dalk net maar motorfiets ryers. Die een ding in gemeen is dat elk op sy of haar manier hulle motorfiets geniet. Die een kyk net vir hom in die garage. Die ander een probeer hom in 'n jaar gedaan ry. Elkeen kam sy hare op sy manier. Geen regte of verkeerde manier. Is oupa 'n biker? Gits jong. Ek dink nie ek is nie.

Die lewe was vir my lekker.
 

Offline Ri

  • Bikermouse
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,271
  • Thanked: 538 times
  • DR650 Admirer
Re: African Meander
« Reply #59 on: February 08, 2020, 04:46:06 pm »
Pragtige foto's
Pragtige woorde
Dankie
Tales of the Purple Turtles: Ride Reports
PROJECT SAS WILDEHOND III Contributions: R Snyman Capitec Savings Account 1545860511 Balance (2017/12/07): R3,190.23 - R1,600 for steel purchase