Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: African Meander  (Read 1821 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Masai

Re: African Meander
« Reply #60 on: February 09, 2020, 01:53:23 pm »
Kalahari Rest Camp se kampplekke was maar dieselfde as in die verlede. Baie lekker kampplekke. Hier is wel 'n paar ekstra huisies gebou vir gaste. Die swembad het geskuif van ek laas hier was. Hy is ook kleiner. Die water was heerlike en het 2 keer gaan swem.
Het in Gobabis wors gekoop wat die aand se ete  sou wees. Het vroeg gaan slaap.

Vroeg vroeg die oggend opgestaan. Wou vandag deur ry huis toe. Netso wat 8 km vanaf Kalahari Rest se ingang oppad Kang toe het ek iets in die middel van die pad sien aankom. Eers gelyk soos 'n klein hasie. Maar klompie tree voorentoe gesien dit is 'n klein hondjie. Wit van kleur. Gestop. Die hondjie het tot onder die motorfiets gedraf en gaan sit. Saggies getjank. Ek het rond gekyk maar geen kraal gesien. Of huis. Of gehuggie nie. Net bos om my sover jy kyk.
Beate het water in haar hand gegooi en hondjie het gulsig gedrink. Hondjie was ietwat maer en uitgeteer. Het van die padkos wors stukkie afgebreek. Sy het dit gulsig geŽet. Ek het bloot nie geweet wat om te doen. Ek kon dit nie oor my hart kry om die ongeveer 7 weke oue hondjie wat 'n tipiese Afrika hondjie is hier tussen niks en nÍrens te los. Het besluit die hondjie moet saam Kang toe. By die motorhawe sou ons iemand vind wat na die hondjie kon omsien. Beate het haar tankbag leeg gemaak en hond het sy lÍ plek gevind. Sy het behaaglik uitgestrek. En was sommer gerieflik. Asof dit haar plek was. Het die laaste 15 km Kang toe gery.

By die brandstof plek 'n, wat ek vermoed, Damara vrou gesien wat dalk geskik gelyk het om as versorger op te tree. Maar ek het niks gevra. Brandstof getap en verder gery. En verder. En verder. En verder. En later deur 2 grensposte. Met brakkie wat in die tankbag saamry.
By die huis het sy al swakker gelyk. Sy wou nie meer water drink. Of iets eet.  Volgende  dag is sy veearts toe. Slegte nuus. Die hondjie is deurtrek van die katgriep. Die beste sal wees om haar leiding te verkort en is sy uitgesit. Dit was vir my hartseer. Tenminste het sy 'n 750 km motorfiets rit beleef in haar kort lewe. Meer as wat baie ander honde wat 15 jaar oud word kan se.

Skielik was die trip verby. Sommer net so.
Die trip het my oor baie dinge laat dink.
Ons leef in die tyd van selfone. En gps. Internet en Google Earth. Petrol verhogings en Eskom. As ons 'n bestemming kies is die eerste wat ons moet weet.... Het hulle wifi. En nie is die bier koud. Hoever is die naaste Hotspot van my verblyf. En nie hoe lyk die uitsig. Ons leef in die tyd van massa kommunikasie. Waar kan ek met die tablet op die internet kan gaan. En nie watter intressante mense gaan ek ontmoet. Gaan Google my kan opspoor. En nie watter intressante voŽl spesie gaan ek hier raakloop. Sal Whatapp werk en nie watter tale praat die mense hier in die omgewing.
As jy by 'n kamp plek kom sien jy mense met hulle fone. Besig met kommunikasie. Mense wat nie meer met mekaar praat. Maar met die selfoon. Mense wat net gou per internet moet inboek sodat almal kan weet waar hy is. Tye het verander.

NamibiŽ is 'n ongelooflike land. Katima en Rundu en Groot fontein. Kamanjab....elke dorpie het sy strate vol mense. Wambo' s, Ovahimba, Herero, boesman, Duitser, Afrikaners, basters. Strate vol mense. Ou vrouens, jong kinders. Donkies, beeste, bokke en honde. Hier en daar 'n lyf tengerig van swaarkry. Kleure. Aards. Reuke. Ook aards. NamibiŽ is 'n land wat jy met jou sintuie onthou. Hier word jou siel gelaaf. Jy word aards mens. Die groot Karoo in my eie land doen dit ook. Land wat jou gryp. Betower. Land waarna jy wens. En terug verlang. Dit voel na gesalfde lug. Aan die end van 'n kuier, as jy oor die grens gaan is dit asof jy van 'n beminde wegry. Jy draai om tot die grenspos net n spikkel is. En jy bid vir 'n weersien. Weerervaar. Weervoel. Weerkuier. En jy fluister die stuk land toe: seŽn vir jou. Ja, seŽn vir jou. Ek kom weer kuier.

Het so klompie maande gelede met die dink aan die toer my kinders ingelig oor my Desember maand se planne. En toe vir hulle ook die brief geskryf. So ter wille dat die brief in die reisverhaal bewaar bly plaas ek hom hier.
En eendag as ek opgebruik is, en ek my paspoort en bestuurslisens moet ingee en ek my  gedaan paar reis stewels finaal moet uittrek is daar 'n plek is waar ek weer die brief kan lees :

My liewe Kinders, ek het 'n geen. Ek weet nie hoekom ek hom juis het. Ek het 'n wanderlust geen. Die geen is my toegedeel.

Wanderlust is 'n selfstandige naamwoord wat 'n toestand by iemand omskryf. Maar dit kan ook 'n werkwoord wees wat 'n aksie omskryf deur iemand.
Jy weet jy ly aan wanderlust as jy oppad terug is van 'n lekker 2 weke se rondry en ervaar en jy met die terug ry alreeds begin beplan aan die volgende rondry. Jy ly daaraan as jy lighoofdig raak wanneer daar nie 'n rondry in die nabye toe koms is. Wanneer jy met verlange kyk as iemand verby jou ry en jy weet hulle is oppad na n ver plek. En jy kon ook gewees het. Wanneer jy daai wildekyk in jou oŽ kry as jy besef dat jy vir 'n lang ruk geen rondry planne het. En jou enigste uitkoms is om met die fiets deur jou woon gebied te gaan ry. Of die motorfiets op te saal en vir die pret Rustenburg toe te ry.

Wanderlust kom vanuit die Duitse taal. Die begeerte en malse behoefte om te reis. Per voet. Per fiets. Per motorfiets. Met die Landcruiser die bosse in. Per vliegtuig. Per trein. Per bus. Per donkie. En as nie een van hulle nou beskikbaar is dan per reisverhaal van iemand wat sy reis beskryf.

Wanderlust is 'n karakter trek. En vir die wanderluster is dit 'n positiewe feel good emosie.
Dit is ook so: 'n wanderluster kan homself nie help. Hy raak rusteloos. Die dwingende begeerte om 'n paar bondels in 'n sak te gooi en 'n vreemde pad te neem om te gaan kyk wat anderkant die bult lÍ. Hy kan homself bloot nie help nie. Hy moet dit doen.

'n Wanderluster gaan dan en wan terug na plekke wat vir hom betekenis het. Wat vir hom mooi was. En sag op die gemoed was. Maar hy wil elke keer 'n nuwe plek of dorp, of berg, of straat, of rivier, of see, of kultuur of mense sien en ontmoet. Hulle verkies ook elke keer die pad waar die minste mense of karre is. Die "road less traveled"
As jy wanderlust onderlede het sal jy selfs met 'n af voet en 'n kruk 'n stuk pad in die oŽ kyk en begin hink en pink na dit wat anderkant die horison lÍ. En as die anderkant van die horison gekom het sal daar net weer 'n nuwe horison wees wat wink.
Miskien is daar DNA oorblyfsels van 'n ou wÍreldse oer nomadiese lewenswyse van 'n gryse voorouer wat kom staan en terug slaan het by 'n wanderluster.
'n Wanderluster toer  Kaap toe. Hy ry agterpaaie. Grond paaie. Stop by klein dorpies. Besoek 'n afgeleŽ kroegie. En na 2 weke op die pad kom hy uiteindelik in die Kaap aan. En dan bly hy 'n dag. En begin terug ry. Want dit gaan nooit oor die bestemming. Dit gaan oor die reis. En in die reis kom jy dan wel by plekke uit. Daarom kan jy nooit verdwaal. Jy weet nie altyd waar jy is. Maar jy is iewers. En iewers is 'n plek. En jy was nog nie daar. En dit is nou die tyd om daar te wees.
Dit maak nie altyd sin nie. Maar dit hoef nie. Want die mens het Wanderlust onder lede.

Die lewe van 'n wanderluster is meer kere as ooit 'n eenvoudige lewe. Gestroop van al die luukshede waarmee mense hulle omring.
Voor elke trip is daar 'n opgewondenheid. Die begin van 'n nuwe hoofstuk. Van nuwe ervarings. Nuwe kulture. Nuwe horisonne.

My kinders, ek het 'n geen. Die wanderlust geen.

Die trip se dagboek vir die laaste keer toegemaak. Die laaste aantekeninge. Die afstand 4552 km. Gemiddelde brandstof verbruik van 20.1 km met die 1200 GS.
Om iemand met jou te laat saam ry bly 'n reuse verantwoordelikheid. Jy is die een wat op die end die verantwoordelikheid dra. Sorg te dra dat alles perfek loop. Beate het haar sooos 'n ou biker gedra.Dankie.

Dankie vir al die positiewe kommentaar.
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,491
  • Thanked: 480 times
    • dustriders.co.za
Re: African Meander
« Reply #61 on: February 09, 2020, 02:32:16 pm »
Ai dis hartseer daai hondjie het dit nie oorleef!! :( :'(
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline HB 9

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1100GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,356
  • Thanked: 9 times
Re: African Meander
« Reply #62 on: February 10, 2020, 08:06:53 am »
Hartseer oor brakkie....

Wat 'n AWESOME RR!! Nie net die pad wat julle gery het nie, maar die manier waarop dit verwoord is... dat mens die emosie en gedagtes kon ervaar!

Hats off vir jou en Beate met die Wanderlust - geen  :deal:  :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Tread lightly
 

Online Frannarossi

  • Vendor
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,615
  • Thanked: 3 times
  • karoorooster@gmail.com
Re: African Meander
« Reply #63 on: February 10, 2020, 11:18:47 am »
En so kom alle goeie dinge tot 'n eindeÖÖ.
Baie dankie vir 'n ongelooflike RR! :thumleft:
If you don't live on the edge,you take up too much space!!!
 

Offline JJL

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Free State
  • Posts: 123
  • Thanked: 3 times
Re: African Meander
« Reply #64 on: February 10, 2020, 02:21:12 pm »
Dankie Masai...

Soos altyd was ek vasgenael.

Jy mag maar skryf!!