African Meander

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Masai

Pack Dog
Joined
Nov 24, 2008
Messages
361
Reaction score
3
Bike
BMW R1200GS
Was so half 7 die oggend 11 Desember 2019. Dit tyd het aangebreek. Die reis Botswana toe.
Deur Namibia. En terug. Seker 4500 km se heerlike meander.
Ek dink ook die tyd het gekom dat ek die Heer toelaat om weer Sy woorde van genade en
hoop en goedheid oor my lewe kom skryf. Want Hy analiseer nooit Sy mense. Vir my ook
nie. En Hy etikitteer hulle nie. Vir my ook nie. Hy verstaan my. Hy weet ek pas nie altyd
in mense se kassies. Eintlik seker maar in min kassies.

Dit was erg mistig vroeg oggend. Alles om ons was nat. Die eerste paar kilometer van die bykans 3 weke trip wat voorgele het was stadig. Net sodat jou lyf en jou hande en jou kop die gevoel van die fiets vind. En daar n band tussen jou en fiets kan ontstaan. Ons het uitgesien na die trip. Beate se 650 was kort op my hakke.
Wie is ons? Twee doodgewone mense wat hou van motorfiets ry. Beate het 'n gewone 650 GS met sowat 48 000 km op die klok. Sy het al n paar keer vanaf Pretoria na De Rust gery met haar fiets. Sy kan haar dus self goed help. Ek : My naam is Piet. Ek ry 'n 1200 GS.
Die trip het begin. Ek het uitgesien na die vae reuk van gras. En bome. En hier en daar nat sand. Olifant
spore langs die pad. Vlakvarke wat vir jou staan en kyk. Klonkies wat waai. Donkie kar wat stop.
Ons het die Warmbad afrit geneem. Ons eerste stop sou Vaalwater wees.

Hier waar ek ry kon ek my verbeel dat ek die vrugbaarheid van water en grond kon ruik na die afgelope reën in die Limpopo.
Mense vra partykeer: is jy nie bang. Bang vir motorfiets ry? Netnou gaan jy dood op die
motorfiets trip.
Wat antwoord 'n mens? Ek praat dan weg van die onderwerp. As dit gebeur dan gebeur dit. Ek weet dan. So seker
soos wat ek hier staan.... ek het my rol gespeel. Die Skeidsregter het Sy fluitjie geblaas.
Ek is geboul. My penne staan krom. Ek sal die kolf onder my arm sit en aanstryk kleedkamer toe. Ek sal na die telbord kyk. En glimlag oor 'n magiese kolfbeurt. Elke lopie onthou. Ek sal lekkerkry.

Ons het die pad Vaalwater toe geneem. Brandstof getap en die pad Marken toe gevat.

Marken soos ek hom 20 jaar terug ken is anders vandag. Maar dit is Afrika. Altyd
veranderlik. Marken het gekom en gegaan. Baltimore en Marnitz. Twee plekkies uit my
jeug. Tom Burke. En Groblersbrug. En daar was dit chaos. Ongelooflik baie trokke. Alle
paaie is versper.
Aan die ZAR kant kon ons verby almal ry en voor gaan stop. Die
grenspos was vinnig. Geen moeilikhede. Maar toe kom die probleem. Die brug is net vir
enkel voertuie gebou. En hy was geblok. Deur vragmotors. Geen oorgang. Uiteindelik tog
beweeg. Oor die brug en die motorfietse kon verby die lang tou voertuie beweeg. Deur
nou gate en skeure in die verkeer en heel voor gaan stop.

Die grens pos kantore was nie regtig so besig. Dink al die bestuurders sit in trokke en probeer
beweeg. Dit kos P 228 vir derde party ens per motorfiets. Kwa Nokeng was die eerste
stop. Tentjies gemaak staan en bier gaan soek. Was baie baie lekker. Hout is duur. P35
per bondel. Het het die kok omgepraat en sy het vir ons pap en sous gemaak en die
Pretoria wors wat saam gery het gebraai. Koste P50. Vir beide 'n bargain. So lekker
geëet.
Kamp plek kos P125 per persoon. Die Limpopo is droog. Jy kan droog voets deur
stap. Drie voertuie met waentjies en karavaan het gestop. Hulle groot afpak het begin.
Een van die mans het nader gestap en kom groet. . Hulle is van Nelspruit en hy is ook 'n
motorfiets ryer. Dit was n lang dag. Eerste dag is mos altyd intens. Totdat jy die ritme vind. Bietjie boek gelees en weg geraak.

Volgende oggend opgestaan en agter gekom die verkeerde gas botteltjie vir die klein
burner is gepak. Koffie was dus net 'n gedagte.
Het die ekstra vleis in hulle vrieskas gehad en gaan haal. En gesien dat die rivier in die
nag begin loop het. Ek vermoed die water was seker 1.5 meter diep. Soos 'n dief in die
nag het hy gekom. Ons avontuur het begin.

Hierdie reis is maar soos elkeen van sy voorgangers. 'n Bevryding om jou Wanderlust te
gaan uitleef
Ek het iewers langs die pad om geen rede aan Maartin Luther gedink. Aan sy lewe en sy
werke en wat hy gedoen het. Dat hy op 'n ander manier vry wou word. Vry van die
teologie van vrees. Vrees wat teer op skuldgevoelens en boetedoening wat die boustene
was van die ou kerk. En op 31 Oktober 1517 het sy gewete met die hamerslae en
spykers op die deur van die slotkerk van Wittenberg tot uiting gekom. En hy sy 95
stellings as 'n ultimatum geopen het. En hy sy vryheid ge-eis het. Vry om 'n lewe sonder
skuldgevoel in God se liefdes dampkring te gaan leef.

En ek verstaan iets van vryheid. Om jou eie mens te gaan wees. Om jou eie lewe te
gaan leef. Vry van bande wat jou ketting. Vry en nie beheer te word deur klaskaptein.
Vry om nie fotostaat te gaan wees van 'n ander. Vry om jou eie denke te volg. Vry om te
ry waar jy wil en te geniet soos jy wil.

Ons het uitgesien na ons African Meander
 

Attachments

  • IMG-20191211-WA0039.jpg
    IMG-20191211-WA0039.jpg
    284 KB · Views: 579
  • IMG-20191211-WA0041.jpg
    IMG-20191211-WA0041.jpg
    172.4 KB · Views: 572
  • IMG-20191213-WA0046.jpg
    IMG-20191213-WA0046.jpg
    309.8 KB · Views: 566
  • IMG-20191211-WA0024.jpg
    IMG-20191211-WA0024.jpg
    168.4 KB · Views: 569
Top