Vir baie jare dra ek nou al elke dag hierdie cheapie saam met my. Ek het drie van hulle, maar twee is veilig gebêre vir wanneer hul dag kom.
As ek die geld kan hê van die hoeveelheid springbok biltong wat hy al gekerf het en voersakke wat hy al oopgesny het dan was ek n ryk man. Ek het wel n Joseph Rogers wat iemand my persent gegee het, maar gebruik hom nie ,want ek is te bang ek verloor hom.
Ja nee Chris - Die' messe is darem wragtig goeie waarde vir geld gewees. Ek glo dat vandag se jong seuns / manne hulself doodskrik, as jy vir hulle 'n Victorinox/Okapi/ Joseph Rodgers messie gee as 'n geskenk.
Ek stuur vir jou 'n klein Leatherman (Jy het eerste jou mes gepost op die thread
) as 'n geskenk.
Geniet hom 
Sommer net n storie van ons familie se kinners se jongdae
N instelling het gevorm toe 3 van die jongmanne se ouderdomme gewissel het tussen 10 en 3
As ons gaanwild kamp moes hul help vuur maak, stap stokke sny om spinnerakke weg te vee uit die bospaadjies, skerpioene wegjaag ens
Natuurlik ook stokke sny vir stokbrood en marshmallows braai.
So het hul geleer om met n mes te werk en self liefde vir messe ontwikkel
Hier gedurende die grootdae wat nou verby is probeer ek met my sukkelende dom hande (Carpal tunnel sindroom)iets sny, so gebeur dit dat ek na my toe sny, Simon nou n wereldwyse Stellies student het nader gestaan die mes saggies uit my hand geneem en saggies gesê kan ek help......
Mens sny mos nie na jou toe, soos oom ons geleer het
Manne ek was sommer trots en hartseer so op die selfde tyd
Sent from my SM-G965F using Tapatalk