Nee beslis nie.
Ek neem aan D2 is beter gehalte staal?
Die mes hierbo is ook 'n Bestech, en ja D2 is puik staal, maar daar is baie tipes staal wat puik is vir knipmesse.
Bestech het die laaste tyd net D2 begin gebruik, en daarom die vraag.
Die verskillende staal bepaal die karakter en eienskappe van die lem.
D2 hou sy edge baie goed, en bly lank skerp, maak ook maklik skerp, maar hy kan roes, en daarom moet mens dit maar gereeld met Ballistol afvee.
M390 roes glad nie, maar is 'n bitch om skerp te maak.
Bohler N690 val so tussen die bogenoemde twee staal tipes
Daar is 'n moerse groot verskeidenheid puik staal
Jou bestech is seker die mooiste een wat ek al gesien het, en hulle is nie meer niet te koop nie. Aluminium raam?