Did Tomahawks is baie goedkoop in did States, ek koop n stel SOG gooi Tomahawks en speel met dit (3 in n stel) terwyl die ander ouens weer boog skiet of wat ookal.
As ek nou weer oorgaan sal ek weer n stelletjie koop en dalk n boog ook vor die reën dae wat ons nie kan werk nie.
Lekker van SOG is dat hy baie goed gebalanseerd is, en dan sy skerptheid behou vir lank.
Die een wat ek by die huis het kom van Iraq af, ek is baie heilig op die outjie en kap niks met hom. Ek het nie wapens nie en dit is my enigste lyn van verdediging as n skelm dit tot in my kamer sou kon maak wat ek hoop nooit gebeur nie. Ek weetnie of ek n man of n muis sal wees die dag as ek in n hoek gedruk is en net n Tomahawk in die hand het.
Ons het in n marine basis gewoon en ons Psd manne moes verpligte saam hulle skiet oefening doen, en dan ook opleiding (close combat) met handwapens - Tomahawks en mes. Dis waar ek geleer het van die kwaliteit van SOG waarby ek sweer vandag.