100 km dagrit

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dual

Race Dog
Joined
May 2, 2010
Messages
3,237
Reaction score
583
Location
Hermanus
Bike
BMW R1200GS
Lanklaas hier naby die huis gery
Vandag lus gehad om te skuur
Dit was vrek warm en ek het gelyk of ek deur 'n stort was toe ek tuis kom, maar dit was heerlik, all by myself

Highlands, die pad lyk soos 'n gravel highway, die beste wat ek hom in jare gesien het en hy was al sleg gewees

















By Elgin aangery om die stoom lokomotief te sien, altyd 'n lekker op 'n Saterdag











Vriendelike drywer



Lekker mark die





Terug huis toe en moet ek teerpad vat of die ou Houwhoek, stupid vraag, natuurlik die grondpad





Die pad is in 'n redelike toestand, hier en daar los sand en klippe, maar heel goed oor die algemeen





Maar dit het weer sleg gebrand 'n paar weke gelede, dit lyk soos 'n maan landskap





















Die grafte is lankal beskadig, omtrent al die grafstene omgestamp en beskadig, geen respek nie



Die volk plak oral en mors erg





Ek vra een man wat daar loop hoekom daar so baie vullis is en hoekom hou die mense nie die plek skoon nie, antwoord hy my, it's the municipality's job, not ours
Dis skokkend erg om al die rommel langs die paaie te sien om nie eens van die gesondheidsrisiko te praat nie



Botrivier hotel en tyd vir 'n koue
Ek het die alkohol al in 2018 gelos en hierdie coke was uitstekend vir die hitte en dors





Voorwaarts, die ou staalbrug oor die Botrivier
Ek het gehoor dit was die trein brug na Hermanus maar toe het Sir William Hoy die hele trein storie gestop, wou Hermanus 'n stil rustige dorp gehou het, dit het verander, met of sonder die trein



Karwyderskraal pad



Ons plaaslike dam en hoofbron van water, De Bosdam, tans 48% water







Die oorloop het lank laas water gehad





Wat 'n lekker trip sommer so om die draai van die huis af, alte lekker

 
Top