Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Bike ry 101  (Read 352 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline WannaBeJoe

  • Member
  • **
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Western Cape
  • Posts: 70
  • Thanked: 18 times
  • Are ya gonna pull those pistols or whistle Dixie?!
Bike ry 101
« on: February 09, 2020, 10:11:57 am »
Ek doen nou maar die millennial-ding: education-by-YouTube.

Gaan nie altyd so bul nie, ek is nou al twee keer bo-oor my handlebars (gelukkig teen lae spoed) en die KLR begin nou pragtag karakter kry ........ sans 'n spie"eltjie of twee    :-[

Ek sal graag so 'n paar vragies hier wil vra oor tegniek en-so-meer:

1) Volgens baie MX ryers moet jy op die bal van jou voete staan op die peg. Gee jou bene meer kans om deel van die suspensie te raak en jy kan die bike goed vasknyp en stuur met jou kniee. Ek sien egter dat baie ouens op die brug van hulle voet staan. Die bietjie wat ek hier op die plaas ry vind ek dat vir die rowwe goed (dis nou waar ek oor die handelbars donner) dit beslis beter werk op die bal van my voete. Ek sukkel egter nog so effens om die agter-rem en gear lever te bedryf vanaf hierdie posisie. Ek speel al 'n rukkie met die posisie van my gear lever vir makliker ratte skakel en dink nou selfs om my agter rem se pedaal bietjie nader aan die peg te bring asook effens te lig. Wat maak julle?

2) Het bietjie die bike se gat begin uitgooi op grondpad, maar teen baie lae spoed. Nogals wonderlik hoe maklik jy die bike se neus teen 'n skuinste kan uitdraai as jy die agterwiel laat spin en gly. Ek is egter vreesbevange om op 'n grondpad teen hoer spoed so iets te doen. Moes al 'n keer of wat myself uit 'n sloot werk langs die pad omdat ek te vinnig in 'n draai ingegaan het en net te bang was om haar skuins te kantel en bietjie gas te gee. As ek mooi moet dink oor die saak dan is die probleem dat ek nie werklik weet wat die voorwiel gaan doen nie. Van my ander grond-glyery is dit duidelik dat as die voorwiel eers byt dan is dit eintlik maar net 'n kwessie van die slide beheer met die throttle en nie toe te laat dat die agterwiel te ver verbyswaai nie. Is die gly van die agterwiel rondom 'n draai op 'n grondpad teen spoed iets wat 'n essential skill is? Hoe gemaak om daai vertroue te kry dat die voorwiel nie gaan gly en die bike net heeltemal onder mens uitgly nie?

3) Die konsesus blyk te wees om so bak-arms oor te buk as jy staan en ry en die throttle te draai soos 'n "door knob". Ek vind egter dat met so 'n throttle posisie ek soms per ongeluk die ketels meer oopdraai as wat ek beplan het: dit gebeur gewoonlik as ek oor bietjie meer rowwe terrein beweeg en ek agtertoe getrek word soos die neus dalk 'n hobbel slaan. Wat dan gebeur is my arm trek reguit en noodgedwonge klou ek meer vas aan die handlebar, my gewrig trek dan terug saam met my arm en omdat ek so vasklou trek ek onwillekeurig die throttle oop ....... ek het al komiese oomblikke beleef. Het ek net pap gewriggies of is daar 'n truuk of twee wat ek mis?

4) Effense ander vraag: hoe raak mens betrokke by enduro ry? My seun is taamlik stout oor sy motorfiets en die vrae oor hoe om te ry het vinnig bo my karige kennis gaan draai. Het vir hom van David Ellis se videos gewys en hy is super-opgewonde om eendag so te kan ry. Maar hoe kom ons daar? Is daar opleiding iewers? Begin mens maar by MX?

Dankbaar vir enige raad!
 
"That's what I like about you, Nolan. You never lick, you bite straight to the chocolaty centre of the tootsie-pop",  I-Rok

Previous bikes:
Honda CB750K aka Koue Anna
KLR650
 

Offline 2StrokeDan

  • I've been to paradise, but i've never been to me....
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 22,496
  • Thanked: 1041 times
  • RD350 and Rossi!!!!!!
Re: Bike ry 101
« Reply #1 on: February 09, 2020, 11:00:52 am »
Daar is n Dakar ryer wat sy enkel gebreek het van op die bal van sy voete te staan. :peepwall: maar dit is so dat jou die beweging van kuitspiere ook gee vir suspensie.

Jou voorwiel moet altyd wys in die rigting wat jy gaan, en verder is versneller kontrole alles. Te veel versneller, en die agterwiel kom uit, te min en jy verloor die slide. Geheim is om die agterwiel aan die spin te hou.

Die beste posisie vir, as ek die slag staan, is om my voorarm redelik horisontaal te hou, dan het jy min kans dat armbeweging jou versneller kan oop/toe maak.

Enduro's in die Wes-Kaap?  Praat met ouens soos Buff of Berserker, hulle behoort jou in die regte rigting to wys.
 

Offline Ri

  • Bikermouse
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,271
  • Thanked: 538 times
  • DR650 Admirer
Re: Bike ry 101
« Reply #2 on: February 09, 2020, 01:32:06 pm »
Ek weet niks, ek val nog steeds op amper elke rit. Staan op, stof af, tel bike op en ry verder. Enige slides wat ek doen is geheel en al onbepland.

Jy kan op WCOC se site gaan kyk vir enduros en funduros (wat ek ook graag wil begin doen, maar om in ander mense se stof te probeer jaag... eish) http://www.westerncapeoffroad.co.za

Twee adventure kursusse waarvan ek weet: een is Jumpers Place Willowmore op Facebook. Hulle het nou 'n beginners en meer gevorderde kursus naby Klapmuts geadverteer. Ander een is Henk Kotzee (Look What You're Missing) wat by Killarney en ander venues beginner en gevorderde kursusses aanboed.

Dan is daar Bike X Cape net verby Tankwa Padstal. Hulle het 'n hele reeks plastics en hulle leer jou hoe om die goed te ry. Hierdie klink vir my na die roete om te gaan as mens powerslides wil kan doen. Ek sien nie melding daarvan op hulle webblad nie, maar Michelle het my daarvan vertel, en paar mense wat ek ontmoet het vat hulle kinders soontoe vir lesse. https://www.bikexcape.com
Tales of the Purple Turtles: Ride Reports
PROJECT SAS WILDEHOND III Contributions: R Snyman Capitec Savings Account 1545860511 Balance (2017/12/07): R3,190.23 - R1,600 for steel purchase
 

Offline Monkey#13

Re: Bike ry 101
« Reply #3 on: February 10, 2020, 08:20:13 am »
Of all the positives regarding the KLR, handling is not one of them. It is rather top heavy, the brakes are marshmallows and the suspension is soft. It is not fast to corner on dirt, gravel or pavement.

What tyres do you have on? If you don't ride on pavement often or for long stretches, i would recommend slapping on the most aggressive full-knobby tyres you can find. That alone can make a huge difference in handling. Having confidence in what the rubber does is probably the most important aspect of all.

Have you had any suspension work done? Get the suspension set up for your weight. That is the expensive option and you will still not have a bike that corners great, just better.

If you've already done all of this, just keep going at it. Focus on shifting your weight around to keep that front wheel planted. Stop practicing when you get tired - we get lazy and all the wrong habits gets engrained.





Sent from my FIG-LA1 using Tapatalk

KLR for work,
CRF for play!