Bike ry 101

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

WannaBeJoe

Pack Dog
Joined
Sep 29, 2019
Messages
451
Reaction score
237
Location
Western Cape
Bike
Kawasaki KLR 650
Ek doen nou maar die millennial-ding: education-by-YouTube.

Gaan nie altyd so bul nie, ek is nou al twee keer bo-oor my handlebars (gelukkig teen lae spoed) en die KLR begin nou pragtag karakter kry ........ sans 'n spie"eltjie of twee    :-[

Ek sal graag so 'n paar vragies hier wil vra oor tegniek en-so-meer:

1) Volgens baie MX ryers moet jy op die bal van jou voete staan op die peg. Gee jou bene meer kans om deel van die suspensie te raak en jy kan die bike goed vasknyp en stuur met jou kniee. Ek sien egter dat baie ouens op die brug van hulle voet staan. Die bietjie wat ek hier op die plaas ry vind ek dat vir die rowwe goed (dis nou waar ek oor die handelbars donner) dit beslis beter werk op die bal van my voete. Ek sukkel egter nog so effens om die agter-rem en gear lever te bedryf vanaf hierdie posisie. Ek speel al 'n rukkie met die posisie van my gear lever vir makliker ratte skakel en dink nou selfs om my agter rem se pedaal bietjie nader aan die peg te bring asook effens te lig. Wat maak julle?

2) Het bietjie die bike se gat begin uitgooi op grondpad, maar teen baie lae spoed. Nogals wonderlik hoe maklik jy die bike se neus teen 'n skuinste kan uitdraai as jy die agterwiel laat spin en gly. Ek is egter vreesbevange om op 'n grondpad teen hoer spoed so iets te doen. Moes al 'n keer of wat myself uit 'n sloot werk langs die pad omdat ek te vinnig in 'n draai ingegaan het en net te bang was om haar skuins te kantel en bietjie gas te gee. As ek mooi moet dink oor die saak dan is die probleem dat ek nie werklik weet wat die voorwiel gaan doen nie. Van my ander grond-glyery is dit duidelik dat as die voorwiel eers byt dan is dit eintlik maar net 'n kwessie van die slide beheer met die throttle en nie toe te laat dat die agterwiel te ver verbyswaai nie. Is die gly van die agterwiel rondom 'n draai op 'n grondpad teen spoed iets wat 'n essential skill is? Hoe gemaak om daai vertroue te kry dat die voorwiel nie gaan gly en die bike net heeltemal onder mens uitgly nie?

3) Die konsesus blyk te wees om so bak-arms oor te buk as jy staan en ry en die throttle te draai soos 'n "door knob". Ek vind egter dat met so 'n throttle posisie ek soms per ongeluk die ketels meer oopdraai as wat ek beplan het: dit gebeur gewoonlik as ek oor bietjie meer rowwe terrein beweeg en ek agtertoe getrek word soos die neus dalk 'n hobbel slaan. Wat dan gebeur is my arm trek reguit en noodgedwonge klou ek meer vas aan die handlebar, my gewrig trek dan terug saam met my arm en omdat ek so vasklou trek ek onwillekeurig die throttle oop ....... ek het al komiese oomblikke beleef. Het ek net pap gewriggies of is daar 'n truuk of twee wat ek mis?

4) Effense ander vraag: hoe raak mens betrokke by enduro ry? My seun is taamlik stout oor sy motorfiets en die vrae oor hoe om te ry het vinnig bo my karige kennis gaan draai. Het vir hom van David Ellis se videos gewys en hy is super-opgewonde om eendag so te kan ry. Maar hoe kom ons daar? Is daar opleiding iewers? Begin mens maar by MX?

Dankbaar vir enige raad!
 
 
Top