Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Emmertoer lys  (Read 2477 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline MRK Miller

Emmertoer lys
« on: February 13, 2020, 05:52:38 pm »
So het die tyd aangebreek, om een van my groot emmer lyste aan te pak. Die roete is beplan, my motorfiets se nuwe laer voet penne is op met die nodige aanpassings op die rat en remhefboom. En nadat ons hom eenkeer moes uitstel omdat Rikus, my oudste seun sy motorfiets bestuurs lisensie moes gaan doen, wat hy geslaag het, is daar nou nie meer eintlik iets wat in ons pad staan nie. Hennie sou saamgery het, maar weens die feit dat hy nie die datums verskuiwing, aangeskuif het by vroulief nie, het sy vroutjie reeds iets anders in gedagte gehad. Ons almal weet waar lÍ daai lojaliteid.
Meeste van my goed is reeds gepak en ek gaan werk toe vir die nagskof met die doel om so uur en n half vroeŽr te loop, om so vroeg as moontlik in die pad te klim, aangesien dag een n redelike stywe entjie is. 316km volgens die gps. Die masjiene loop mooi, en 04h00 begin ek my self solank geestelik voorbery om huiswaarts te keer. Maar ons is nie in beheer nie, en Hy wat in beheer is het ander planne. My gereedskap is eintlik klaar gepak, maar 04h15 kom my tegnikus in en laat weet my een van die masjiene het n helse ongeluk ondervind. Ek word yskoud tot in my binneste. Bly toe maar met n swaar gemoed tot 06h15, om aan die masjien te werk, en in my binneste grom dit, maar in my hart weet ek Hy wat in beheer is het n rede hoekom goed gebeur, so ek probeer berus daarby.
Die lekker van skof werk is, jy bly nie laat nie. Jy gee oor aan die volgende ou en hy gaan aan. So gaan ek toe huistoe na 12 ure nagskof, met klomp goed wat deur my kop draai, oor moontlike goed wat ek nog moet pak, gaan ons die oorspronklike bestemming beryk, gaan ek en die gps n lekker verhouding hÍ op die avontuur, gaan die seuns dit geniet, gaan die vrouens reg wees alleen by die huis, hoe gaan ek die avontuur sonder die groot liefde van my lewe suksesvol kan deurmaak, ens ens.
By die huis aangekom is Rikus besig om sy skildplaat onder die fiets vas te maak nadat hy vroŽr die maand n olie lek reggemaak het. Die seuns is op en wakker maar die vrouens slaap nog. Ek kry gou al my oortollige goedjies reg en koppel die gps draatjie op, soek die, soek daai. Met al die gesoekery word vrouens ook wakker, en die huis is een groot geskarrel, nadat ons die vorige aad n paar kers geskenkies uitgedeel het wat as deel van die avontuur moes saamgaan, so dit is een deurmekaar spul.
Maar uiteindelik kom alles tot n orde en ons is reg om te ry. Ek vermoed Monica wou nog n foto neem van ons drie, maar ek reken die tranetjies het baie naby gesit, en ek in my gemoeds toestand het nie eintlik gedink om haar daai geleentheid te gee nie, en terwyl Anika vir ons die hek oopmaak, brul die twee klr's in die pad af, waar die groot oomblik homself uiteindelik tot n werklikheid bring. Ek op my fiets, en Rikus en Eben op sy fiets. Hy het besluit klein boet ry saam met hom die keer, wat ek waardeer, want Rikus is n baie beter ryer as ek. Ons ry verby Nigel waar ek eers moet stop vir wiel pomp. Sien die klep staan so effe skeef ,  maar die wiel bly hard so kom ons ry. N kwessie van opgewondenheid wat sterker is as goeie gesonde wysheid. Amper soos twee jong nuwe verliefdes. Op die R51 vat ons so skelm paatjie na links deur n mooi kloofie, wat ons na die Witkop pad toe vat. Op die witkop pad draai ons regs net vir so ent tot op die volgende buld, vat ons weer so slap regs en mik vir Greyling stad. Ons is maar vinnig hierdeur aangesien ons baie dag uit rytjies in hierdie omgewing doen. Dit wat ons nou wil sien lÍ daar vÍr.
By Greyling stad is dit so ent op die teer links en toe weer regs op die volgende grondpad. Sukkel eers om n begin punt te kry, aangesien daar padverbouings, maar die is mos nou n grondpad, bospad, beespad avontuur, en ons ry sommer so deur die veld tot by die grond pad. Na so ent is dit eers tyd vir n blaas kans, om die agter stewe so bietjie lug te gee, en so bietjie met die kamara te speel. Ons kom by n t-aansluiting net so voor die povinciale grens en draai daar links, en dan weer regs by die Rondavel laer skool pad.

Rikus wys halt, en ons trek af vir n lekker bene rek. Sy fiets se toere teller het afgekom onder die informasie paneel. Die word straks terug gesit, ons kou iets en aanskou die uitgestrekte wÍreld om ons.

Ons beryk n spleet in die pad en hou regs. Op die kaart is dit n tipe sirkel roete wat n mens kan ry.
So na aan die einde van die sirkel roete kry ons twee enorme masjiene wat seker op pad is na die lande toe wat hulle gaan werk. Die een het ons raak gesien en hulle maak plek, vir ons om verby te kom. Van daar kronkel die pad af tot in Vrede, met wyd gestrekte vlaktes en die berge in die agter grond.

Dit is n mooi pad, en ons vorder goed. Die wolke hang dik in die lug, maar ons is te opgewonde om ons regtig daardeur te laat afsit. Hulle lyk in elkgeval nog vÍr.

In Vrede is dit waar ons opvul met brandstof, n biltongtjie of twee koop, en n foto van die kerk neem.

Uit vrede vat ons die Kerk str, en draai dan links op die R34 en neem die twede grondpad regs. Weereens n baie mooi pad, wat so ligte stoffie opskop as n mens ry, met die berge wat begin wys in die verte. Ons verby n paar koppe, dan nog ooptes met die berge wat mens nou begin toevou. Ek stop met eens, want voor ons, het ons op n meesterstuk uitsig afkom. Ons staan eers by wat bekent staan as Draai hoek se hoogte pas, en n paar foto's word geneem. 

Ons kan die pad daar vÍr onder sien. Ek besluit toe ek gaan sonder motor geraas hier af sweef, wat Rikus ook toe doen. Dit is stil, en net die gesuis van die wind in n mens se hare en die wiele wat draai op die netjies hard getrapte pad is al wat mens hoor. Ek loer af na die informasie paneel en sien ons trek al op 90 km/h. Op n stadium is daar n kinkel in die pad en n mens moet die brieke so effe aanvat, om die draai te maak. Die hele stuk pad is seker so 3km voor mens onder in die valei weer die opdraande aanvat.
Ons bereik n T-aansluiting en draai links. Ons ry in n mooi kloof op vir omtrent 8 km waar ons bo-op die platoo n hek kry. Die gps wys ons moet hierdeur. Die hek is nie gesluit nie, en ter aanskoue van die mense wat op die landerye werk, maak ons die hek oop en weer toe nadat ons deur is. Niemand sÍ iets nie. Dit is so dowwe twee spoor paaietjie wat mens weer in die kloof afvat. dit is ook n baie mooi uitsig, met die reŽn wat opgewonde in die verte wag dat ons binne afstand van sy bereik moet kom. Ek het intussen n hoender op my getrek en my reenjas baatjie aangetrek, want ek is nie lus vir natreŽn nie. As my bo klere net kan droog bly is ek gelukkig. Pla nie soveel as die broek nat is nie.

 
I would rather fall a thousand times, and keep riding, than to stop riding and never fall
 

Offline eberhard

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Moto Guzzi (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,284
  • Thanked: 507 times
  • Time takes a cigarette...
Re: Emmertoer lys
« Reply #1 on: February 13, 2020, 09:31:16 pm »
 :thumleft: :thumleft: 'n Klompie lekker foto's daar :thumleft:
eberhard
Agostini 1000
R90S
R80/7
R75/5 Big Boy 150 Vuka 110
 
The following users thanked this post: MRK Miller

Offline Noneking

Re: Emmertoer lys
« Reply #2 on: February 13, 2020, 09:47:59 pm »
Mooi fotos! :thumleft:
2007 KTM 990 S
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 
The following users thanked this post: MRK Miller

Offline MRK Miller

Re: Emmertoer lys
« Reply #3 on: February 14, 2020, 05:48:25 am »
Rikus het die mooi fotos geneem. Die wat nie so mooi is, is myne, vir verskye redes, wat ons sal optel so tussen deur :deal:
I would rather fall a thousand times, and keep riding, than to stop riding and never fall
 

Offline MRK Miller

Re: Emmertoer lys
« Reply #4 on: February 14, 2020, 06:01:54 am »
Ons kruis die die Cornelis revier, en bereik weer n T-aansluiting waar ons links draai. Hier begin die berge mens toevou in die klowe, wat uitgestrek voor jou lÍ. Die klowe is nie al wat voor ons troon nie. Ons het die wolke massa beryk wat ons vroeŽr as doer vÍr beskou het. Dit is n lekker pad, maar nie sonder insident nie. Ons hou die wolke dop wat swaar hang en die weerlig wat verf op die berge, toe ek met eens voel my fiets se agtestewe is nou nie meer lekker vas nie. Eers dink ek dit is baie los klippe wat sover die pad besaai, maar dit voel anders. Ja n pap wiel, en die druppels dreig dreig al lekker.  ::)

Nou ja wat is daar om te doen. Ek haal solank die wiel af,

en Rikus en Eben kry die spaar binneband en plakgoed uit, afhangende van wat fout is.
Die rubber het by die lugklep afgeskeur, met die dat hy so skeef gestaan het. So leer n mens maar. Hou die opgewondenheid in en luister na die wysheid. Daar word vinnig gewerk tussen ek Rikus en Eben, terwyl daar ook intussen n plaas bakkie stop om te hoor of ons regkom. Die ou het so vinnig deur die venster rond geloer toe laat val hy die volgende nog voor ek kon antwoord. Neewat julle het geen hulp nodig nie, julle is goed ingerig. Met die is hulle daar weg.

Die binne band word ingesit en die tweegang fiets pompie ingespan, maar hy pomp nie eintlik nie. Asof hy net asem haal, in en uit. Hy word gou oopgemaak en daar word stof gevind op die agterste seel. Die word skoon gemaak, en weer aanmekaar gesit, toe pomp hy dat die biesies bewe. Die wiel word mooi hard toe word die lug bom ( Dankie Abre) ingespan net om die band mooi hard en op die vellng te kry. Terwyl Eben en Rikus weer alles bymekaar maak, en wegpak, sit ek gou die wiel en remklauw terug in plek, en ons is weer reg om te gaan. n Absolute span poging. Eben het ook intussen besluit die reŽn lyk te naby en sy reŽn beskerming word ingespan.

Op die vyfde foto is verkykerskop in die agter grond

Rikus het besluit om n kans te vat, tot sy spyt.
Net voor verkykerskop word die hemele se emmers leeg gemaak. Eers klein emmers, maar hoe langer ons wag om ons reŽn beskerming in te span, hoe grooter word die emmers. So asof daar gesÍ woord, julle sal dit aan trek. Ons stop by n groot erf met huisies op wat lyk soos n gaste huis, en die ou is buite, en verneem of hulle kamp plek het, want daar is baie oop graskolle, Nee sÍ die vent, net gaste huise, teen R300 per persoon. Ons ry aan, tot onder n boom want R300 pp is bietjie rof. Hier span ek en Rikus ook ons reŽn gewate in want die emmers het nou canne geword. Ons bespreek nog of ons n bietjie daar moet wag toe n weerlig naby klap, en onder n boom staan en weerlig loop nie saam nie. Ons ry toe, en n km of wat later toe draai ons links weer op n grondpad, en toe is die emmers water ook klaar. Ons hou toe maar die reŽn gewate aan.


Die paaie is nat en vol riviertjies water wat oral afloop, maar gelukkig is dit klipperige paaie, baie los klippe. Ons kruis n rivier wat lekker sterk vloei, darm oor n brug, en ry aan.
Ons beryk n T-aansluiting, en gaan regs, en sommer dadelik weer links. By die volgende afdraai, is die pad verspoel. Ek ry deur, en die water raak diep, tot by my knieŽ, maar ek draai die fiets se hoor so bietjie ekstra om momentun te hou terwyl ek die diepte mooi dophou. Ek maak dit deur en staan reg met die kamara.

Rikus is meer versigtig met boeta agter op, en het nie genoeg momentum nie en die fiets vrek, in die middel.

Ek sit toe die kamara, waarmee ek foto gemaak het in my reenjas se sak, en gaan help gou en stoot die fiets deur, terwyl Eben dood luiters bo-op sit. Ander kant wag ons so effe, eet n lekkerny en besreek die situasie. Ons verneem van die gps hoe vÍr is ons oornagplek nog. So 6km laat hy ons weet. Rikus druk weer sy fiets se genot knoppie en daar gaan hy.

I would rather fall a thousand times, and keep riding, than to stop riding and never fall
 

Offline eberhard

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Moto Guzzi (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,284
  • Thanked: 507 times
  • Time takes a cigarette...
Re: Emmertoer lys
« Reply #5 on: February 14, 2020, 06:11:37 am »
Dit is 'n avontuur :thumleft:
eberhard
Agostini 1000
R90S
R80/7
R75/5 Big Boy 150 Vuka 110
 
The following users thanked this post: MRK Miller

Offline MRK Miller

Re: Emmertoer lys
« Reply #6 on: February 14, 2020, 06:26:13 am »
Ons vat weer die pad vas, en stop nog so en maal vir fotos. Op die eerste foto kan die rede vir kamp skeurklip se naam gesien word met die klip en sy skeur. Lyk vir my baie soos ďmr crabsĒ se klou op ďsponge bobĒ . Ons sal later beter sien hoekom.

en kort voor lank stel die gps my in kennis, ons afdraai is beryk. N baie interresante afdraai, en ek wens tot nou toe ek het n kop/aksie kamara gehad, Oor die bult, dan af in die vallei in, tot by die huis.
Hier ontmoed n vrou ons en verduidelik so vinnig die rigting na die kamp, en betaal ons R300 vir AL drie van ons.

Kamp skeurklip, vir al julle mense daar in Natal. Gaan kyk gerus. 0829261531. Van die huis af is dit n stewige 4x4 roete onder deur die reviertjie, dan weer op teen n lekker styl bult, oor die grasvlaktes, deur n hek en nog n riviertjie tot by die kamplek. N fantastiese ry op n avontuur fiets

Voorwaar n juweel van n plek. Ablusie geriewe met warm water wat ek tydelik buite werking gestel het, maar die eienaar het gesÍ hy sal dit spoedig herstel. Maar dit vertel ek later. Ons pak af en die belangrikste nou is om die donkie vir die warm water aan die gang te kry. Die donkie is onder n dak, so daar is droŽ koerantpapier, vuurhoudjies, en fyn houtjies klaar gepak. Die grooter houte is biute en is nat van die reŽn, maar word gou droog gebrand. Die vuur is aan die gang, en terwyl eben hom houte voer en n wakende ogie oor hom hou dat die vuur nie vrek nie, pak ek en Rikus af en slaan tente op. Ons het visstokke gebring want hulle het gesÍ hier is n dam met swart bars. Rikus het so paar draaie gaan loop, maar sonder sukses om die dam te kry. Met die laat wegkom is daar elkgeval baie min tyd vir visvang, so hulle kry die dag af. Dit reŽn nou net baie liggies. Met die wat ons die reenjaste uit die sakke gehaal het vroeŽ in die reŽn het meeste van die goed in die sakke ook nat geword, so dit word onder die klein dakkie by die kombuisie gehang, en in die ablusie geriewe.

Hier vind ek toe in my reenjas se sak my foon en Rikus se kamara, in die water lÍ. Baie hartseer, want al die dag se fotos is daarop. Ons is die enigstes daar, so ons kon ons goed oral hang om droog te word. Ek sleep ook een van die vuurherte nader waarop ons ons vleis sal gaarmaak en maak vuur naby al die klere sodat hulle so bietjie van die hitte kon kry. Met die reŽn wat nou heeltemal gewyk het, sit ons ook van die klere bo-op die dakkie van die donkie, wat lekker warm gebak word. Ook die slaapsakke wat nat geword het hier en daar word daar droog gemaak. Eben het intussen n kopseer ontwikkel, en is so bietjie naar. Seker miskien van al die vuurblaas en rook inasem. Na een of twee sessies opgooi gaan hy slaap. Ek en Rikus maak die vleis klaar en eet blikkies heelpit soet mielies, bak boontjies en traditioneel voorbereide vleis, sommer so uit die blikkies en van die rooster af. 
I would rather fall a thousand times, and keep riding, than to stop riding and never fall
 

Offline MRK Miller

Re: Emmertoer lys
« Reply #7 on: February 14, 2020, 07:05:49 am »
Die Hemele het oopgetrek en ons sien net sterre. Dit maak ons ogewonde vir die volgende dag se ry. Ons gaan stort en gaan lÍ ook in. Eben slaap rustig, en dit is n goeie teken. Dit was omstreeks 22h00. Dit was n lang nag en ek is oormoeg. Ek vind dit moeilik om my lÍ te kry en te slaap Iewers werk klasvakie se tower poeiertjies toe en ek veruil die werklikheid, vir my droom wereld. Nie seker vir hoe lank nie, toe ek wakker word met die wind wat die tent rond ruk, weerlig en donderweer. Ek weet daar is van die goed wat nie heeltemal onder die dakkie is nie, so ek gaan uit en maak seker sover moontlik goed buite bereik van die reŽn kan wees. Daarna is dit terug in die tent, en die proses van klasfakie om my aan die slaap te sus met sy maat slaaploos wat my pla, begin weer.
Maar klasfakie kry my weer die oorhand. Slaaploos gee nie so maklik op nie en iewers in die baie vroeŽ oggend ure maak hy my weer wakker met n helse knal. Eers dink ek dit is Rikus se fiets wat omval, met die nat sagte grond, en sy ammunisie kas op sy fiets het op n klip geval. Ek haas my uit die tent, bang dat sy brandstof dalk mag uitloop, met die dat die fiets lÍ, maar buite vind ek byde die fietse staan nog. Ek kyk vinnig in die kamp rond en sien nie iets wat aanduideding tot die knal kon gee nie. So is ek maar weer terug in die tent, opsoek na nog van klasfakie se slaap. Ek vind dit na n lekker rondrol sessie Ek word weer wakker gemaak, die keer met die soet klanke van voŽl gesang in my ore, en as ek by die tent uitloer sien ek dit begin lig word. Ek staan op en steek solank die gasstofie aan vir n wel verdiende koppie boere troos. Ek sien ook blou lug bo ons met so hier en daar n ligte mistigheid wat dit probeer verdelg, en Ek dank die Here dat hierdie n mooi dag gaan wees. 

Ek begin solank die nat goed wat nog nie droog is nie skuif n die klip gemuurtes

waar die son dit netnou gaan beryk. Ek neem ook toe maar die tabelet en neem n paar fotos, aangesien die kamara en die foon nou buite werking is. Op die foto is die rede vir die naam van die kamp.  Ek merk ook heelwat water wat uit n gat stoorm wat met klip toegepak is. Ek dag toe eers dis die franse drein wat oorspoel van al die reŽn, maar daar kom geen riool uit nie.  Ek is verlig want ek is nie lus om die mooi dag, waarvoor ek reeds dankie gesÍ het, met stront te begin nie.

Vat toe die klippe weg en ek sien toe dat dit n Waterpyp is. Eben en toe Rikus kom ook uit hulle tente gesluip. Dit is toe dat ek die drom van die donkie sien. Gelukkig nog nooit n regte donkie gesien wat so uitgeteer is nie

Heeltemal inmekaar getrek. Rikus merk toe by die waterpyp dat daar n los stuk pyp met n klep is wat daar binne is. Ek voel, voel toe so deur die water en vind die een kant kan inskroef, wat ek wel doen. Eben het intussen gekla die toilet wil nie spoel nie en dis toe dat ons die gevolgtrekking maak, die is die waterpyp na die ablusie geriewe en donkie. Die pyp moes uitgetrek het as gevolg van die hoŽ drukking met al die reŽn aangesien daar by die koppelstukke slegs met draad vasgemaak is.
Die hele kaboedel word aan mekaar gesit en die klep oopgedraai. Mens kan hoor hoe die toilet bakke en die donkie vol word. Die donkie kry toe ook darm weer bietjie lyf by

 Later sien ons hoe water by die een knak in die donkie uitkom en ek besef toe hy het geskeur daar. Draai toe die water weer toe, en maak net oop as ons nodig het. Eben lÍ weg aan sy kos van die vorige and wat ons vir hom oorgehou het, want hy is toe al lekker honger.

I would rather fall a thousand times, and keep riding, than to stop riding and never fall
 

Offline eberhard

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Moto Guzzi (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,284
  • Thanked: 507 times
  • Time takes a cigarette...
Re: Emmertoer lys
« Reply #8 on: February 14, 2020, 07:27:29 am »
Biking at its Best! Living the concept to its fullest!

Gooi daai foto's
eberhard
Agostini 1000
R90S
R80/7
R75/5 Big Boy 150 Vuka 110
 
The following users thanked this post: MRK Miller

Offline stcomza

  • Member
  • **
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Western Cape
  • Posts: 213
  • Thanked: 39 times
  • Bazinga!
Re: Emmertoer lys
« Reply #9 on: February 14, 2020, 07:28:27 am »

Awesome!  Ek ry lekker saam, dankie  :thumleft:
Have you hugged your motorcycle today?
 
The following users thanked this post: MRK Miller

Offline HB 9

Re: Emmertoer lys
« Reply #10 on: February 14, 2020, 07:39:55 am »
 :thumleft: :thumleft: :sip:
Tread lightly
 

Offline MRK Miller

Re: Emmertoer lys
« Reply #11 on: February 18, 2020, 08:30:58 am »
Ons geniet saam n koffie en bespreek die dag wat voorlÍ en ek verduidelik min of meer wat is die plan vir die dag. Soos wat die goed droog word so pak ons op. Ons is klaar en vetrek terug met die interresante paatjie op na die hius.

Op een van die diep paaitjies haak die punt van my skoen vas aan n gras pol, met die dat die voet penne laer gemaak is, en die hele punt skeur oop, en ek verwens myself dat ek die roete gevolg het van die laer voetpenne. Ons kom by die huis aan, waar ons eers gaan soek na die eienaars om hulle in te lig oor die ongeluk met die donkie. Daar is niemand daar nie so ons besluit om maar te ry aangesien ons nou klaar agter skedule is met die droog skoonmakery en al. By die pad draai ons regs. Collins pas in ons visiere.
Dit is n lekker ry pad en die vordering is n lekker 70 tot 80 km/uur, met tyd vir nog rondkyk ook.

Die wereld is groen en skoon, die valeie is mooi verby, met hier en daar n huisie soos Heidie sin doer vÍr in die berge en klowe.
 
I would rather fall a thousand times, and keep riding, than to stop riding and never fall
 

Offline trevo

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Matchless (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,205
  • Thanked: 60 times
Re: Emmertoer lys
« Reply #12 on: February 18, 2020, 09:31:46 am »
Grootste geskenk wat jy vir jou kinders kan gee, TYD
DILLIGAF
 
The following users thanked this post: Ali, MRK Miller

Offline Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,143
  • Thanked: 82 times
Re: Emmertoer lys
« Reply #13 on: February 18, 2020, 11:16:00 am »
Volg
ďDonít go where the path my leadÖ  Go instead where there is no path and leave a trailÖĒ ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 
The following users thanked this post: MRK Miller

Offline eberhard

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Moto Guzzi (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,284
  • Thanked: 507 times
  • Time takes a cigarette...
Re: Emmertoer lys
« Reply #14 on: February 18, 2020, 11:35:03 am »
 :thumleft: :thumleft: :thumleft: Kudus!
eberhard
Agostini 1000
R90S
R80/7
R75/5 Big Boy 150 Vuka 110
 
The following users thanked this post: MRK Miller

Offline MRK Miller

Re: Emmertoer lys
« Reply #15 on: February 18, 2020, 02:07:55 pm »
Dit is nou al die pad afdraande, met verskuilde draaie. In die aand, as mense die pad nie ken nie, of as mens bietjie getoor is gaan jy definitief die pad byster raak. Hier is ook geen versperings op die draaie nie. Af en af ry ons tot onder by die revier, met die ou staal brug, wat mens n droŽ kruising gun oor die Wilge revier, al hoewel mens kan sien hier en daar, moes hy met geweld vir iemand die regte pad wys. Teen n prys wat hy uiteindelik moes betaal.

Van daar is dit weer, en weer op tot op die plato van collins pas
Die klippe hou n oneweredige ritme soos hulle opskiet teen die fiets se skild plaat en raam. Die ritme laat die fietse ook lekker rond spring, soos hy by die ritme probeer hou. Mens wil om elke draai stop en fotos neem, maar tyd is nie heeltemal aan jou kant nie.

Op party plekke kry mens perde of beeste sommer so in die veld, niks heinings wat hulle keer of hou nie. Wonder soms hoe weet die mense wie is wie sin.

Net voor die kruin stop ons. Daar is n klap geliud by die fiets se , se voorste aandrywing. Amper soos n perd se maag wat kla oor ou gras wat hy geŽet het. Die motor fiets se agterwiel word gelig en gedraai. een van die skakels is so bietjie styf, is al wat op die stadium gesien kan word, en hy word bietjie penitreer olie gespuit. Ons ry weer verder, en bo-op die kruin loer ek vir die gps en besef my bril is nie op nie. Rikus ry aan vir n foto, maar ek draai om, en gaan soek die bril waar hy langs die pad lÍ. Dankie tog ek het hom gevind. Hy help baie. Poloroid lense met klein ingeplante vergrootglasies vir die wat as gevolg van ouderdom nie meer so lekker op die gps kan fokus nie. Met die brille terug op ry ek terug. Gelukkig was dit nie te vÍr nie. As ek weer om die draai kom, sien ek die seuns net besig om om te draai om te kom kyk waar hul pa is. Die uitsig is voorwaar iets om te aanskou, en iets wat woorde of fotos nie regtig kan beskryf nie, want daar is die gevoel van vryheid, van die wind deur jou gestel, en suis in jou ore.

Ons ry tot by die draai, en Rikus wys my spore wat berg uitry na MT Curbutt's kop. Eben wou nog appeleer, toe is ek klaar op pad berg uit. Die twee spore verdwyn plek plek, maar dan kry ons hulle weer.

In die agtergrond is ďmt curbutt'sĒ kop, wat op die internet eintlik as Carbutt's kop gespel word
Van Googel af: Carbuttís Kop is a mountain and is located in uThukela District Municipality, KwaZulu-Natal, South Africa. The estimate terrain elevation above seal level is 1882 metres.

Oppad af ekke
I would rather fall a thousand times, and keep riding, than to stop riding and never fall
 

Offline Lem

Re: Emmertoer lys
« Reply #16 on: February 18, 2020, 03:12:10 pm »
ek volg hom, Keith  :thumleft:

gooi nog...waar was Monica & die Tornado dan?
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 
The following users thanked this post: MRK Miller

Offline Dutchman81

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,195
  • Thanked: 12 times
Re: Emmertoer lys
« Reply #17 on: February 18, 2020, 08:57:03 pm »
Vrek nog n baie cool RR, altyd lekker om saam te ry baie dankie vir die deel...
O ja en daai is sulke legend bikes...

Sent from my I3312 using Tapatalk

2008 Klr650
2008 R1200GS Adv
''In the end , its not going to matter how many breaths you took , but how many moments took your breath away.''
 

Offline MRK Miller

Re: Emmertoer lys
« Reply #18 on: February 18, 2020, 10:28:40 pm »
ek volg hom, Keith  :thumleft:

gooi nog...waar was Monica & die Tornado dan?

Anika het weer n voet operasie gehad, so dit was n manne naweek, op die fietse en n girls naweek by die huis. Ek en Monica werk aan ons trippie. Moes om uitstel vir ons 20 ste wittebrood want ek het siek geword. Kan mens dit nou glo :o :o
I would rather fall a thousand times, and keep riding, than to stop riding and never fall
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,462
  • Thanked: 311 times
Re: Emmertoer lys
« Reply #19 on: February 19, 2020, 04:16:21 am »
Lekker man lekker.  Mooi fotos en ', avontuurlustige rit.   :thumleft: :thumleft:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..