Emmertoer lys

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MRK Miller

Pack Dog
Joined
Feb 24, 2014
Messages
419
Reaction score
0
Location
Springs
Bike
Kawasaki KLR 650
So het die tyd aangebreek, om een van my groot emmer lyste aan te pak. Die roete is beplan, my motorfiets se nuwe laer voet penne is op met die nodige aanpassings op die rat en remhefboom. En nadat ons hom eenkeer moes uitstel omdat Rikus, my oudste seun sy motorfiets bestuurs lisensie moes gaan doen, wat hy geslaag het, is daar nou nie meer eintlik iets wat in ons pad staan nie. Hennie sou saamgery het, maar weens die feit dat hy nie die datums verskuiwing, aangeskuif het by vroulief nie, het sy vroutjie reeds iets anders in gedagte gehad. Ons almal weet waar lê daai lojaliteid.
Meeste van my goed is reeds gepak en ek gaan werk toe vir die nagskof met die doel om so uur en n half vroeër te loop, om so vroeg as moontlik in die pad te klim, aangesien dag een n redelike stywe entjie is. 316km volgens die gps. Die masjiene loop mooi, en 04h00 begin ek my self solank geestelik voorbery om huiswaarts te keer. Maar ons is nie in beheer nie, en Hy wat in beheer is het ander planne. My gereedskap is eintlik klaar gepak, maar 04h15 kom my tegnikus in en laat weet my een van die masjiene het n helse ongeluk ondervind. Ek word yskoud tot in my binneste. Bly toe maar met n swaar gemoed tot 06h15, om aan die masjien te werk, en in my binneste grom dit, maar in my hart weet ek Hy wat in beheer is het n rede hoekom goed gebeur, so ek probeer berus daarby.
Die lekker van skof werk is, jy bly nie laat nie. Jy gee oor aan die volgende ou en hy gaan aan. So gaan ek toe huistoe na 12 ure nagskof, met klomp goed wat deur my kop draai, oor moontlike goed wat ek nog moet pak, gaan ons die oorspronklike bestemming beryk, gaan ek en die gps n lekker verhouding hê op die avontuur, gaan die seuns dit geniet, gaan die vrouens reg wees alleen by die huis, hoe gaan ek die avontuur sonder die groot liefde van my lewe suksesvol kan deurmaak, ens ens.
By die huis aangekom is Rikus besig om sy skildplaat onder die fiets vas te maak nadat hy vroër die maand n olie lek reggemaak het. Die seuns is op en wakker maar die vrouens slaap nog. Ek kry gou al my oortollige goedjies reg en koppel die gps draatjie op, soek die, soek daai. Met al die gesoekery word vrouens ook wakker, en die huis is een groot geskarrel, nadat ons die vorige aad n paar kers geskenkies uitgedeel het wat as deel van die avontuur moes saamgaan, so dit is een deurmekaar spul.
Maar uiteindelik kom alles tot n orde en ons is reg om te ry. Ek vermoed Monica wou nog n foto neem van ons drie, maar ek reken die tranetjies het baie naby gesit, en ek in my gemoeds toestand het nie eintlik gedink om haar daai geleentheid te gee nie, en terwyl Anika vir ons die hek oopmaak, brul die twee klr's in die pad af, waar die groot oomblik homself uiteindelik tot n werklikheid bring. Ek op my fiets, en Rikus en Eben op sy fiets. Hy het besluit klein boet ry saam met hom die keer, wat ek waardeer, want Rikus is n baie beter ryer as ek. Ons ry verby Nigel waar ek eers moet stop vir wiel pomp. Sien die klep staan so effe skeef ,  maar die wiel bly hard so kom ons ry. N kwessie van opgewondenheid wat sterker is as goeie gesonde wysheid. Amper soos twee jong nuwe verliefdes. Op die R51 vat ons so skelm paatjie na links deur n mooi kloofie, wat ons na die Witkop pad toe vat. Op die witkop pad draai ons regs net vir so ent tot op die volgende buld, vat ons weer so slap regs en mik vir Greyling stad. Ons is maar vinnig hierdeur aangesien ons baie dag uit rytjies in hierdie omgewing doen. Dit wat ons nou wil sien lê daar vêr.
By Greyling stad is dit so ent op die teer links en toe weer regs op die volgende grondpad. Sukkel eers om n begin punt te kry, aangesien daar padverbouings, maar die is mos nou n grondpad, bospad, beespad avontuur, en ons ry sommer so deur die veld tot by die grond pad. Na so ent is dit eers tyd vir n blaas kans, om die agter stewe so bietjie lug te gee, en so bietjie met die kamara te speel. Ons kom by n t-aansluiting net so voor die povinciale grens en draai daar links, en dan weer regs by die Rondavel laer skool pad.

Rikus wys halt, en ons trek af vir n lekker bene rek. Sy fiets se toere teller het afgekom onder die informasie paneel. Die word straks terug gesit, ons kou iets en aanskou die uitgestrekte wêreld om ons.

Ons beryk n spleet in die pad en hou regs. Op die kaart is dit n tipe sirkel roete wat n mens kan ry.
So na aan die einde van die sirkel roete kry ons twee enorme masjiene wat seker op pad is na die lande toe wat hulle gaan werk. Die een het ons raak gesien en hulle maak plek, vir ons om verby te kom. Van daar kronkel die pad af tot in Vrede, met wyd gestrekte vlaktes en die berge in die agter grond.

Dit is n mooi pad, en ons vorder goed. Die wolke hang dik in die lug, maar ons is te opgewonde om ons regtig daardeur te laat afsit. Hulle lyk in elkgeval nog vêr.

In Vrede is dit waar ons opvul met brandstof, n biltongtjie of twee koop, en n foto van die kerk neem.

Uit vrede vat ons die Kerk str, en draai dan links op die R34 en neem die twede grondpad regs. Weereens n baie mooi pad, wat so ligte stoffie opskop as n mens ry, met die berge wat begin wys in die verte. Ons verby n paar koppe, dan nog ooptes met die berge wat mens nou begin toevou. Ek stop met eens, want voor ons, het ons op n meesterstuk uitsig afkom. Ons staan eers by wat bekent staan as Draai hoek se hoogte pas, en n paar foto's word geneem. 

Ons kan die pad daar vêr onder sien. Ek besluit toe ek gaan sonder motor geraas hier af sweef, wat Rikus ook toe doen. Dit is stil, en net die gesuis van die wind in n mens se hare en die wiele wat draai op die netjies hard getrapte pad is al wat mens hoor. Ek loer af na die informasie paneel en sien ons trek al op 90 km/h. Op n stadium is daar n kinkel in die pad en n mens moet die brieke so effe aanvat, om die draai te maak. Die hele stuk pad is seker so 3km voor mens onder in die valei weer die opdraande aanvat.
Ons bereik n T-aansluiting en draai links. Ons ry in n mooi kloof op vir omtrent 8 km waar ons bo-op die platoo n hek kry. Die gps wys ons moet hierdeur. Die hek is nie gesluit nie, en ter aanskoue van die mense wat op die landerye werk, maak ons die hek oop en weer toe nadat ons deur is. Niemand sê iets nie. Dit is so dowwe twee spoor paaietjie wat mens weer in die kloof afvat. dit is ook n baie mooi uitsig, met die reën wat opgewonde in die verte wag dat ons binne afstand van sy bereik moet kom. Ek het intussen n hoender op my getrek en my reenjas baatjie aangetrek, want ek is nie lus vir natreën nie. As my bo klere net kan droog bly is ek gelukkig. Pla nie soveel as die broek nat is nie.


 

Attachments

  • col 2.jpg
    col 2.jpg
    221.6 KB · Views: 512
  • col 3.jpg
    col 3.jpg
    228.1 KB · Views: 520
  • col 4.jpg
    col 4.jpg
    232.9 KB · Views: 507
  • col 4a.jpg
    col 4a.jpg
    237.2 KB · Views: 513
  • col 4b.jpg
    col 4b.jpg
    241.5 KB · Views: 520
  • col 5.jpg
    col 5.jpg
    160.4 KB · Views: 528
  • col 6.jpg
    col 6.jpg
    244.4 KB · Views: 519
  • col 6a.jpg
    col 6a.jpg
    247.7 KB · Views: 559
  • col 1.jpg
    col 1.jpg
    148.7 KB · Views: 561
Top