As daar al ooit n man was wat beskryf kon word as n biker is dit Eric Stroebel. Wat n gentleman.
Baie jare gelede het hy n Suzuki dealership vanuit sy garage op Heidelberg bedryf en hy en sy vrou het letterlik honderde duisende kilos met Suzuki 1000 en 850 pad fietse getoer. Toe byt die stofpad gogga hom en hy koop n 1150 GS. Nie lank daarna nie staan hy eendag hier by my en gesels en hy sê hy het n groot vrees dat hy nie al die grondpaaie gaan gery kry voor hy dood. Wel hy het blerrie hard probeer en dit n goeie go gegee.

Op n dag oppad terug van n weskus trippie kry hy n beroerte op sy 1200 tussen Robertson en Worcester. Ek vra hom n week na hy uit die hospitaal is wat maak jy toe?!!! Nee seg hy hy druk toe maar die throttlelepel met sy handpalm en kyk kort kort of sy regtervoet nie van die peg afgeval het nie!!

By die huis gekom klim hy in sy kar ry Mosselbaai toe en gaan boek homself vir n week in die hospitaal. Maand daarna hoor ek hy ry alweer en ek lui hom om te hoor hoe gaan dit. Hy sê baie goed ry lekker bike kan net nog nie tjeks teken nie, maar die mense kan maar wag vir hul geld!!!

Rus sag Eric jy sal gemis word veral deur jou skoonseun wat jou riding partner was op baie trips.
