2 weke solo trip, waarheen?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Nov 9, 2014
Messages
186
Reaction score
1
Location
Centurion
Bike
KTM 1190 Adventure
Agtergrond: 
• Ek het 2 weke beskikbaar iewers in middel Maart - begin April, ek kan die tyd taamlik aanpas op hierdie stadium. 
• Ek het ‘n 1190 met soft luggage. 
• Ek bly in Pretoria. 
• Ek het nog nooit die Weskus, of agterpaaie van die diep Karoo, of al die pragtige bergpasse (grond en teer) van die Suid- en Oos Kaap met die motorfiets gery nie.

Ek wil graag die budget fyn dophou, want na hierdie 2 weke trip gaan ek oorsee vir ‘n onbepaalde tyd en weet nie watse onkostes daar voorlê nie, daarom dat ek taamlik konserwatief wil wees met kostes/begroting rondom verblyf.  Ek verkies die mees eenvoudige en beskostigbaarste, maar minder bekende oorslaap-opsies.  Ek kan nog ‘n tentjie ook laai as kamp ‘n opsie is vir paar aande, sal net iewers dalk ‘n bike-tentjie moet leen??  Waar ek kan wil ek op die naaste beskawing ‘n pakkie hout/Charcoal agterop die 1190 laai, vleis en buns in my rugsak, en ver weg van dorpliggies oorslaap, so diep as moontlik in die bos/berg/sterre/vlakte, en die volgende dag aanbeweeg…en ‘n bier darem kan vat so nou en dan… Of by nice plattelandese pubs ‘n pub-lunch kan kry en so aan, julle kry die idee.

Daarom dat ek nou hier kers opsteek vir idees asb??  Paaie, padname en merkers, dorpe, besienswaardighede, en verblyf opsies met moontlike kontak besonderhede.  Ek sal die roetes uitwerk met Basecamp soos die idee begin vorm aanneem, want ek vat die laptop saam en moet so elke 2de dag of so bietjie tyd aan werk spandeer, so ek sal ook moet aandoen by plekke waar ek kan batterye herlaai en internet opvang.

Intussen lees ek solank ‘n klompie ride reports wat julle ouens al hier gepost het om my beplanning te doen.  En wag vir julle idees van die beste paaie, lekker-ry paaie, moet-sien paaie ens. in hierdie omgewings wat ek genoem het, laat weet jul voorstelle asb…

En dankie.
 

Attachments

  • 1190.jpg
    1190.jpg
    432 KB · Views: 283
Top