Keith en Monica ry pretoria toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MRK Miller

Pack Dog
Joined
Feb 24, 2014
Messages
419
Reaction score
0
Location
Springs
Bike
Kawasaki KLR 650
So hierdie gaan maar n kort geskrif wees, vir die mense soos ek wat nie baie van lees hou nie. Maar meer van prentjies kyk. Ek moes goed gaan haal in Pretoria, en Monica was toe al goed moeg genaai by die huis, Ek beveel toe aan sy kom bietjie op/iut vir vars lug, en aangesien  sy haar hommelbytjie so lanklaas bietjie oefening gegee het moet sy miskien saam ry. Daar is n lekker grondpaaitjie wat ek haar wil wys, en n ander paaitjie. Dit is toe afgespreek, en sy laat haar kliente weet sy sal vir die volgende dag nie beskikbaar wees nie.

So die volgende dag, ek dink dit was n Maandag as ek reg kan onthou, lê ons so effe in. My afspraak is straks eers 11h00. So my seksie baie talentvolle vroutjie kry toe koffie in die bed, en n lekker bad water met borrel bad word vir haar getap. Sommer omrede ek kan, as van julle wonder. Ons trek so 08h30 weg uit Springs, en mik vir Bapsfontein. Ek het dit reggekry dat die interkom stelsel wat ek by n vriend gekry het omdat hy moeg geraak het vir sy vrou se gkerm agter op die boesa, vir my gegee het. By die groot stopstraat draai ons links op die R50 rietvlei se kant toe. Maar die pad is toe.

Ons is mos avontuur ryers, en daar is plek om deur te gaan vir die inwoners wat daar bly. Ons ry tot net voor die padwerke waar os toe afdraai op die grondpad, wat dan later aansluit by die M30 Garsfontein pad. N baie merkwaardige stukkie pad wat voel of jy deur  walvis ingesluk word, soos die bloekom bome jou toevou, soos die walvis se ribbebene. Monica op haar hommelbytjie, laat nie op haar wag nie en so gou ek ry kom sy. Daar is nie meer van wag nie. Die pad is goed uitgetrap, met die dat die R50 toe is vir verkeer, maar die fietse geniet hulle gate uit. Ek het n nuwe hegstuk uitgetoets wat ek gemaakhet om voor op my kopdop te pas, so al die foto's is van die aksie kamara af geneem. Dit is nie n baie lang pad nie maar baie aangenaam, vir so vinnige stukkie grondpad, om bietjie afleiding te gee aan die eentonigheid van die teer.
 

Attachments

  • gars fontein pad_Moment(2).jpg
    gars fontein pad_Moment(2).jpg
    232.9 KB · Views: 302
  • gars fontein pad_Moment.jpg
    gars fontein pad_Moment.jpg
    194.5 KB · Views: 297
  • gars fontein pad_Moment(10).jpg
    gars fontein pad_Moment(10).jpg
    244.1 KB · Views: 293
  • gars fontein pad_Moment(9).jpg
    gars fontein pad_Moment(9).jpg
    244 KB · Views: 295
  • gars fontein pad_Moment(8).jpg
    gars fontein pad_Moment(8).jpg
    212.4 KB · Views: 308
  • gars fontein pad_Moment(7).jpg
    gars fontein pad_Moment(7).jpg
    233.1 KB · Views: 315
  • gars fontein pad_Moment(5).jpg
    gars fontein pad_Moment(5).jpg
    246.5 KB · Views: 299
  • gars fontein pad_Moment(4).jpg
    gars fontein pad_Moment(4).jpg
    240.2 KB · Views: 294
  • gars fontein pad_Moment(3).jpg
    gars fontein pad_Moment(3).jpg
    240.1 KB · Views: 317
  • gars fontein pad_Moment(6).jpg
    gars fontein pad_Moment(6).jpg
    210.1 KB · Views: 291
Top