VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Vis Arend

Bachelor Dog
Joined
Nov 14, 2010
Messages
11,735
Reaction score
1,918
Location
King William's Town
Bike
Honda CRF-250 Rally
Ek was so een of twee RR agter, maar haal nou in.  :biggrin:

Die een gaan in Afrikaans wees, ek het my Ingels op gebruik met die vorige een.

Die rr gaan oor so ‘n gedeelte van die suide van Namibia wees.  Kom ek verduidelik hoe dit gebeur het. 

Ek en vroulief sit so een aand, heel vervelig, en sy kyk op daai gesigboek bedryf en vertel my hoe lekker dit daar in die suide van Nam reën.  Ek maak die voorstel en seg nou toe, laat ons gaan kyk.  Nou ja, drie dae later is ons gepak en reg om te ry, ons gaan reën kyk in Namibia.  Intussen sit ons vriendin, sy het ‘n plaas in die Kalahari net so anderkant Koës op die D503, op ons se nekke om te kom kuier.  Sy is maar eensaam na die skielike en ontydige dood van haar man in Augustus.
Ek het so vinnige roete aanmekaar geslaan met ons vriendin in gedagte en ons vertrek.  Ons ry met klein bikes so besluit om tyd te spaar, ons trailer die bikes op na Kakamas.  Ons los die kar en trailer daar en ry verder met die scooters.  Hier wil ek net noem dat ons moer baie onfiks is, ons laaste behoorlike trip was deur die Karoo laas jaar Oktober se kant.  So ons beplanning het gepaard gegaan om effe fikser te word.    Afstande was dan ook so aangepas. 

Ons vetrek die oggend vroeg met ‘n vrag padkos, trailer en bikes agterna.  Alles loop mooi, ons is opgewonde. 
So 60km voor Prieska neem ek die foto en stuur dit aan Ets.  Ons was al twee keer Prieska deur opsoek na die man, maar hy was elke keer nie daar nie.  Die keer kry ek ‘n antwoord terug, “wa julle?”  Ek vertel hom so 20km voor Prieska.  Ons word genooi vir koffie. 

Ons stop in Prieska en gooi eers petrol, daarna  gaan soek ons die Hoof Krokkodel van Prieska.  Ons stop voor Ets se meubelwinkel en hy kom uit en groet ons asof ons ou vrinne is.  Ons word ingenooi vir een van die lekkerste koppies koffies wat ek nog gedrink het en ons ontmoet sy pragtige vrou.  Koffie word nogals bedien in KTM bekers.  Ons gesels te lekker en vergeet amper ons het nog ‘n ent om te ry vir die dag. 


 

Attachments

  • 2.jpg
    2.jpg
    48.6 KB · Views: 460
  • 1.jpg
    1.jpg
    158 KB · Views: 471
Top