Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie  (Read 934 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline 2StrokeDan

  • I've been to paradise, but i've never been to me....
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 22,855
  • Thanked: 1147 times
  • RD350 and Rossi!!!!!!
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #20 on: March 18, 2020, 06:17:12 pm »
Daai brug by Ashton...hy was al aant aanboue toe julle seker laas ook in die land was en daar verby is.

Ek sien julle drink Erdinger 0%...toe my vrou swanger was het sy daai goed soos Oros gedrink  :thumleft:

Ek sien hulle beplan om daai brug, wanneer hy klaar is, in geheel sywaarts te skuif tot dit met die pad oplyn. Is daardie die Cogmans rivier?

Daai brug sal meer in plek lyk oor die Amazone rivier.
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,800
  • Thanked: 522 times
    • dustriders.co.za
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #21 on: March 18, 2020, 06:29:55 pm »
Daai brug by Ashton...hy was al aant aanboue toe julle seker laas ook in die land was en daar verby is.

Ek sien julle drink Erdinger 0%...toe my vrou swanger was het sy daai goed soos Oros gedrink  :thumleft:

Ek sien hulle beplan om daai brug, wanneer hy klaar is, in geheel sywaarts te skuif tot dit met die pad oplyn. Is daardie die Cogmans rivier?

Daai brug sal meer in plek lyk oor die Amazone rivier.
Die wes kaap se hele padbou budget word gemors op daai brug!!!!
Vir wat dit so n vreeslike ding moet wees weet nugter alleen!!
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Kaboef

  • Jedi Knight
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 950 Adventure S
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,285
  • Thanked: 220 times
    • CFO Consult SA
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #22 on: March 18, 2020, 07:20:18 pm »
Een van die ingenieurs van Haw & Inglis wat die projek doen, huur by ons.

Hy sal my laat weet wanneer hulle die brug skuif. Ek het gese ek wil gaan kyk.

Dit moet n kleinhuisie vol geld kos - daai brug. Belaglik.


And Saint Attila raised the hand grenade up on high, saying, "O Lord, bless this thy hand grenade, that with it thou mayst blow thine enemies to tiny bits, in thy mercy."

www.cfoconsult.co.za
 

Offline GravelFox

Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #23 on: March 18, 2020, 07:31:16 pm »
As jy nie weet wat “monstrosity” beteken nie, ry net verby daai brug dan sal die woord betekenis kry.


Sent from my iPhone using Tapatalk
GravelFox
ex, MT50, XT250, XT550, KLR600, Africa Twin, XRE500, GS1200, DRZ400, CRF250L,
Now: XTZ660, 1200 GSA LC
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,048
  • Thanked: 197 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #24 on: March 18, 2020, 08:06:07 pm »
Hulle braai seker weer steak sonder ons DIS HOEKOM HIER NIKS AANGAAN NIE :laughing4:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Bokveld

Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #25 on: March 18, 2020, 08:38:28 pm »
     Toe  die kampbestuurder in die Caprivi hoor ons kom van Montagu,vra hy: wat de f... bou hulle daar in Ashton!!!?
Lekker om weer n  RR van julle te lees.
 

Offline Roxtar

  • REV IT UP
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: North West
  • Posts: 2,640
  • Thanked: 95 times
  • Aka Sprocket Face
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #26 on: March 19, 2020, 11:02:15 am »
Man dit lyk lekker op daai K1600GTL.... dis n fiets wat ek nog wil aanskaf vir my eendag..... :thumleft: Vertel biki vir ons hoe ry daai fietse op julle toere asb, ook die vroue se opinie want ek dink daai agtersitplek is hemels vir n passasier.... :thumleft:

Dankie vir deel, dis n lekker lees :thumleft:
« Last Edit: March 19, 2020, 11:03:25 am by Roxtar »
Long live the Underdog.........
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #27 on: March 20, 2020, 07:54:37 am »
Jammer vir die lang pouse, ons het nie steak gebraai nie :laughing4:  Gister was weer een van daardie dae wat net nie genoeg ure gehad het nie.
Ons het nogal selg gewonder oor die massiewe brug wat langs die pad gebou  word en wat die doel van die massiewe brug is. Ons het gedink die hele pad gaan veskuif word en sien nou die brug gaan na die pad geskuif word?
 Man dit lyk lekker op daai K1600GTL....
Dit is 'n baie lekker fiets en ons altwee geniet dit baie, dit is net baie swaar om in stadige verkeer te hanteer, maar op die oop pad is dit net 'n plesier. 'n Mens is net baie gelimit omdat ons net teerpad moet ry, maar omdat ons so ver in die paar dae wou ry was dit die beste keuse.
Ons ry nou verder....
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #28 on: March 20, 2020, 09:26:06 am »
Die oggend eet ons ontbyt by die gastehuis. Ons vra die dame uit oor plekke om te sien in Riversdal en omgewing en sy verwys ons na die ou tronk , sy se ook ons moet Stilbaai en Jongensfontein besoek. Sy vertel ons ook van 'n feetjie tuin by Albertina. Ons besoek die ou tronk en wat 'n interresante plek is dit nie, met 'n lekker koffie shop en vol oudhede. Daar is selfs nog die ou doodsel en galgkamer en mens kan net wonder hoeveel mense is hier gehang.
Ek het genoem dat ek in my agterkop het dat Woody hier afgetree het en my swaer gese het die plek is klein kyk net uit vir sy motorfiets, wel ek het gekyk vir enige motorfiets of 4x4 Condor, maar niks gesien nie. Dink toe ek sal hom seker nou nie sien nie en dis my eie skuld ek moes vroeer op die forum iets gepos het. Wel ons ry toe maar en net bo op die bult buite Riversdal is wraggies weer 'n pad blockade. Terwyl ons lisensies en motorfietse deur gekyk word kom daar wraggies 'n wit Super Tenere met sidecar van agter verby en hy word nie gestop nie. Ek weet onmiddelik dis die man wat ek soek, hy waai darem. Ek jaag die verkeers dame aan, maar toe vat sy haar tyd. Ons jaag om hom in te haal , want ek is nie seker of hy Stilfontein of Albertina toe ry nie. Wel toe ons aankom na die Stilfontein afdraai sien ek hy het ook afgedraai. Ek ry agter hom en flikker ligte en wys hy moet stop, maar vergeefs hy ry aan. Besluit toe ons is in elk geval op pad Stilfontein toe ek sal hom daar stop. By die eerste stop straat trek ek langs hom in en stel voor. Ons ry hawe toe en groet daar ordentlik. Toe hy hoor ons wil Jongensfontein toe ook gaan ste hy voor ons drink daar 'n koffie. Ons geself soos ou vriende en ek vra uit oor ChrisL, want ek vermoet hy bly ook in die omgewing en Woody se hy was nou oppad na Chris toe. Chris word dadelik geskakel en hy se hy wag net vir 'n oproep van Vis Arend dan kom hy groet. Wel toe hy daar kom se hy Nannie het gese hy moet vir my en Salome elk 'n drukkie gee , maar hy sal sommer my drukkie ook vir haar gee :laughing4:
Ons kuier soos ou vriende en gesels 'n hond uit 'n bos. Ons moet later egter ry want ons moet die mense in Haroldbaai 3 uur kry , want hulle is oppad Woordfees toe in Stellenbosch. Dankie weereens dat jy kom groet het Chris, dit was 'n vooreg en plesier om julle te ontmoet.
Ons moes toe nood gewonne Albetina mis om betyds te wees, maar my swaer het so jaar gelede daar 'n stukkie grond gekoop waar hy wil aftree so ons sal weer die area besoek en dan gaan ons 'n ordentlike braai deurwerk.
In Haroldsbaai kry ons die huis, dit is bo op die berg en die pad is baie skuins en die inrit is vreeslik steil af tot onder die huis. Dit was nogal 'n missie om die groot fietse daar af te ry
Foto 1: Ou Tronk
Foto 2: Galg kamer
Foto 3-6: Ou tronk
Foto 7- 10 : Ons lekker kuier saam met Chris en Woody
 
Life is great LIVE IT!!
 

Offline briv

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,462
  • Thanked: 24 times
  • I know how an Ostrich sounds!!! knaplap huh !
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #29 on: March 20, 2020, 10:32:25 am »
Ek ry alte heerlik saam  :thumleft: Jou swaer in Loevenstein bly n klipgooi van my af  :biggrin: wat is sy naam en adres ?
oor B..erge en RIV..iere sal ons ry,
mag dit altyd tog so bly....
KTM 640 ADV. BMW 650 DAKAR. Africa Twin RD07. KTM 990 ADV. BMW R1200 GS

is jy moeg,,,,, of vaak groot gemaak?  (2StrokeDan)
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #30 on: March 20, 2020, 10:36:28 am »
Hi Briv
Nie geweet jy is ook in Loewenstein nie, dan het ons kom groet. Hy is Pierre Kotze en by in Kudu Str, ek is nie seker van die huis nommer nie maar dit is bo op die bult
Life is great LIVE IT!!
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,800
  • Thanked: 522 times
    • dustriders.co.za
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #31 on: March 20, 2020, 10:43:26 am »
Kyk ek weet daai 1600's is vinning ma om in een paragraaf vanaf Stilbaai na Stilfontein te ry klink na n bar lieg storie!! ;) :lol8:
Bly om te hoor julle sal weer die omgewing besoek MFN. :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #32 on: March 20, 2020, 10:59:39 am »
Kyk ek weet daai 1600's is vinning ma om in een paragraaf vanaf Stilbaai na Stilfontein te ry klink na n bar lieg storie!! ;) :lol8:

Jammer dis nou wat gebeur as mens so tussen alles nog die RR wil klaar maak. :ricky:
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #33 on: March 20, 2020, 11:29:07 am »
Aangekom in Haroldsbaai parkeer ons die fietse met 'n groot gesukkel. DIe mense is afgetrede mense van Pretoria. Die oom was 'n proffie by Tuks. Hulle is baie gaaf en vra aanmekaar vrae oor Namibia. Die oom is ook 'n ywerige fotograaf en vra aanmekaar oor moontlikhede van foto plekke in die Namib.
Willem vra hom oor plek waar ons vleis kan koop vir vanaand se braai en hy vertel ons van "Van Rensburg Slaghuis" in George. Ons sien regtig nie weer kans om weer aan te trek en George toe te ry vir vleis en drinkgoed nie. Net daar gee die oom vir ons 'n heel hoender, ses klein skaaptjops en so paar biere. Ons het darem Whiskey by ons en wyn vir die vrouens. Willem vra ook uit na die braaip plek, en die oom wys ons daan na 'n Weber op die dek en gee ook sommer 'n pak brikette.
Nou kyk ons is nie goed met hierdie volks vreemde goed nie en het nog nooit op 'n Weber probeer iets gaar kry nie, maar vanaand is die aand. Ons het "somehow" die vleis gaar gekry en ons self omtrend uit gerook met die brikette.
Die volgende oggend het ons Knysna toe gery,  al die mooi plekke daar besoek. Ou motors in Sedgefield gekyk, Victoriabaai besoek, Map of Africa besoek en sommer net rond gery en oral in gegaan wat interresant was. Ook vleis en bier by Van Rensburgs gaan koop. Hierdie slaghuis maak ons so opgewonde soos kinders in 'n speelgoed winkel. Natuurlik het ons hopeloos te veel vleis gekoop. Moet se die tweede aand se braai het beter af geloop as die eerste aand s'n.
Die huis is in die bosse met 'n verskriklike mooi uitsig, mens sien tot Mosselbaai se iggies en ligtoring in die aand. Toe ons die aand gaan slaap is daar 'n spinnekop so groot soos mens se hand in Willem hulle se kamer, ons jaar die ding maar hy ontsnap. Die volgende oggend in ons badkamer kry ek ook so moewiese spinnekop daar. Toe ons die oggend wil ry dra Willem sy helmet af tot by die bikes onder die huis en net toe hy dit wil posit dop daar so groot spinnekop uit sy helmet. Nodeloos om te se daarvandaan skut ons al ons klere en helmets eers goed uit voor ons dit aantrek.
Foto 1: Uitsig van die huis se dek
Foto 2-3: Ons Weber probeer slag
Foto 4 -10: Knysna, ou motors by Sedegfiels, Victoriabaai
Life is great LIVE IT!!
 

Offline briv

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,462
  • Thanked: 24 times
  • I know how an Ostrich sounds!!! knaplap huh !
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #34 on: March 20, 2020, 11:32:12 am »
Hi Briv
Nie geweet jy is ook in Loewenstein nie, dan het ons kom groet. Hy is Pierre Kotze en by in Kudu Str, ek is nie seker van die huis nommer nie maar dit is bo op die bult
Volgende keer ! Ek bly net anderkant van die groot pad bo hulle. Sal bietjie kennis gaan maak.
oor B..erge en RIV..iere sal ons ry,
mag dit altyd tog so bly....
KTM 640 ADV. BMW 650 DAKAR. Africa Twin RD07. KTM 990 ADV. BMW R1200 GS

is jy moeg,,,,, of vaak groot gemaak?  (2StrokeDan)
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,800
  • Thanked: 522 times
    • dustriders.co.za
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #35 on: March 20, 2020, 11:37:51 am »
'n heel hoender,

So julle het darem groente ook in die bord gehad!! ;) :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #36 on: March 20, 2020, 11:39:31 am »
Nog so paar van ons lekker kuier by Haroldsbaai. Ek en Salome was laas hier met ons wittebrood 37 jaar gelede. Toe het ons by Duttons Cove in so log cabin gebly. Nou is Duttons Cave net groot geboude huise.
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #37 on: March 20, 2020, 11:44:30 am »
Volgende keer ! Ek bly net anderkant van die groot pad bo hulle. Sal bietjie kennis gaan maak

Sal goed wees om te ontmoet Briv.

So julle het darem groente ook in die bord gehad!! ;) :lol8:
Chris, praat jy ons het omtrent met die storie gesukkel, die brikette raak moer warm en rook soos jy nie kan glo nie. Ons ken net hout op oop braai plekke.  My kinders het vir my een jaar so klein Weber gegee en ek het dit nog nooit gebruik nie. Miskien moet ek begin oefen op die ding vir sulke nood gevalle :laughing4:
Life is great LIVE IT!!
 

Online Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,146
  • Thanked: 247 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #38 on: March 20, 2020, 12:05:44 pm »
Chris word dadelik geskakel en hy se hy wag net vir 'n oproep van Vis Arend dan kom hy groet. Wel toe hy daar kom se hy Nannie het gese hy moet vir my en Salome elk 'n drukkie gee , maar hy sal sommer my drukkie ook vir haar gee :laughing4:


'n Man kan deesdae nie eens meer op jou vrinne staat maak nie.   :eek7: :eek7: :peepwall:  :pot:   :lol8: :lol8:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Online Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,146
  • Thanked: 247 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #39 on: March 20, 2020, 12:18:38 pm »
Ek sien altyd uit na die aand etes (braai) van julle.     :drif:  :drif: 

Ek sal nooit of te nimmer daai braai van ons by Oanob Dam vergeet nie.  Wens ek het nog plek gehad vir al daai vleis, en daai braai broodjies was koning.   :deal: :deal:

Jy reis lekker.   :thumleft: :thumleft:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..