Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie  (Read 935 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #40 on: March 20, 2020, 04:01:00 pm »
Die derde oggend toe ons opstaan is dit toegetrek van die mis en alles is nat. Ons ry later af na die kafee by Haroldsbaai en eet sommer ontbyt daar. Omdat ons alles gister al gaan sien het besluit ons so op die ingewing van die oomblik, kom ons gaan terug huis toe, pak ons goed en begin terug ry. So gese so gedaan. Gou is ons klaar gepak en ry tot in George, maak die fietse vol en ry oor die pas Outshoorn toe. Ons stop bo by die uitkyk plek, die mis begin ook nou opklaar. Oral is nog bome wat mens kon sien kaal gebrand was in die verwoedelike brande wat hulle gehad het, maar die res van die veld het mooi reg gekom.
Deur Outshoorn ry ons deur die mooie Meirings poort en die rivierjies is vol water.  Ons stop vir iets koud in De Rust en daarna vat ons die lang vervelige pad tot in Beaufort Wes. Al wat 'n rivier is loop kant en wal en ons sien daar le 'n hewige weer vorentoe. Ons maak dit net betyds voor die groot reen uitsak. Ons wag maar by die een vulstasie vir die ergste  reen om verby te gaan, trek maar ons reen pakkies aan en vat die gevaarlike N1 na Drie Susters. Hierdie is regtig 'n gevaarike pad met al die vragmotors wat ekaar verby gaan en in die reen sproei sien mens baie swaar. Die hele veld is vol water sover mens kan sien. By Drie Susters draai ons af na Victoria Wes met die hoop dat ons nog Prieska kan haal vandag. By Britstown begin dit egter sterk skemer raak en ons sien ons sal maar hier moet oorslaap. Ons stop by die Trans Karoo gastehuis, maar hulle is baie duur, het nie onderdak parkering vir die fietse nie, Ons sien net oorkant die pad is toerisme kamers by iets soos Mirage gastehuis. Ons hoor gou daar en hulle is baie goedkoper, se hulle het lugverkoelers en tv in die kamers en elek kamer het sy eie badkamer en het veilige onderdak parkering vir die fietse. Omdat dit nog steeds bietjie reen en dit lyk of dit later weer gaan hard reen wil ons graag die fietse onderdak he. Daar en dan betaal ons, ry die fietse in, laai af en gaan kyk ons kamers, sjoe dit is oud en die lugverkoelers is nog die ou modelle uit die sewentigs, raas so mens kan jouself nie hoor nie. Wel ons moet nou maar seker vasbyt, misntens lyk dit skoon. Hulle waarsku ons ook dat die krag weer 9 uur afgaan iets wat ons vir die hele tyd in Haroldsbaai beleef het soms twee tot drie keer 'n dag. Ons stap oor die pad en gaan eet by die Trans Karoo Lodge.
Foto 1-4: Bo Op die pas
Foto 5-7:Meiringspoort
Foto 8: Wag vir reen om verby te gaan
Foto 9: Riviere loop almal vol
Foto 10: Veld rondom Beaufort Wes
 
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #41 on: March 20, 2020, 04:06:52 pm »
Nog 'n paar van die mooi die gedeelte. Ons is baie bly vir die goeie reen wat hierdie boere ontvang.
Life is great LIVE IT!!
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,048
  • Thanked: 197 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #42 on: March 20, 2020, 05:00:09 pm »
Dankie vir die vinnige hallo so. As daai 1600 BMW net die Tenere kon verbyvat kon jy mos my mooi gewys het ek moet stop.....maar ek se liewer niks. Netnou word ek verban vir brand bashing  :laughing4:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Noneking

Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #43 on: March 24, 2020, 06:33:18 am »
Man, as ek jou fotos kyk mis ek my GTL baie! My vrou en kids nou nog vies dat ek verkoop het!
Nice RR :ricky: :ricky:
2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #44 on: March 24, 2020, 07:46:43 am »
Na 'n paar koue biere, vertel ons kelner ons, ons het 'n keuse, ons kan of van die normale spyskaart bestel of daar is ook 'n buffet keuse. Ons gaan kyk na die buffet en sjoe, die verskeidenheid is so groot en lekker dat dit natuurlik 'n maklike keuse was. Die vrouens is natuurlik meer geintereseerd met die nagereg verskeidenheid. Die kelnerin is die oulikste klein mensie, sy "operate" soos daai "Energiser" mannetjie alles op die "double".  Sy trippel daar rond en bedien ons asof ons die enigste gaste is. Ek wonder partykeer of mense soos sy regtig wardeer word en of die mense besef wat hulle in haar het. As ek 'n lodge of restaurant daar erens gehad het sou ek haar definitief afgerokkel het.
Ons drink 'n paar G&T saam met die ete, die kos is seker van die beste op die hele toer.  Ek het vroeer genoem ons het die vorige aand hopeloos te veel gebraai, omdat die vleis so lekker was by George se slaghuis. Toe ons die oggend ry pak Willem die klomp koue braaivleis in, in geval ons ies langs die pad wou eet, maar met die reen het ons toe nooit gestop om iets te eet nie. Toe ons in Britstown aankom sluip daar so motorwag rond en ons dog hy is die lodge se sekuriteits wag. Toe ons by die gastehuis wil intrek maak hy die hek vir ons oop en ons sien hom ook later oral in die dorp. Lyk my hy is die amptelike sekuriteitswag oral in die dorp. Wel, Willem gee toe die klomp koue braaivleis vir hom.
Ons stap na ete na die gastehuis en word daar mee gedeel dat die krag oor so halfuur afgaan en dat daar nou ook nie water is nie, want die pompe kon nie genoeg pomp met die klomp krag onderbrekings nie. Ons word elkeen met 'n emmer water uit gereik vir die nag. Sjoe, nou ervaar ons Afrika op sy beste. Na 'n warm nag met baie muskiete is ons vroeg op die volgende oggend, kan nie stort nie en gebruik die laaste bietjie water om gesig te was en tande te borsel. Ons besluit ons sal tot in Prieska ry en daar by 'n lodge gaan probeer wakker word. In Prieska ry ons na die River View Lodge waar ons 'n slag 'n toilet kan gebruik en bietjie skoner kom. Ons eet ook ontbyt daar op die oewer van die Oranje rivier.
Daarna oor Groblershoop en  Upington reguit grens toe. Die grens prosedure gaan gou en na ons gescreen is ry ons tot by Kitchen 51. Die plan was om daar oor te slaap, tot ons die mense se pryse hoor, ons drink toe maar net iets daar terwyl ons 'n paar plekke in Keetmanshoop kontak. Ek verstaand dit nie dat die plekke in Namibia net vir oorsese toeriste voorsiening maak nie. Ons het dit nou al 'n paar keer ondervind dat akkomodasie in ons eie land, die duurste op die hele toer was en ons is Namibieers.  Wel na so paar oproepe kry ons akkomodasie by La Rochelle gastehuis wat werlik goeie waarde vir geld is. Ons het 'n paar jaar gelede ook 'n slag daar oor gebly.
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #45 on: March 24, 2020, 07:54:36 am »
As daai 1600 BMW net die Tenere kon verbyvat kon jy mos my mooi gewys het

Ai Woody, jy moet onthou ons ry ook elkeen 'n S10 so ons ken daai bikes.  Eintlik wou ons nu nie so windgat wees om by jou verby te jaag nie :laughing4: Nee wat ek grap ons was in elk geval oppad Stilbaai toe so dag toe ons bekyk maar hierdie unieke rig van jou van agter af. (nogal nie sleg nie  :lol8:)

My vrou en kids nou nog vies dat ek verkoop het
 Ja Noneking, mens gebruik die goed net te min omdat jy so gebind is om net teerpad te ry en die goed is te swaar , mens kan nie in verkeer met dit pendel nie. Op hierdie lang paaie van ons kom dit egter tot sy reg. Pak plek is net 'n probleem as mens so lang toer doen.
Life is great LIVE IT!!
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,048
  • Thanked: 197 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #46 on: March 24, 2020, 08:19:59 am »
 :laughing4:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,800
  • Thanked: 522 times
    • dustriders.co.za
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #47 on: March 24, 2020, 10:19:11 am »
Na 'n warm nag met baie muskiete

N Vriend en sy vrou het so n toer honeymoon gehad en een nag in Britstown oorgeslaap. Hy sÍ drie uur die oggend toe word hulle wakker van n helse geraas. Toe hulle uiteindelik lig aanhet om te kan sien wat aangaan sien hulle dis die groot muskiete wat die kleintjies deur die diefwerings druk sodat die hulle kan kom leeg suig!!! ;) :lol8: :imaposer:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #48 on: March 24, 2020, 10:32:30 am »
Ons het met ons lang motorfiets toer in 2015 ook by La Rochelle Gastehuis gebly en toe ons nou hier aankom onthou die eienaar ons. Hulle het twee honed wat daardie tyd ook daar was en ek wil my verstout om te se die honed het ons ook onthou, of so het dit gelyk, die Jack Russel was so opgewonde hy het soos 'n ballejie langs ons gehop en ons oral gevolg soos 'n skaduwee. Miskien hou hy maar net van mense en die aandag.
Na 'n lekker stort stap ons af Schutenzen Haus toe vir 'n paar koue biere. Ons loop die eienaar daar raak en hy is lus vir kuier, na die vyfde kortejie besluit ons , ons gaan nou eers eet, want hier gaan dit rof raak vanaand. Na ete (waarvan ons skoon vergeet het om foto's te vat - seker die kortejies) sluip ons uit verby die kroeg terug gastehuis toe.
Daardie nag slaap ons heerlik, met lugversorgers wat werk en geen muskiete.
Die volgende oggend ry ons verder Mariental toe, ons het besluit om daar by Padlangs Padstal by Jaco weer ontbyt te eet voor ons die laaste stukkie huis toe aanpak.
Toe ons daar stop kry ons vriende wat buite Mariental boer ook daar en dit ontaard weer in 'n lekker kuier.
Die laaste stukkie huis toe gaan gou, want almal wil nou net by die huis kom.

Hierdie was weereens 'n heerlike toer saam met my vroulief en ons gunsteling reis genote, Willem en Suzette. Ons het al baie duisende kilometer saam met hulle getoer met die 4x4's, motorfietse en meer onlangs ons bussies.
Dit was weereens lekker om familie weer te sien, ou vriende soos Woody en ChrisL in lewende lywe te ontmoet en baie nuwe vriende te maak.
Die laaste foto is van my getoue BM wat nie 'n beat gemis het nie, wat 'n bike!
Dankie ook aan almal wat saam gery het.
Laastens alle eer en dank aan ons Hemelse Vader wat ons die gesondheid en middele gee om dit wat so geniet te kan doen.
Ons maak weer so.
 
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #49 on: March 24, 2020, 10:43:17 am »
groot muskiete wat die kleintjies deur die diefwerings druk sodat die hulle kan kom leeg suig!!! ;) :lol8: :imaposer:

Dit was die hoof rede waarom ons selfs Gin en Tonic daar gedrink het, het al gehoor muskiete hou nie daarvan nie, maar Britstown se muskiete gee nie om nie, hulle gaan vir enige iets. Die gastehuis het nogal siwwe voor die vensters gehad , maar dit het niks gehelp nie, en met die krag wat af was kon die historiese ou lugverkoelers ook nie werk nie, en natuurlik sonder water was dit nie 'n lekker ondervinding nie.
Life is great LIVE IT!!
 

Online Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,146
  • Thanked: 247 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #50 on: March 24, 2020, 10:59:55 am »
Dankie vir die lekker RR.  Bly julle het dit geniet en nie teespoed gehad nie.    Groete tuis.   :thumleft: :thumleft:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,048
  • Thanked: 197 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #51 on: March 24, 2020, 12:26:55 pm »
Dankie vir die deel en ja dit was lekker om julle in vlees te kon ontmoet het. Tot n volgende keer :thumleft:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Rexc-w

Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #52 on: March 24, 2020, 08:02:14 pm »
Dankie vir die deel. Lekker om te sien hoe die meer senior burgers die langpad toer ding doen. Lekker fietse waarmee julle ry. Luuks!!
Rex
(KTM 1190 Adv R - 2013, KTM 300 XCW - 2016, Specialized Epic S-Works)
 

Offline Skim

Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #53 on: March 25, 2020, 07:01:52 am »
Sjoe Lekker is maar lekker!! Baie dankie vir die deel.
Skim

BMW R 1200 GS Adventure.
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 757
  • Thanked: 6 times
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #54 on: March 25, 2020, 07:19:54 am »
Dankie Almal, ek verseker julle ons het dit baie geniet alhoewel ons bietjie gebind was met die feit dat ons nie al die plekkies kon besoek wat ons wou nie. Onder die omstandighede en as gevolg van tyd was die groot bikes die beste keuse, ons kon hulle darem gelukkig sommer gediens kry terwyl ons daar was.
Ons beplan alreeds aan 'n lekker toer met die Tenere's vir vroeg volgende jaar.
Life is great LIVE IT!!
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,223
  • Thanked: 54 times
  • East London
Re: Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie
« Reply #55 on: March 28, 2020, 03:02:25 pm »
Lekker gelees en getoer saam met julle.

Voorwaar 'n voorreg om so te kan toer saam met jou vriende en vrou.

Sal geduldig wag vir die volgende trip van julle  :biggrin:
Life is hard - even harder if you are stupid.