Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Man from Nam

Race Dog
Joined
May 7, 2013
Messages
769
Reaction score
1
Location
Windhoek
Bike
Yamaha Super Tenere
Ons probeer om elke jaar so rondom April 'n lang motorfiets toer te doen. Hierdie jaar het ons egter nie daaraan gedink nie aangesien ons soveel ander ysters in die vuur het.  Die verskriklike droogte wat ons in Namibia gehad het, het ook bygedra dat ons nie veel aandag aan motorfiets ry kon gee nie.  Wel gelukkig het omstandighede anders besluit en kon ons 'n vinnige toer inwerk.
My skoonsuster word 60 en my swaer en kinders besluit om vir haar 'n verassings partydjie te reel, en ons word uit die aard van die saak genooi. Vroulief vind uit oor vlieg kaartjies en toe ons die prys sien besluit ek dan ry ons liewer met die motorfiets. Ons noem dit aan Willem en Suzette oor 'n braai en daar en dan besluit hulle dan ry hulle saam. Hulle strandhuis is op 'n groep waar mense huise uitruil en terloops wil mense van Pretoria wat 'n strandhuis in Haroldsbaai het April in hulle huis in Swakop kom bly en kan ons die huis in Haroldsbaai gratis kry vir die week van die woordfees in Stellenbosch. Ons besluit dan bly ons 'n week langer en ry bietjie in George en Knysna rond en ry deur die karoo terug. In belang van tyd en die afstand besluit ons om met die groot BMW's te ry and moet dus beplan om net teerpad te ry. Dinge word gereel en besluit om Woensdag middag te begin ry, net tot op Mariental. Dan die volgende dag so ver as wat ons kan kom voor dit donker word. Ons wil ons ou vriende wat in Laaiplek bly te verras oppad kaap toe.
Woensdag middag so net na drie uur vat ons die pad Mariental toe. Ons ry  lekker met 'n stewige windjie, maar die fietse is so gemaklik. Net so 20 kilometer voor Mariental word Willem gevang vir spoed, die verkeers beampte wil weet waarheen ons oppad is. Toe Willem se Kaapstad wil hy weet waar ons oornag, Willem se miskien Keetmanshoop, hy skud net sy kop en se, vandag is sy gelukkige dag en ons moet veilig ry.
In Mariental boek ons in by die River Charlets, by hulle ingang is 'n  nuwe padstal wat baie lekker kos gee en ook 'n "petting zoo" in die agterkant het. Ons maak ons tuis daar, geniet 'n paar heerlike duitse bruis drankies en eet die gebruiklike steak.
Ons is vroeg in die bed , want more oggend wil ons vroeg wikkel om te kyk hoe ver ons kan kom vir die dag.
Foto 1:            'N yskoue bier  is net die ding
Foto 2 en 3: Met die droogte nog nie gebreek nie sukkel ons maar om 'n vet steak te kry
Foto 4 en 5 : Van die diere by die petting zoo, 'n bok met vier horings en klein varkies
 

Attachments

  • 20200304_201451.jpg
    20200304_201451.jpg
    84.5 KB · Views: 510
  • 20200304_180129.jpg
    20200304_180129.jpg
    67.8 KB · Views: 549
  • IMG-20200314-WA0145.jpg
    IMG-20200314-WA0145.jpg
    185.2 KB · Views: 516
  • 20200304_201459.jpg
    20200304_201459.jpg
    62.6 KB · Views: 515
  • IMG-20200314-WA0146.jpg
    IMG-20200314-WA0146.jpg
    119.6 KB · Views: 494
Top