Hoekom sê jy so oor die 2T Dan? Voordele en nadele in vergeleke met die 4T?
Die 2slag, ten spyte van wat baie mense glo, loop heelwat koeler as die 4slag. Jou 2slag se uitlaat KAN nie jou veld brandsteek nie.
Die ryer kan nie n 2slag enjin "over-rev" nie, sy silinderpoorte "govern" sy revs.
Soos Chris se, baie goedkoper om oor te doen, as dit daarop aankom.
Geen kleppe nagaan/verstel nie, en geen olie ruilery nie. Mense huil oor die 2slag rook wat in die lug ingaan, maar hulle weet nie van die 4stroke enjin olie wat landswyd in dreine afgegooi word nie.

Skop aansitter maw. geen battery nonsens op koue oggende nie.
2slag soos die TF kan heeldag teen net bokant idle loop, 4stroke hou nie daarvan nie omrede die enjin dan wring op n tyd wat die oliepomp op sy swakste pomp.
Dis werklik n "stop-en-laat-staan" vourtuig, hierdie 2slag fietse.
Lugsuiweraar skoonhou, nou en dan n nuwe vonkprop, en so elke vyf jaar 800cc nuwe ratkasolie. Ketting hou letterlik vir altyd met nou en dan se smering, omrede die vol ketting omhulsel.