Ek is baie lief vir my AT. Ek het die 2017 manual met ABS nuut gekoop en hy staan nou op 18000km. Ek ry alleen, ongelaai, dagtrips tussen 1 en 3 ure per trip.
Dis die perfekte fiets vir my. Ek hou van ‘n all-rounder waarmee ek lekker kan speel op grondpad, maar wat ook lang afstande teer kan opeet sonder om my te laat wens dis alles verby na 100km. Ek voel hy is te groot en swaar vir tegniese tweespoor, enkelspoor of modder (maar kan dit doen as jy die vaardighede het en nie bang is om hom op te tel nie). Lekker kronkelende grondpaaie en teer bergpasse is sy kos! 100 perde is heeltemal genoeg krag, ek wens nie vir meer nie. ‘n Moerse bonus by dit alles is dat hy seker die beste enginklank het met ‘n standaard uitlaatpyp van enige vd kompetisie... 👍
Myne was tot dusver baie betroubaar. Hy’t ‘n klein waterlek op die waterpomp gehad wat onder waarborg vervang is, en die ratkas het eers na 10000 km en Motul 7100 begin voel of hy ingebreek is. Petrolverbuik is nie sleg nie, ek het al 400km+ op ‘n tenk gekry as ek baie mooi ry, maar 320-350km is meer realisties. Die standaard Dunlops is ‘n belediging, ek ry met Mitas E07’s.
Ek geniet hom verskriklik baie en kan hom sterk aanbeveel.





Sien ook:
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=237392.0