Ja man, ek dink (eintlik weet ek) dié fiets is 'n wenner. Nog so gedink vandat hulle op die mark gekom het. Ek het by Honda George darem op een gesit en toe weet ek al daar gaan voorentoe moeilikheid kom.
Wat my pla is dat dit nou nog meer geld as my 660z Teneré en my tyd om te ry nog net so min is. Maar daarmee kan julle ouens my nie help nie, dis 'n persoonlike besluit.
Al die mooi videos hier maak dinge ook nie juis makliker nie.
Ek sien @Kobus Myburgh is tjoepstil. Maar ek het hom gesê daar is geen druk op hom nie. Ek verstaan 100% as hy besluit om die fiets te hou. Ek moet buitendien nog besluit of gaan ek of gaan ek nie.
Mens kan maar soos ou Willem Wikkelspies vra: "to AT, or not to AT, this is the question." 
My oorle stiefpa het altyd gesê “As jy niks het om te sê nie, sê dit.” Dit voel nou vir my ek het niks om te sê nie.

Ek spook nog met die besluit om myne te verkoop want daai T7 gaan ons of nooit sien nie of hy gaan al stok oud wees teen die tyd dat hy hier aankom. Dit voel al asof hy nuut tweedehands gaan wees.

Om jou vraag op hierdie spesifieke draad te probeer antwoord:
Daar is nie veel wat jy hoef te weet oor die AT nie. Die vurke probleem: dit was/is goed gedokumenteer en dit het of weg gegaan, stil geraak of was nooit so groot probleem nie. Die kilos op my fiets sluit baie min teerpad in, 2500km deur Namibië wat Kaokoland en Damaraland insluit, baie Karoo paaie, Tankwa ens. en is redelik hard gery. Nog geen probleme gehad in die >6,000km nie.
Daar was ‘n probleem met van die speke, dit word onder fabriek waarborg vervang. Ek het nie daai probleem beleef nie.
Dit is nie tubeless nie. Vir party mense is dit ‘n probleem, pla my min. Tubeless conversions is deesdae algemeen beskikbaar en bekostigbaar.
Handguards is tipies OEM en jy sal wil opgradeer.
Rumbux bied die beste beskerming in my opinie. Omdat hulle nie meer bestaan nie, soek een wat reeds dit op het - crashbars, bashplate en center stand.
Footpeg brackets/hangers is maar ‘n swak punt op hulle en breek maklik met ‘n properse crash.
OEM footpegs is gemaak vir ‘n Japanees, jy wil groter gaan en kry dit sommer by ChrisL.
Die grab handles agter raak vinnig lelik. Draai elektriese lap tape om vir beskerming of kry vir jou twee neoprene chain guards by jou naaste fiets winkel.
Self diens van filters is tricky tot jy verstaan hoe al daai plastic rivets werk.
As jy die screen afhaal, moer daai rubbertjies in die onmoontlikste plekke in en jy leer dan sommer vinnig hoe daai plastic rivets werk.
Die bar bo die speedometer is idiaal vir ‘n GPS. Moet hom egter nie gebruik daarvoor nie, hy gaan breek. Gebruik ‘n handlebar mount.
Die reik afstand op die brandstof kon maar so rapsie meer wees, maar is voldoende.
Die lcd speedometer raak vinnig vol stof, maar daar is niks wat jy regtig nodig het om te sien as jy grondpad ry behalwe dat jou ABS en traction control af is.
Lekkerste fiets wat ek nog gehad het.
MT vs DCT?
Ek het geglo dat jy nie eers ‘n bakkie in automaties koop nie, wat nog te sê van ‘n motorbike! Nou kan ek met alle eerlikheid sê dat die DCT is by verre my gunsteling.