So, lyk my ek is binnekort deel van die AT gêng.

Die polieste gaan hulle keer moet ken as ek padvat Secunda toe kort na die 16de om hom te gaan haal. Ek kon nie ander plan sien nie toe reël ek maar so... Ek gaan hier oppie dorp die goedkoopste huurkarretjie kry met 'n eenrigting kaartjie Secunda toe. Daar gekom, gaan ek eers die fiets self onder oë kry en gaan ry (dankie vir goeie raad
@Kobus Myburgh,
@Operator en
@Hinksding). As als is soos dit blyk te wees, dan trek hulle vir my op hulle rekening 'n nuwe stel Karoo 3 bande op, koerier die oues na my toe, sit 'n "bashplate" en systander voet op terwyl ek oornag by 'n gastehuis daar. Hulle het ingestem om die huurkarretjie en gastehuis te betaal. Daarna kies ek koers oor so 3 - 4 dae weer plaastoe.
Kêrels, dis goeie reën wat maak dat ek so 'n besluit kan neem. Ek wil my verstout om te sê, as ek sien hoe reën dit in Angola, Suidwes en Botswana, die droogte is besig om te wyk. Corona se moer, as 'n boer eers reën gehad het dan is die lewe weer reg.

Nou kan ek my gelduitgee ruil van lusern en voerpille na 'n AT toe. Dis groot Genade, dis al.