Dankie @BikerJan, wat dink jy is 'n redelike prys vir 'n 2017 DCT. @Operator, Operator, berig oor
@Dorsland, ek dink met daai km's op, en as die bike in 'n spotless toestand is, is R140 K waarskynlik aanvaarbaar vir my. @ Kobus Myburg wat dink jy?
Pryse is op en af, lyk my dit is maar ‘n geval van hoe diep jy in die moeilikheid is om te verkoop.
Prys klink nie sleg nie, maar daar is ‘n paar goed wat jy moet in ag neem vir ekstras wat volgens my ‘n MOET is. Indien hy nie die volgende op het nie, reken dit by:
- Crashbars (hierdie een het dit)
- Larger foot pegs
- Center stand (dit is nie tubeless nie so jy wil nie sukkel as jy wiel moet regmaak nie)
- Aftermarket bash plate
- Sidestand enlarger
Daar het nou die dag ‘n 2018 Quest bike verkoop vir iets soos R126k. Dink hy het 13,000km opgehad maar is ook gebruik deur ‘n tour operator so weet nie wat was sy uiteindelike toestand nie.
Ek het gedink die pryse gaan val met die nuwe een se bekendstelling, maar dink dit het net die oue se tweedehandse waarde verstewig.
Sent from my iPhone using Tapatalk