Manic waar krap julle die goed uit? Ek soek al so lank vir 'n 250 verkieslik 'n RS250 of RGV. Toe ek begin kyk het was daar nog 'n paar vir sub 40k maar ek was altyd te laat
Die TZR 125 is n vriend van Boere sin gewees, wat hy oorgedoen het vd grond af op.. Hy my op sy spoor gesit. Hy is 100%. Papiere die works. Sal reel v vervoer as lockdown verby is. Hy bou nou n Yamaha TZR 250 3XV wat alreeds my naam op het. As hy klaar is, gaan hy nes my TZR 125 lyk

Die swart Suzuki 125 het ek op Gumtree opgetel hier by n ou in PE. Sommer soontoe gery laasnag en gekoop, gelaai en gewaai. Maar oh donner, hy kort baie werk. Al wat tel, is hy het papiere, en alles is daar op die bike. Motor swing maar start nie, maar die bike is kompleet.
Parte raak skaarser, so daar is n paar bikes te koop, maar dan het die ouens die verkeerde model fairings op en en en en. Om parte te source, is die groot probleem. As die bike als het, makliker om oor te doen. Ek het nie tyd om ure lank op computer te sit om n part te soek nie.
Vriend van my het n RD350 LC, wat al 90% klaar is. Daai man sukkel al meer as n jaar om die klokke te kry vir die bike, dis al wat hy nog kort

Ek praat maar gereeld met Boere, wou al n paar koop dan se hy hol weg!! Dan los ek. Kan vingers brand hier as jy iets koop wat nie kompleet is nie.