Ek dink dis nogals eienaardig dat julle almal nie vir Dorsland, die OP en n ou wat heel duidelik help soek, n ernstige antwoord kan gee nie!
Dis lelik, en dit sal die arme ou novice hier wegjaag sommer - foei manne

Ou Dorslandjie,
ek dink jy's op die regte spoor met alles, maar een ding is tog redelik asook besonders belangrik en niemand het jou nog daarmee gehelp nie: sit asb die bike se enjin
af voordat jy die ou olie laat uitloop!
En dan start jy die enjin eers weer nadat jy die nuwe olie ingewurg het!
O, en die nuwe olie wurg mesn effektiefste in as jy daai bout onder inni sump weer indraai en vasmoer met n impact tool, n hamer werk beste hierso - ek neem aan jy het n groot een?
Dan ook, vloeibare olie werk beste, glo my vry, ek het
alles al probeer!
Skree as jy nie die kloutjie by die oor kry nie ne?
