My Pa het altyd gesê, die jaar wat daar springkane in die Boesmanland uitbroei, is daar in elkgeval genoeg kos vir skaap en insek.
Die Chappies papier het dit nie gesê nie, but did you know: Wanneer die voetgangers hier by ons trek, en hulle oor die Sishen Saldanha spoorlyn gaan, koek hulle in hordes en klouter bo-oor mekaar om oor die spoorlyn te kom.
Wanneer die trein kom trap hy die affêre so sous dat die trein aan die skop raak op die spoor. Die lokomotiewe verloor heeltemal traksie op die spoor en die klein fokkertjies bring die magtige trein tot stilstand. I kid you not!
My Pa het ook gesê die trein vs springkaan laat dink hom huidiglik aan ons land se toestand. "As jy net genoeg onnoselheid het, wat kan hop en spring bring jy die hele land tot stilstand. Jyt nie breins nodig daarvoor nie.
Noutoe, daar verdraai ek amper ou Dors se insek thread in n R&P klipgooiery.
