Springkaanswerms in die Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Met al die nuus oor virusse en hoe springkane daarby gaan baat het ek toe skoon vergeet om te vertel van my tradisionele springkaanswerms waardeur ek onlangs oppad dorp toe gery het.

Daar was 4 groot swerms gewees, reeds verby voetgangerstadium en vlieg sterk oppad ranteveld toe om te gaan eiers lê.  Die manne sê as ons mooi reën kry in die voorjaar gaan daar hier Desember se kant toe aansienlike springkane in die Karoo en Noord-Kaap wees. 

Dis nogal aardig om die swerms so te sien, miljoene en miljoene van hulle.  Op die video kan mens sien waar hulle daar van die vlaktes soos mis opstyg en in 'n wolk aangevlieg kom.  Daar waar hulle land is dit hordes van hulle wat so kriëoel soos mens deurstap.  Wat my effe onrustig stel is ek het gisteraand so 10 van hulle hier om die huis opgemerk.  Hulle tyd is eintlik al verby en dié sal binne die volgende week of wat vrek nadat hulle reeds hulle eiers gelê het.  Ek wonder maar hoe dit voorentoe gaan lyk Desember se kant toe.

Eks taan reg om die voetgangers daai tyd te spuit.  Regering doen mos deesdae niks nie of bitter min hieraan.

[youtube]https://youtu.be/A0CV3suz9kk[/youtube]
 
Top