Ons staan tans met vol produk beddens.
Martin wat is n bed en hoeveel ton is in n bed?
ek sou jou op die regte mynbou thread antwoord as ek nie n lui myner was nie.
hier is so 10 beddens, gesplit meesal so daar heelwat meer hopies.
Staan tans op so rofweg 1.8Mt total stacked product hier langs my kantoor
ons het verskillende produk grade, maar n bed moet afgesluit wees voor hy klaar is, menende al sy kwaliteite bymekaar gemaak en bed vol dan stop hulle hom. Dan is daai hele bed homogeen die kombinasie kwalitiet. Daar kan seker so rofweg 200kt hope gegooi word, maar ons doen dit selde want soms val die kwaliteit sleg dan wil jy weghardloop met die stacker na n nuwe bed toe. Dan gooi jy deel van swak kwaliteit apart en maak dit later reg. Wil nie he n groot stuk 200kt bed is buite spec nie.