Ekself 17 toe ek weermag toe is. Vandag kyk ek die jong latte van daai ouderdom en kan nie dink hulle sou dit maak nie. Ek klink nou dalk soos 'n ou suurgat oom maar dis 'n feit. Het al jong outjies op die plaas indiens gehad en hulle handtjies is gans en al te sag. Koppe ook nie reg nie. Mens hoop maar hulle word net later as ons ryp, want as dit ons voorland is, is dit nag.