Niks is ook meer onder die radar deesdae nie. Gelukkig is dit my vrou en nie 'n skelm nie

Ja my plan was om die fiets, soos hier aanbeveel, op die bakkie te laai en so weer terug te kom. Ek laai maar my kletterpet en baadjie vir die toetsrit, los my boetse en rybroek by die huis. Met die afry is daar g'n teken van 'n padblokkade of polieste nie. Ek sê toe vir my vrou ek ry die fiets terug, kerkskoene en al. Klaar.
Toe is dit so. Daar by Despatch waar die pad links vurk Graaff-Reinet toe staan 'n padblokkade. So 15 motors in die tou, ek skuifel sjuifel voorentoe, kom voor, die bruin poliesman praat iets, ek beduie hy moet harder praat ek hoor niks omdat ek oorpluisies in het. Hy wys my net

, ek sê dis my vrou hier in die bakkie agter my (sy dra toe haar masker), daar praat die blanke poliesman 'n hond uit 'n bos uit maar ek sien hy glimlag en als is OK.
By GlenConnor was daar nog 'n padblokkade wat hulle besig was om op te pak, verder niks nie.
Psigologiese oorlogvoering dié. My psigologie is sterker as hul s'n

Staan by vir 'n fred en kiekies hier oppie forum.