Omdat ek nie die pannier rakke in lewende lywe sien nie, moes ek maar noodgedwonge op die internet vertrou om te besluit op watter rakke ek sou installeer. Het uiteindelik op die SW Motech Pro model besluit. Ek het hulle vanmiddag geinstalleer ndat
@ChrisL - DUSTRIDERS en Amanda weer met hulle blitsvinnige diens beïndruk het. Dankie julle, daar is waaragtig mins besighede wat so vinnig reageer.

Ek het die rakke maklik geïnstalleer, hulle is baie stewig en lyk ook mooi. Hulle sit nie heeltemal so skeef as gevolg van die uitlaatpyp nie soos van die ander modelle.
Ek soek dié naweek solank 'n langpad om te gaan ry.