Dankie vir die goeie wense, ek dink ek gaan hom baie geniet.
[mention]Oubones [/mention] ja, soms skop die lewe mens tussen die bene en moet mens harde besluite neem. Anderdag dan draai die wiel weer dan is jy bo.
[mention]Transporter [/mention] ek sou graag dat hulle mooi blink soos ‘n nuwe een s’n was maar hulle is reg so, sal hulle gewoond raak. Eendag as ons dalk vir ‘n paar weke verbied is om vrylik rond te beweeg, sal ek hulle dalk aanpak. O, wag......
Daai skerm het my vanoggend met ‘n brêkfis rit Nieu Bethesda toe, op die grond geïrriteer. Vanmiddag die lange afgehaal en standaard skerm opgesit. More gaan ek die nuwe bande in die dorp laat oortrek dan sal ek sien hoe werk hy. Die lange se bo rant is net daar waar ek voor die fiets kyk as ek grondpad ry en dit pla my.