Ek dink vir sommige deelnemers was hul drank rekening hoër as hul brandstof rekening!!!! 
Vir my was dit lekker om beide trips al die pad met die bike te ry.Tydens die Run so vanaf dag twee begin jy gel met ander ouens wat ook heelpad ry en dan begin julle ook saam kamp. 
My eerste jaar, '94, tie ek op met 'n komp manne van Bloemfontein (11 manne). Hulle word gesponsor deur Engen (petrol) en SAB (drank), ek val saam met hulle in want ek ken niemand - net ek en my Tenere.
SAB sponsor hulle met 3 kaste whisky, 2 kaste brandewyn en 1 kas mampoer. Die drank het egter nie die hele trip gehou nie, hulle moes weer aankoop in Swakopmund.
Die DR was een groot kuier, van begin tot einde. Ek sal love om dit weer te doen, maar nie as daar 800 plus mense is nie.
Mens moes sorg dat jy vroeg wegkom, want as jy agter daai stringe karre gevang word sukkel jy vir ure om almal te verby, veral as die wind van links na regs gewaai het. Paar lelike ongelukke gesien met ouens wat 'n kans vat deur die stof en dan 'n boer in sy cruiser ontmoet.
Het dit ook so twee keer gedoen met plastics en 4 wheelers, maar het die solo weergawe verkies.
