Daar is geen haas in die Karoo nie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Nadat ek so bietjie op my nuwe Africa Twin gevroetel het die afgelope week (paar dinge mooi skoon gemaak, ketting verstel en gesmeer, handvatsels mooi reguit op hul plek gery, my Enduristan gereedskapsakkie en my tenksakkie gemonteer en toe die hele fiets mooi gewas) was ek vroeg vanoggend behoorlik lus om 'n draai op ons lekker grondpaaie te gaan ry.

Ek wou vroeg wegkom en ry toe sommer vroeg al in my ATGATT op die Bushlander om my plaasrondtes eers te gaan doen.  Sonder die kletterpet natuurlik  :biggrin:

Dit was 'n vervrissende 8ºC toe ek hier wegtrek met my somerhandskoene en sonder my binnebaadjie.  YR het voorspel dit sou 'n lekker 21ºC word.

Ek het nie eintlik enige vaste roete gehad nie, ek wou net dat die AT darem sy bene bietjie op die grond kon rek.  Ek mik so in die algemene rigting van Noupoort, met die gedagte dat ek seker êrens later sou moet volmaak.

Dis 'n pragtige herfsoggend met die populiere en wilgerbome wat mooi verkleur en die veldgras wat al sy winterskleed aangetrek het.  Ek mis vir 'n kort rukkie my "heated grips" maar dis nie lank nie en die temperatuur styg na 15ºC.
 

Attachments

  • 20200509_145733.jpg
    20200509_145733.jpg
    189.4 KB · Views: 601
  • 20200509_145823.jpg
    20200509_145823.jpg
    238.7 KB · Views: 615
Top