My storie is iets anders ... so ek het n V8 P6 3500 MGB met n Holly 4 barrel - lang ander storie - lekker Sondag "wanneer ons weer mag ry " kar met n sound to match - my sleeper Cobra

Probleem is die brandstof verbruik - die ding is nie swaar nie , hy suip - 45l tank kry ek nie 250km nie- so 20 l/100km - Volgens die Interwebs moet ek so 8 l/100km kry .
Word genooi om my kar te kom uitstal by n ou se verjaarsdag party - saam met seker so 50 ander karre - vra rond oor wie kan n Hollie uitsorteer - so ontmoet ek vir Leon .
Leon is die ou tipe mechanic - hy praat baie en baie daarvan maak nogal sense - yes hy ken n hollie - en kan haar maar bring .
So land ek die dag by sy plek in die Strand - een van daai mini factories - plek vir so 4 karre en sy twee handlangers .
So vertel hy my sy proses - so ons moet alles check - dit kan die vacuum wees , die standaard pomp , die timing , die plugs en leads .....los haar by hom vir so n week dan kyk ons .
Terwyl ek daar staan kom n ou met n bakkie in ... die clutch slip en bel n ou ...hy moet nou weer ook sommer n ou gaan insleep .... so drop hy my af by die huis. Daai aand kry ek my eerste watsapp voice message ... so amper 10 minute lank .. yes die pomp gechek - geen probleem nie , die filter is vuil - so daar is roes in die petrol tank ... die vakuum is ok - more doen ons die timing ...
So kry ek daai week elke aand so n boodskap... timing het ons verander .. plugs is fine , die carb haal ons more af ....kon nie vandag iets doen nie ander karre is prioriteit ...more die rebuild van die carb
So hoor ek ook van die carb probleme ... die een vakuum pyp moes eintlik nie oop wees nie , dis hoekom hy so swaar is en .... so word daar lank uitgewy oor wat die impak kan wees ... gaan n rebuilding kit dalk moet koop ... hy het darm so n paar van die goed wat oorgebly het van n vorige rebuild - so sal net koop as dit nodig is ....
In my agter kop begin ek wonder oor hoeveel hierdie my gaan kos .... en geniet ek elke aand die stemboodskappe.
Einde van die week bel hy my ... ek kan haar kom haal . Volgende oggend is ek daar ... nou moet ek eers werk ... ek moet haar nou vol gaan maak en ry en kyk of alles reg is ... dalk moet ons nog aan die timing werk en word ek instruksies gegee oor hoe ek die verbruik moet toets ... maak vol en ry uit op die N2 ..... geen rekening nog nie .
Uiteinde van die toets was dat daar n pieng was in 5de en n hesitation in 2de ... maar petrol verbruik is onder 7 l/100km

Twee dae later is alles uitgesorteer en kry ek die rekening .
Kos my R3000 ingesluit die dele van die carb en petrol filter - vergelyking met die diens van my Caddy is die baie billik - effektief n diens van die kar waar alles van die timing , valves , geset en gechek is en n carb rebuild wat my petrol probleem opgelos het .
Hoe Leon werk - my kar was sy filler job - nie krities belangrik en ook nie roetine nie - iets waar hy sy brein en skills gebruik en dit duidelik geniet. Paar ure elke aand wanneer hy tyd kry na die dag se brood en botter jobs soos die clutches en gearboxes op die brood noodsaaklike bakkies van eenman sake wat baie belangriker is as myne. Maar die aandag wat my kar gekry het was uit die hoogste rakke en die customer ervaring was briljant.. en daar is selfs n "posetive business case " , sal seker soo 300 km meer uit my tank kry ... soo heelwat anderse ervaring as joune Manic.
Soo as jy n Hollie met n v8 het wat aandag kort ... Leon is jou man ... maar vra hom eers maar oor jets vir bikes wat nie loop nie
