Anysberg en Moordenaars karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Andre01

Pack Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
224
Reaction score
49
Location
Malmesbury
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ons gaan Saterdagoggend vertrek via Montagu deur Anysberg natuur reservaat. Dan deur Laingsburg en die aand in 'n rivierloop "kamp" in die Moordenaarskaroo. Sondagoggend vroeg wikkel en via padstal en Ceres huis toe kom. Of dit is elk geval die plan.

Ek weet egter nie of Anysberg se hekke sal oop wees nie? Anysberg is al geruime tyd toe vir oornag besoekers a.g.v 'n gebrek aan water, maar die pad was steeds oop vir verkeer wat deur beweeg. Ek hoop die pad is steeds "oop".  Die alternatief via Prinsrivier is darem ook 'n baie mooi pad, indien Anysberg gesluit is. Cape Nature se telefone lui en lui net.

Kan julle glo alle akkommodasie in die Moordenaarskaroo is "vol bespreek". Ons sal dus sommer 'n "stealth camp" maak in 'n rivierlopie. Op hierdie stadium is ons vier motorfietse.

 

Attachments

  • MKBT.PNG
    MKBT.PNG
    854.4 KB · Views: 144
Top