Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp  (Read 561 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Andre01

Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« on: June 08, 2020, 02:19:02 pm »
Soos per hierdie thread het ons besluit om die naweek n lekker trip te doen. Aanvanklik was ons 5 bikes en twee manne met  n bakkie wat sou saam ry.

http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=248207.0

Donderdag chicken die manne met die bakkie uit en Vrydag laatmiddag laat weet Derek hy het n moerse krisis by die werk, hy moes toe Saterdag en Sondag ook ingaan werk toe. Nou is ons 4 motorfietse wat Saterdagoggend sou vertrek. Drie uit Malmesbury en Philip kom uit die stad uit.

Ek bel so 07:00 vir Philip in die Kaap, hy s nee hy moet nog pak. Dis nie n probleem nie, hy kan sommer in Montagu by ons aansluit, ons sal daar n mini ontbytstop maak en op hom wag, hy sou N2 langs gaan en dan Villiersdorp oorkom tot op Montagu.

Ons ry toe 07:30 uit Malmesbury rustig via Wolseley tot in Worcester. My skoonpa ry ook saam en wil vinnig vir my skoonsuster op Worcester groet. Ons vat n vinnige koffie in Worcester en ry toe Montagu toe. Ek bel weer vir Philip, hy is so 30min agter ons, maar sal ons tussen 10am en 11am op Montagu kry.


Malmesbury


Worcester

By Ashton se padwerke kyk op my foon. Philip het n voice note gestuur, hy het geval tussen Grabouw en Villiersdorp, bike is in sy moer. Hy is darem oraiterig, niks gebreek nie.

Volgens hom het hy so 110km/h om n lang slap draai gegaan toe die bike begin gly het en toe die bike se agterwiel weer grip kry toe slingshot hy hom af. Toe ek met hom gesels toe is hy reeds aan die rel dat ander pelle die bike kom optel met n bakkie. Hy kan baie dankbaar wees dit was nie ernstiger nie. Sy ATGATT het hom mooi beskerm hy het net n lelike road rash soos die baadjie opgetrek het terwyl hy geskuur het oor die teer. Laat dit n les wees dat ons ons baadjies aan ons broeke moet vas zip as ons ry.






Van die sewe manne wat aanvanklik sou ry kom ons drie bikes darem toe in Montagu uit so rondom 10h00. Op Montagu het ons volgemaak met brandstof en toe die grondpaaie begin vat. By die grondpad het ons die bande bietjie afgeblaas en n snack of twee geet.



Ons gly toe Oubergpas oor in die rigting van Anysberg. Dit was n lieflike oggend vir motorfiets ry, bietjie mis wolke wat nog rondhang en stil grondpaaie. Dit kon nie beter nie.



Ek ry aanvanklik die Bloutoring afdraai mis, maar kom darem na so 1km my fout agter (dankie GPS) en glip by Anysberg in. So entjie in Anysberg in toe kom die son deur die mis gebreek en dit raak sommer lekker warm. Ons stop om iets te peusel en van die warm klere uit te trek.




Anysberg is nog net so mooi soos altyd en ons sien gemsbokke, koedoes en duikertjies.  By die kamp (in die middel van die park) stop ons weer en gesels lekker, maak toe sommer ook weer al die waterbottels vol.




By die grootpad aangekom draai ons links via Volstruisnek, Wasbank en Paardefonteinpoort passe om in Laingsburg uit te kom. Hierdie grondpad is in puik kondisie en vloei lekker. Seker een van die naweek se lekkerste stukke pad en die omgewing is ook mooi.



Ons stop om Laingsburg om weer brandstof vol te maak. Ons elkeen vat ook 2L ekstra brandstof, net vir ingeval. Ons sal nou via die Moordenaars- en Tankwakaroo mik na Ceres en eers weer daar brandstof kry, dit is so op die einde van ons range wat brandstof betref. Ek kry ook n sakkie ys en gooi dit oor die los biere wat ek in my koelsakkie gepak het.



Ek het vroer die week drie plekke in die Moordenaarskaroo geskakel op soek na slaapplek. Almal se gastehuise was vol bespreek. Jagters en bikers. Ons besluit toe ons sal ons kamp goed saamry en ek soek op Google earth vir ons n paar moontlike slaapplekke teen die pad en merk dit op die GPS. Ons kom so net na 16h00 by die tweede plek aan wat ek op die GPS gemerk het. Lieflik in die Buffelsrivier se loop. Ons maak kamp, kyk die bikes deur vir los boute of skroewe, gooi brandstof in ens. Tot my skoonpa se skok sien hy hy het nie sy tentjie se pale in nie, net die seil. Hy trek toe by my tent in, gelukkig het ek n 3-4 man tent, waarin twee mense darem gemaklik kan pas.








Na ons kamp gemaak het vaar ons gou die veld in om hout te maak vir die aand. Sommer klomp lekker stompe, ons kon heelaand ruim vuur maak. Terwyl ons besig is om vuur aan te steek, stop daar n bakkie. Dis die boer van die plaas langsaan, met sy jaggeselskap en dogter agterop die bakkie. Hulle het n mooi koedoebul geskiet. Hulle gesels lekker met ons en nooi ons om die aand by hulle te kom kuier. Ons wil egter nie ons kamp alleen los nie, maar stem in om die Sondagoggend te gaan koffie drink.

Ek het my eerste bier platgeskiet, sommerso terwyl ons kamp maak, yskoud! Ons drink toe nog n paar biere om die vuur en braai steak saam knoffelbrood. Na ete drink ons n paar brandewyne (dankie vir Laingsburg se ys!) en braai marshmallows. Ons het amper nie nodig vir kopligte nie, dis windstil en die volmaan skyn helder. Teen 23:00 krap ons die vuur oop en druk die laaste paar smeulende stompe se koppe in die sand. Ons los darem genoeg hout vir mreoggend ook. So half twaalf is ons in die bed.









Die nag was glad nie koud nie, ek raai seker so 12-13 grade. Ek het met kortmou kleure in my slaapsak geslaap, met my arms meestal buite die slaapsak. Ons staan net na 6am op. Ek krap weer in die kole en gooi n paar fyn takkies op, vinnig vinnig toe brand die vuur weer. Skoonpa kry die koffiewater aan die gang en ons vat lekker koffie en beskuit om die oggend vuur. Daarna slaan ons rustig kamp af en val in die pad, net so na 8am. Vandat ons daar gestop het totdat ons weer gery het, was dit net die boer wat met daai pad verby is, nie een ander voertuig nie.








08:30 ry ons by die boer se plaas in, hulle ontvang ons met koffie en muffins, ons ry toe ook saam met hom in sy bakkie op die plaas rond, hulle wys die tekens van Laingsburg se vloed en hulle gastehuis. Kareedoringkraal, gawe mense, Niel en Marietjie Brink. Mens kan gerus moeite maak om hulle te ondersteun, die droogte is nog al vir 7 jaar met hulle aan die gang, hulle bly egter positief.

Ons kuier te lank en kom eers net voor 11 by hulle weg. Ons druk aan met die grondpad tot by die Sutherland Matjiesfontein teerpad. Hier besluit ons om eerder teerpad om huis toe te gooi, sodat ons darem voor donker kan tuis wees. Die res van die pad is maar vervelig, met Dutoitskloofpas as hoogtepunt. Ons stop op Matjiesfontein, Touwsrivier en Worcester om net bietjie bene te rek en brandstof te gooi. Net na 16h00 sleep ons Malmesbury in.





Ons het net weereens besef watter groot voorreg dit is om met motorfietse in hierdie pragtige land te kan rondry.

 

Offline Lem

Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #1 on: June 08, 2020, 03:29:41 pm »
Rondry en lees van daai wereld raak mens nooit voor moeg nie  :thumleft:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline GravelFox

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 506
  • Thanked: 54 times
Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #2 on: June 08, 2020, 03:40:38 pm »
Nou lekker gelees aan julle trippie...welgedaan.


Sent from my iPhone using Tapatalk
GravelFox
ex, MT50, XT250, XT550, KLR600, Africa Twin, XRE500, GS1200, DRZ400, CRF250L,
Now: XTZ660, 1200 GSA LC
 

Online Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,033
  • Thanked: 582 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #3 on: June 09, 2020, 10:17:39 am »
Lyk na 'n baie lekker trippie.  Gelukkig is dit droog anders kon julle soos 'n klomp dryfhout teen daai sifdraad matte vasgedruk gewees het as daai lopie kom vloed het.  :biggrin:  Daai AT lyk baie mooi.  Watter jaar is hy?
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Andre01

Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #4 on: June 09, 2020, 12:35:37 pm »
Lyk na 'n baie lekker trippie.  Gelukkig is dit droog anders kon julle soos 'n klomp dryfhout teen daai sifdraad matte vasgedruk gewees het as daai lopie kom vloed het.    Daai AT lyk baie mooi.  Watter jaar is hy?
Dorsland, ek is nie seker nie dink vroe 2000's. My skoonpa se fiets. Hy slaap binne garage onder n cover met n trickle charger.

Sent from my Redmi Note 5A Prime using Tapatalk

 

Offline Appel

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Western Cape
  • Posts: 116
  • Thanked: 8 times
Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #5 on: June 09, 2020, 03:03:22 pm »
Lekker trip. Pity you had to cut it short, but that is what kuiering with the locals will do.
  On a trip through namibia last year, I stopped for the night at a farm ( ken hulle glad nie) and left 3 days later!
 

Offline Ian in Great Brak River

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,210
  • Thanked: 111 times
Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #6 on: June 10, 2020, 09:18:05 pm »
Wat was die kamplek se GPS koordinate asb?
« Last Edit: June 10, 2020, 09:35:26 pm by Ian in Great Brak River »
1978. It's 6am, mid winter...two up on a XL 185S ... off to my first casino ever with all of R40 and we've got a full tank of fuel, so enough to get there we reckon.... that's determination...

Old bike: '82 Eddie Lawson Replica Replica.
Other bike: '05 Honda Varadero 1000
New bike: '16 Honda Africa Twin.
 

Offline XT JOE

Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #7 on: June 10, 2020, 09:31:51 pm »
Lekker trip. Pity you had to cut it short, but that is what kuiering with the locals will do.
  On a trip through namibia last year, I stopped for the night at a farm ( ken hulle glad nie) and left 3 days later!
Scabangas from Hermanus, can't take them anywhere

Nice trip Andre
When life gets to hard to stand. kneel
 

Offline Andre01

Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #8 on: June 10, 2020, 09:43:58 pm »
Wat was die kamplek se GPS koordinate asb?
-32.8563642, 20.8959937

Sent from my Redmi Note 5A Prime using Tapatalk

 
The following users thanked this post: Ian in Great Brak River

Offline Twinman

Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #9 on: June 11, 2020, 09:48:59 am »
Baie dki vir die lekker-lees ride report. Het dit nou baie geniet. Maak my smr lus vir ry. As ek net iemand kan kry wat wil saamry! Bly jou maat het darem nie te seer gekry met val nie. Ek hoop die skaafmerk herstel gou.
Never underestimate an old biker who was born in May
 

Online Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,033
  • Thanked: 582 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #10 on: June 11, 2020, 09:55:17 am »
Lyk na 'n baie lekker trippie.  Gelukkig is dit droog anders kon julle soos 'n klomp dryfhout teen daai sifdraad matte vasgedruk gewees het as daai lopie kom vloed het.    Daai AT lyk baie mooi.  Watter jaar is hy?
Dorsland, ek is nie seker nie dink vroe 2000's. My skoonpa se fiets. Hy slaap binne garage onder n cover met n trickle charger.

Sent from my Redmi Note 5A Prime using Tapatalk

Mens kan sommer sien hy pas hom mooi op.  Eendag as hy hom dalk verkoop sal hy goeie geld vir hom kry.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Kaboef

  • Jedi Knight
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 950 Adventure S
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,550
  • Thanked: 356 times
    • CFO Consult SA
Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #11 on: June 11, 2020, 10:43:57 am »
Baie lekker trip.

Het n 1200GS nie traction control wat sulke slides moet voorkom nie?


Julle het mooi deel van die Weskaap gery. Dankie vir die mooi fotos en die moeite met die skryf.


 :thumleft:
And Saint Attila raised the hand grenade up on high, saying, "O Lord, bless this thy hand grenade, that with it thou mayst blow thine enemies to tiny bits, in thy mercy."

www.cfoconsult.co.za
 

Offline Andre01

Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #12 on: June 11, 2020, 12:44:45 pm »

Het n 1200GS nie traction control wat sulke slides moet voorkom nie?

 :thumleft:

Philip het ges hy was nogal verbaas dat die traction control nie meer gehelp het nie, en Philip is 'n bekwame bestuurder, hy commute ook elke dag met sy bike.  Dit was maar n mistige oggend en die pad was klam, saam met koue knobbly bande voor en agter kon die Traction control seker nie vinnig genoeg sy ding doen nie.
 

Offline Kaboef

  • Jedi Knight
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 950 Adventure S
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,550
  • Thanked: 356 times
    • CFO Consult SA
Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #13 on: June 11, 2020, 12:51:06 pm »
Seker n dieselkol.

Bly hy is OK.


And Saint Attila raised the hand grenade up on high, saying, "O Lord, bless this thy hand grenade, that with it thou mayst blow thine enemies to tiny bits, in thy mercy."

www.cfoconsult.co.za
 

Offline met eish

Re: Anysberg en Moordenaarskaroo kamp
« Reply #14 on: June 12, 2020, 02:41:10 pm »
Lekker storie en trippie.
Ek het vier jaar gelede so 200 m voor julle kamplek uit talent en pad uit geraak, nog daai tyd gedink ek is Meoni en my linker gewrig baie sleg gebreek.
950 Super Enduro het net n paar brandewyn vlekke gehad.
Naweek net voor lockdown n seremonie op die selfde plek gehad, daai rivier het toe water in gehad, een mal moer het selfs n ghoef gevat.
KTM 950