Anysberg en Moordenaarskaroo kamp

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Andre01

Pack Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
223
Reaction score
45
Location
Malmesbury
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Soos per hierdie thread het ons besluit om die naweek ’n lekker trip te doen. Aanvanklik was ons 5 bikes en twee manne met  ’n bakkie wat sou saam ry.

https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=248207.0

Donderdag chicken die manne met die bakkie uit en Vrydag laatmiddag laat weet Derek hy het ’n moerse krisis by die werk, hy moes toe Saterdag en Sondag ook ingaan werk toe. Nou is ons 4 motorfietse wat Saterdagoggend sou vertrek. Drie uit Malmesbury en Philip kom uit die stad uit.

Ek bel so 07:00 vir Philip in die Kaap, hy sê nee hy moet nog pak. Dis nie ’n probleem nie, hy kan sommer in Montagu by ons aansluit, ons sal daar ’n mini ontbytstop maak en op hom wag, hy sou N2 langs gaan en dan Villiersdorp oorkom tot op Montagu.

Ons ry toe 07:30 uit Malmesbury rustig via Wolseley tot in Worcester. My skoonpa ry ook saam en wil vinnig vir my skoonsuster op Worcester groet. Ons vat ’n vinnige koffie in Worcester en ry toe Montagu toe. Ek bel weer vir Philip, hy is so 30min agter ons, maar sal ons tussen 10am en 11am op Montagu kry.

3zv3pZV.jpg

Malmesbury

WwQ1vbN.jpg

Worcester

By Ashton se padwerke kyk op my foon. Philip het ’n voice note gestuur, hy het geval tussen Grabouw en Villiersdorp, bike is in sy moer. Hy is darem oraiterig, niks gebreek nie.

Volgens hom het hy so 110km/h om ’n lang slap draai gegaan toe die bike begin gly het en toe die bike se agterwiel weer “grip” kry toe slingshot hy hom af. Toe ek met hom gesels toe is hy reeds aan die reël dat ander pelle die bike kom optel met ’n bakkie. Hy kan baie dankbaar wees dit was nie ernstiger nie. Sy ATGATT het hom mooi beskerm hy het net ’n lelike road rash soos die baadjie opgetrek het terwyl hy geskuur het oor die teer. Laat dit ’n les wees dat ons ons baadjies aan ons broeke moet vas zip as ons ry.

rmMtdfJ.jpg

UL7jn36.jpg

mYE4ATR.jpg

5unVzaL.jpg


Van die sewe manne wat aanvanklik sou ry kom ons drie bikes darem toe in Montagu uit so rondom 10h00. Op Montagu het ons volgemaak met brandstof en toe die grondpaaie begin vat. By die grondpad het ons die bande bietjie afgeblaas en ’n snack of twee geëet.

3kqH9I6.jpg


Ons gly toe Oubergpas oor in die rigting van Anysberg. Dit was ’n lieflike oggend vir motorfiets ry, bietjie mis wolke wat nog rondhang en stil grondpaaie. Dit kon nie beter nie.

qhnZrxj.jpg


Ek ry aanvanklik die Bloutoring afdraai mis, maar kom darem na so 1km my fout agter (dankie GPS) en glip by Anysberg in. So entjie in Anysberg in toe kom die son deur die mis gebreek en dit raak sommer lekker warm. Ons stop om iets te peusel en van die warm klere uit te trek.

VN5zZ3R.jpg

0i4n684.jpg


Anysberg is nog net so mooi soos altyd en ons sien gemsbokke, koedoes en duikertjies.  By die kamp (in die middel van die park) stop ons weer en gesels lekker, maak toe sommer ook weer al die waterbottels vol.

XU6vHPD.jpg

jhAAvW6.jpg


By die “grootpad” aangekom draai ons links via Volstruisnek, Wasbank en Paardefonteinpoort passe om in Laingsburg uit te kom. Hierdie grondpad is in puik kondisie en vloei lekker. Seker een van die naweek se lekkerste stukke pad – en die omgewing is ook mooi.

Xxi4Uhg.jpg


Ons stop om Laingsburg om weer brandstof vol te maak. Ons elkeen vat ook 2L ekstra brandstof, net vir ingeval. Ons sal nou via die Moordenaars- en Tankwakaroo mik na Ceres en eers weer daar brandstof kry, dit is so op die einde van ons “range” wat brandstof betref. Ek kry ook ’n sakkie ys en gooi dit oor die los biere wat ek in my koelsakkie gepak het.

MXfTvaR.jpg


Ek het vroeër die week drie plekke in die Moordenaarskaroo geskakel op soek na slaapplek. Almal se gastehuise was vol bespreek. Jagters en bikers. Ons besluit toe ons sal ons kamp goed saamry en ek soek op Google earth vir ons ’n paar moontlike slaapplekke teen die pad en merk dit op die GPS. Ons kom so net na 16h00 by die tweede plek aan wat ek op die GPS gemerk het. Lieflik in die Buffelsrivier se loop. Ons maak kamp, kyk die bikes deur vir los boute of skroewe, gooi brandstof in ens. Tot my skoonpa se skok sien hy hy het nie sy tentjie se pale in nie, net die seil. Hy trek toe by my tent in, gelukkig het ek ’n 3-4 man tent, waarin twee mense darem gemaklik kan pas.

RfWdG42.jpg

Hko9FE6.jpg

hfFYHfP.jpg

L5QrjUM.jpg

ZPH1PH6.jpg

RhRUP02.jpg


Na ons kamp gemaak het vaar ons gou die veld in om hout te maak vir die aand. Sommer klomp lekker stompe, ons kon heelaand ruim vuur maak. Terwyl ons besig is om vuur aan te steek, stop daar ’n bakkie. Dis die boer van die plaas langsaan, met sy jaggeselskap en dogter agterop die bakkie. Hulle het ’n mooi koedoebul geskiet. Hulle gesels lekker met ons en nooi ons om die aand by hulle te kom kuier. Ons wil egter nie ons kamp alleen los nie, maar stem in om die Sondagoggend te gaan koffie drink.

Ek het my eerste bier platgeskiet, sommerso terwyl ons kamp maak, yskoud! Ons drink toe nog ’n paar biere om die vuur en braai steak saam knoffelbrood. Na ete drink ons ’n paar brandewyne (dankie vir Laingsburg se ys!) en braai marshmallows. Ons het amper nie nodig vir kopligte nie, dis windstil en die volmaan skyn helder. Teen 23:00 krap ons die vuur oop en druk die laaste paar smeulende stompe se koppe in die sand. Ons los darem genoeg hout vir môreoggend ook. So half twaalf is ons in die bed.

5limUqw.jpg

cU4yfrK.jpg

n9QZGLw.jpg

kPZf2H8.jpg

jnXJ6Xa.jpg

cMwn3mN.jpg

KrbHhGo.jpg


Die nag was glad nie koud nie, ek raai seker so 12-13 grade. Ek het met kortmou kleure in my slaapsak geslaap, met my arms meestal buite die slaapsak. Ons staan net na 6am op. Ek krap weer in die kole en gooi ’n paar fyn takkies op, vinnig vinnig toe brand die vuur weer. Skoonpa kry die koffiewater aan die gang en ons vat lekker koffie en beskuit om die oggend vuur. Daarna slaan ons rustig kamp af en val in die pad, net so na 8am. Vandat ons daar gestop het totdat ons weer gery het, was dit net die boer wat met daai pad verby is, nie een ander voertuig nie.

CfUQ11o.jpg

IDBZNqx.jpg

vuF5Zj5.jpg

dgACvs8.jpg

M5j1GVi.jpg

Rlqa1w1.jpg


08:30 ry ons by die boer se plaas in, hulle ontvang ons met koffie en muffins, ons ry toe ook saam met hom in sy bakkie op die plaas rond, hulle wys die tekens van Laingsburg se vloed en hulle gastehuis. Kareedoringkraal, gawe mense, Niel en Marietjie Brink. Mens kan gerus moeite maak om hulle te ondersteun, die droogte is nog al vir 7 jaar met hulle aan die gang, hulle bly egter positief.

Ons kuier te lank en kom eers net voor 11 by hulle weg. Ons druk aan met die grondpad tot by die Sutherland – Matjiesfontein teerpad. Hier besluit ons om eerder teerpad om huis toe te gooi, sodat ons darem voor donker kan tuis wees. Die res van die pad is maar vervelig, met Dutoitskloofpas as hoogtepunt. Ons stop op Matjiesfontein, Touwsrivier en Worcester om net bietjie bene te rek en brandstof te gooi. Net na 16h00 sleep ons Malmesbury in.

pDxiEfY.jpg

wdY6l78.jpg

gTuV9uQ.jpg


Ons het net weereens besef watter groot voorreg dit is om met motorfietse in hierdie pragtige land te kan rondry.

 
Top