Tussen die groter fietse (+1000cc) is die BMW die "verveligste". Punt. AS adrenalien jou storie is, is KTM die een om voor te gaan. (Ek moes al jare terug a 990R gekoop het toe ek geleentheid gehad het...

)
MAAR - daar is 'n paar goedjies wat 'n newbie darem ook moet hoor, wat tegnies van aard is en wat die keuse dalk na 'n GS kan swaai, afhangende wat vir hom belangrik is natuurlik:
1 - Telelever voor - beteken geen nose dive op hard rem, fiets is 100% stabiel op rem of versnel of kort draaie. (Ja, dit is nie die beste op oor groot roste, ens.maar...). 'BMW kan vrag vat...
2 - Boxer engine het baie Torque vannaf idle, wat beteken hy versnel lekker vinnig, gelaai en/of teen steiltes uit - hy hoef nie hoog te rev om krag te maak. Dit is baie gemaklik op lang pad..
3 - Die boxer engine se gewig dra baie laag - jy voel dit as jy enige ander fiets wil rondstoot of optel.
4 - Die GS se shaft is baie jare reeds vervolmaak. ek was in KAroo saam met 'n ST waar die drive shaft bly oorverhit het..
5 - Die vorige geslag GSé is lugverkoeld - geen water radiator wat kan breek/lek of waterpomp seel wat oppak
6 - Die GS engine is glad nie gestress. Dit saam met die feit dat die engine en ratkas deur 'n droe clutch geskei word (twee aparte kompartemente) dra by tot baie hoe km's
7 - Diens vannaf BMW handelaars in Weskaap is waarskynlik die benchmark vir ander brands. (Hoe vlak van parte wat in local voorraad is, ens. ens.
Ek se weer, 'n GS is nie die opwindenste keuse, maar as jy keelvol (lees gatvol )raak van werk en/of [persoonlike lewe of politiek, is dit lekker om te weet jou GS gee nie nog frustrasies.
