Jy gaan baie moontlik ‘n cush-drive op die agterwiel nodig hê as jy lang afstande teer beplan, anders kan jy die ratkas seermaak.
Ek het nie teerpaaie op hom geniet nie, maar wel grond.
- ongemaklike sitplek, vibrasies, jy gaan elke 100km wil stop
- die voorlig is meer soos ‘n kerslig
- geen battery, so jy gaan nie maklik jou foon of gps kan laai nie
- swak brandstofverbruik as jy afstande oor 100km/h ry, en die tenk is klein.
Ek het die XR600R baie geniet vir ander redes, maar dit sal nie onder my top 10 wees vir ‘n 600 klas thumper vir adventure touring nie. In my opinie is hy net te basies, en jy gaan heelwat moet spandeer om hom lekker ingerig te kry.
Die XChallenge is baie beter, maar het ook sy uitdagings. 660 Tenere is dalk die beste uitgekit as standaard.