Die 75-jarige kampeholic gaan vir sy jaarlikse mediese ondersoek.
Die dokter is verstom: "Wat doen jy om so topfiks te wees?"
"Ek's n kampeholic dokter ek kamp. Ek staan voor sonop op, maak n vuurtjie en drink twee bekers koffie.
"Interessant. Hoe oud was jou pa toe hy oorlede is?"
"Wie sê my pa is oorlede?"
Die dokter is verstom. "Jy is 75 en jou pa leef nog! Hoe oud is hy?"
"Hy is 97. Hy het vanoggend nog saam met my opgestaan en die vuurtjie geniet. Toe het hy af gestap na 'n nudistestrand en die dag daar gespandeer.
"Wel" sê die dokter, "en hoe oud was jou oupa toe hy oorlede is?"
"Wie sê my oupa is oorlede?"
"Wat! En hoe oud is hy?"
"Hy is 118."
"Hy kamp ook seker saam met julle?"
"Nee, hy kon nie saamkom nie; hy trou vandag"
Die dokter is teen hierdie tyd op die punt om van sy kop af te raak.
"Trou? Hoekom wil iemand wat 118 is, trou?"
"Wie sê hy wou? Hy moes"