Dag 2: Saterdag 25 Jul 280km
Die Saterdag het ons eers ‘n lekker plaas ontbyt ingewerk voor ons in die pad geval het. Na die vorige aand se sand spelery het ons gesien dat die bietjie rehidrate wat ons ingepak het hopeloos te min gaan wees vir wat voorlê. Ons stop eers in Vredendal, stock op met ‘n baar boksies en sommer nog ‘n dosyn 500ml waterbotteltjies wat in al wat ‘n oop gat is ingedruk is.
In Lutzville stop ons vir ‘n laaste bietjie petrol voor ons grondpd aandurf. By Koekenaap draai ons links, Tormin myn se kant toe.


Ons ry by ‘n klomp windlaaiers verby en moes toe eers stop om te wonder wat die ingang vir Eskom gekos het om te bou. Hopelik is die vlerk ‘n “spare” vir as die k@k eendag een van die “fans” tref.

Na ons by die myn verby is, ry ons in ‘n groot dam vas, ook bekend as die Atlantiese oseaan. Ons kry ook die eerste hek van vele. Elkeen kry ‘n beurt om voor te ry, wat beteken jy maak die volgende hek oop en toe en val weer agter in die ry in. Ons het ‘n hele paar keer roteer.

Na ons vir Namakwa Sands aan ons regterkant gekry het, het my idee van waar ons trek heeltemal verdwyn. Ek het net geweet solank die see aan ons linkerkant is, is ons op die regte pad. Gelukkig verstaan BJ sy GPS goed so hy het ons mooi op koers gehou.
Ons ry toe so al tussen die “groot” pad en die tweespoor pad teen die kus op.





Ons het so 13h00 se kant gestop vir ‘n vinnige middag ete (winegums en zoo koekies) en verder gery. Ons was effens agter skedule.



So net voor 15h00 ry ons eers by Groenrivier se hek in. Ons het almal Wes-Kaap nommerplate so toe wonder ons nou al ‘n hele ruk of hulle ons gaan inlaat by die park, want tegnies is ons lankal nie meer in ons eie provinsie nie. Ons besluit toe ons gaan maar net sê ons is oppad Hondeklip baai toe en dan moet hulle maar sê ons ons kan ry of nie.




Ons vul toe die vraelys in en laat die man ons koors neem. Niemand van ons was by ‘n begrafnis nie(dis die belangrikste vraag op die lys klink dit my), so toe kon ons betaal en verder ry.

Alles het goed gegaan en almal het ‘n beurt gekry om in die sand om te val (party harder as ander), maar dit was lekker. Die dele wat hulle sê sagte sand, bedoel hulle SAGTE DIK SAND.








Toe ons amper deur die park os het ons eers bietjie geleendheid gekry om te verdwaal. Net voor die Spoegrivier. Ons moes regs draai, maar die GPS het gesê reguit, so toe gaan ons reguit. Ons het toe op die GPS se pad gehou tot ons by ‘n hek gekom het wat gesluit is. Ons was te ver om om te draai en ons kon nie op die pad aanry nie so toe vat ons die pad teen dIe lyndraad af, iewers moet daar mos ‘n hek wees?

Ja, daardie hek het nie gou gekom nie. Later het die son begin sak en my petrol liggie het ook begin flikker. Die sand was nie goed vir my brandstof verbruik nie. Ons wou klaar kry, mens sien dit nou in die hoeveelheid fotos wat geneem is, daar is amper niks. Net ‘n video of twee wat ek nou hIer kan oplaai nie.
Toe ons teen 18:00 sien dat ons ons nie betyds by ons blyplek gaan wees nie het ons vir Emdi van Honne Pondokkies gebel en gevra of daar nog iewers ‘n plek sal oop wees waar ons iets kan kry om te braai. Die antwoord was nee en dat die hele dorp al toe sou wees teen die tyd wat ons daar aankom, maar sy het gesê sy sal gou vir ons ‘n plan maak.
Ons kom toe so net na 19:00 die baai van Honde klippe ingery, donker, toe onder die mis en die luggie is sommer lekker skerp, 100% Weskus. In by Honne Pondokkies se hek ons ons word met hope vriendelikeheid en gasvryheid ontvang.
Emdi het vir ons ‘n bo-baas aandete aan mekaar geslaan. ‘n Lekker knoffel broodjie, noodle slaai, aartappel slaai en ‘n monster snoek wat ons net op die kole moes “tan”. Hulle sê mos nou honger is die beste kok, maar ek is seker daarvan dit sou met so lekker gewees het al was ons nie so rasend hongôr nie.



Almal het deur die loop van die aand gou in die stort gespring en teen die tyd wat dit ligte uit was het niemand gemoan dat hulle nie kon slaap nie. Daar was nie eers kan vir iemand om te snork nie. Dood, doder, doodste, ons 4.
Sent from my iPhone using Tapatalk