Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Dec 7, 2017
Messages
473
Reaction score
337
Location
Wellington, Western Cape
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Dagsê,

So, met al die Covid reëls en regulasies het ons besluit, genoeg is genoeg, ons het bietjie vars lug gemeng met ‘n bietjie avontuur nodig. Ons wou ‘n pad ry wat ons nie ken nie.

Right, so aan die begin van laasweek bel Cobus my en vertel my dat ons ‘n draai moet gaan ry, hy is nou gatvol vir alles en moet net bietjie wegkom. Ek stem saam en sê ek is in, hy moet net sê waarheen. Ons opsies hier in die Wes-Kaap is toe Baviaanskloof of Weskus teen die see langs op tot by Hondeklip baai.  Meeste van die span het al die Baviaans gedoen, so die keuse was maklik. Hondeklip baai toe (Dogstone bay for those of you who are English).

Voor ons begin, laat ek net gou almal voorstel, van links na regs, ek, BJ, Danie en Cobus. Ek, Danie en Cobus was saam op skool, terwyl Cobus en BJ se paaie met die GS Trophy gekruis het.

7b32f93d43e4f79e808bb798d9cce138.jpg


Dag 1: Vrydag 24 Aug 240km

Vrydag middag 13:00 vertrek ons almal by ons huise, ek kry vir Cobus in Gouda en ons tel vir vir Danie in Citrusdal op. Vandaar af vat ons die grondpad al teen die rivier af tot in Clainwilliam waar ons toe vir BJ kry.

Ons ry toe weer van daar af al teen die rivier af verby Bulshoek dam tot ons ‘n ander skool vriend (Wian) in Trawal kry. Hy vat ons toe na so sand kol toe met ‘n duin of drie, sodat ons so bietjie kan opwarm vir die volgende dag. Ek moet sê, ek het al vergeet hoe sand ‘n mens kan laat sukkel!

f332ebe1690bee57aaa0606b9f3e2708.jpg

a9aba4ba685fd408e679c4facb8f14b7.jpg

150540aa04477da477d69c65ecf2da67.jpg


Dit was nie lank nie, toe groet die son ons en dis toe tyd vir aandete. Wian het gereel dat ons Wayne en Chanti van Nama Bike Camp spesiaal vir ons oopmaak. Dit was ‘n wenner, spare ribs, chips en koolslaai. Natuurlik saam met ‘n vuil coke en nog so paar ander verversingtjies. Great plek, gaan maak gerus ‘n draai of slaap oor as julle in die omgewing is. Van daar af is ons na Wian se huis toe om gou ons roete vir die volgende dag te gaan beplan en op die GPS te laai.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Top