Sirkels om Ceres

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Dagse almal

Net so voor die lockdown het ek my 1200GS aan 'n pel van [member=13184]Noneking[/member] verkoop. Dit nou alles om die oordragskoste van ons nuwe huis te finansier. So deur die lockdown heen was dit maar moeilik om nie 'n bike in die garage te sien nie.

Goeie pelle van ons op Ceres se huis dinge het weer[paar maande vroeer al in plek geval. My vriend EJ (moet hom nog aan die forum bekend stel) het op sy skoonpa se plaas op 'n ongebruikte TW200 afgekom en dit by sy skoonpa oorgeneem. So 'n blou en oranje 1987 model. So 'n paar weke gelede bel EJ my...hy soek nou iets groters vir homself, iets in die 600-650 klas.

Na paar whatsapp voicenotes kom ek vir hom af op [member=9423]Ogre[/member] se dogter Inge se immaculate XT600e, daar op George.

Die volgende dag ry EJ met die bakkie af George toe om die bike te gaan haal.

Maar nou het hy mos twee...en hulle nooi ons vir 'n naweek Ceres toe sodat die kinders kan jol, die vrouens kan klets en sodat die manne kan gaan bike ry  :ricky:

Deur die afgelope paar weke gaan ry EJ elke dag al die grondpaaie rondom Ceres en hy recce nuwe roetes, gesels met die boere en vra toestemming waar nodig. Hy stuur vir my fotos van die tweespoor pad deur Kareekloof wat loop tussen die Tankwa en die Koue Bokkeveld. Ek het altyd gedink daar moet 'n pad wees, maar die kaarte dui slegs aan dat hy aan beide kante van die berg doodloop. EJ laat weet nee...die pad bestaan wel en hy loop dwarsdeur.

Ek was dus in vir 'n treat. My eerste trip ooit op 'n TW200 en 'n hele paar nuwe paaie. Hy was weer nog nooit by Tankwa padstal nie en so is 'n lekker roete gebore.

Ons het vrydagaand deurgery Ceres toe en na goeie opwarming oor 'n hele paar KWV 5jaars en die noukeurige bestudering van Google Maps breek saterdagoggend aan.

Ek maak kennis met my ysterperdjie en hy wil nie graag idle nie. Die throttle is ook erg sticky. Electric starter was nie op die koue oggend van enige hulp nie, maar die fietsie skop gelukkig baie maklik aan die lewe. Om hom aan die lewe te hou verg egter skill.

Nog iets wat skills verg is die brieke. Ek is gewoond aan motorfietse met brieke. Dubbelle disk brieke, voor en agter. Die TeeDub het twee botterbakkie drombrieke, wat seker nog op 1987 se pads en brake fluid hardloop. Ek het gou die stilste en naaste garage gaan besoek om die 7 liter tenkie asook die 5 liter reserwe jerry kan in my rugsakkie te gaan volmaak.

Paar minute later was ons oppad Ooswaarts en ons draai sommer al by Onder-Swaarmoed in.

Paar dinge leer ek vinnig van om 'n TeeDub te ry. Topspoed is 80kph. Cruising spoed is 65kph. Die ratverhoudings is so kort, binne 100m is jy in 5de. Trouens, dit voel eintlik asof die bike net drie ratte het.  1ste rat is heeltemaal onnodig vir . Dit is seker uit en uit vir skape bymekaarmaak, want 2de & 3de is seker om hulle aan te jaag. Dieselfde kort ratte is ook jou beste brieke. My vellies se sole is baie beter as die twee botterbakkie dromme.

Maar slaan die grondpad en die TeeDub kom tot sy reg.

Tussen Onder-Swaarmoed & Bo Swaarmoed ry ons 'n pragtige, kort grondpaadjie en toe klim ons die geteerde pas uit. Hier het ek die TeeDub baie jammer gekry onder my 117kg. Ek moes maar bietjie afrat, op twee plekke na 3rde toe. Bokant Laastedrif plaas raak hy weer grondpad en sak jy weer al met die berg af.
 

Attachments

  • 20200801_104635.jpg
    20200801_104635.jpg
    182.7 KB · Views: 415
  • IMG-20200801-WA0039.jpg
    IMG-20200801-WA0039.jpg
    152.3 KB · Views: 412
  • 20200801_103824.jpg
    20200801_103824.jpg
    85.7 KB · Views: 410
Top